SMS'e vir 21 Mei 2018
SMS'e vir 21 Mei 2018

SMS'e vir 21 Mei 2018

". . .deur oop vir die ridder. . ."
Mandy Rittmann
Departement van werke en die verval van staatsbates maak nog ’n deur oop vir die ridder op ’n wit perd vanuit die Ooste. Daar is geskiedkundig sekere verbintenisse met ou "struggle"-vennote wat gehandhaaf moet word, maar nou soek ons vennote vir ’n “struggle” wat niks met beginsels te doen het nie, maar eerder die gebrek daaraan.

Die landwye skoonmaakveldtog help niks, zero, nul, indien dit nie daagliks, weekliks, maandeliks en jaarliks vir ewig gedoen gaan word nie. Amen! - SAP&H

Dankie Vader vir die positiewe veranderinge by die Rehoboth-dorpsraad se finansieskantore. Dis glad nou ’n plesier om daar te gaan. Hou so aan!

Insette van die minister van justisie sover in die kabinet en internasional (27ste VN-sessie) is hoogs erkenningswaardig. Hoop net dat hy "bottom-up" dade by sy insette voeg.

"Geld groei nie op Mei se rug." Besigheidsmense doen nie die werk nie en dink net aan die geld. Werkers het rus nodig!

In Rundu bestaan daar net drie besighede vir "Ministry of Finance". Net hul word elke maand ge-"target". Dink minister moet ook maar die personeel bietjie rond skuif.

Ek wil Windhoek Hoërskool uitdaag om as deel van 25 Mei se skoonmaak-aktiwiteite grassnyers skool toe te bring en die gras rondom die nuwe museum en voor die Alte Feste te sny. Ek skaam my dood dat toeriste moet sien hoe lyk dit in die hartjie van ons stad.

Afleggings by Meatco. Bestuursposte wat groot salarise verdien en eintlik niks doen en verkeerde besluite neem, moet eerste afgelê word. As iemand ander belange het, moet hul ook eerste laat gaan word. Persone wat minder verdien, gaan nie verskil aan probleem maak nie. Daar is te veel bestuurders.

‘n Fosfaatmyn! Kreefseisoen 12 maande oop! Hoe belaglik!!! Alles in die naam van geld. Julle gaan al daardie onskuldige, volmaakte dierelewe uitwis!!!

Mnr. Schlettwein en ontvanger van inkomste, julle ken nie julle eie wet nie of julle is inkompetent om die regte datum en ander informasie op julle rekenaar te prosesseer. Deur julle foute word die land se ekonomie in die afgrond gestoot. Het iemand ooit somme gemaak hoeveel tyd en daardeur geld en belasting verlore raak omdat belatingbetalers onproduktief langs julle moet sit sodat foute reggemaak word? Selfs die regstellings wat met die “insentive”-aksie gedoen is, verskyn nou weer op die rekeninge.

Raadslid Simon O. Jacobs, waar is die GRN-bakkie van die Witbooi-volk? Kan iemand met die volle waarheid na vore kom sodat die ACC asseblief kan ondersoek.

Namibië vir Namibiërs, Skotland vir Skotte, ens. Maar waarheen vir Palestyne? Daar is nie ‘n land soos Palestina nie. Die mense is Arabiese vlugtelinge wat hul lande van oorsprong vir baie-baie jare al verlaat het. Vir Bybel-gelowiges (Christene) is alles duidelik. God se plan vir Israel gaan nie deur internasionale druk gefnuik word nie. ‘n Ramp wag vir elke land wat teen Israel gaan optree. Pasop Namibië!

NSFAF student loans – I get the feeling there is no record of the names of students and loan amounts??? Not surprising with the incapable missmanagement in every single government institution. If you had names you could put debt collectors on their tails.

Dis te goed om waar te wees – ‘n byedag? Nou wanneer kom die oupa- en oumadag?

Dit is deesdae die mode in Rhb om iemand dood te ry en weg te jaag. Hoekom nie staan en die polisie bel? Jy was mans- of vrougenoeg om roekeloos te ry. So stenig my maar in die koerant, want sodra iemand die waarheid praat, moet hy gestenig word. Groetnis, Great Uncle

Die persoon wat ‘n eier te lê het oor ‘n situasie wat haar/hom nie aangaan nie. 1) Waar’s die bewyse dat dit sy kind is? Baie manne is al beskuldig vir ‘n kind wat nie syne is nie. 2) Daar’s niks spesiaal aan haar nie. Ek self is ‘n buite-eglike kind en is te trots en selfstandig om ‘n biologiese pa op te soek en sy huwelik op te mors met my teenwoordigheid. Ek het g’n begeerte nie. My ma het my goed alleen grootgemaak. 3) As my man sy huwelik wil opmors en ons kinders se geluk op die prys stel vir iemand wat hy nie ken of 100% weet dis syne nie, dan verdien hy ek en ons kinders nie. Hul kan dan mekaar met liefde kry en huis-huis speel. Sal jy of sy daarvan hou as jou vrede kom versteur word? Laat sy haar plek ken en ons gesinstyd respekteer. Sy’s 30 en nie meer ‘n kind nie.

Hoe vermetel van die persoon wat die vrou aanval wat kla oor die ergenis in haar huwelik. Kinders mag onmin saai in ‘n huwelik, want hul het nie gevra om hier te wees nie? Genugtig, nou’t ek als gehoor! Ons praat weer as jy ook in so ‘n posisie geplaas word. So jy sê eintlik dat kinders wat in die huwelik gebore is se geluk en vrede versteur mag word, want hulle het gevra om gebore te word. ‘n Voorkind sal nie my huwelik en my kinders se reg op ‘n gelukkige gesinslewe bedreig nie. En in die geval ‘n 30-jarige getroude vrou met kinders! Wat soek sy?

Ek is asseblief op soek na ou “LP records” (langspeelplate). Indien u het, skakel of SMS op die nommer – 081 218 5990.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!