SMS'e vir 21 Mei 2019
SMS'e vir 21 Mei 2019

SMS'e vir 21 Mei 2019

". . . trek julle kruisie . . ."
Mandy Rittmann
Die speaker van onse parlement moet hom liefs beywer om slegs opbetaalde belastingbetalers te laat stem en vergeet van die jeug wat net wette en reëls wil breek en verontagsaam.

Dumbfounded: The Namibian article does not mention Lubango, but says the ex-detainees thanked President Geingob for creating an open platform for dialog. Republikein mentions Lubango and says President Geingob says ex-detainees must move on as our Country will go up in flames. Question, are both newspapers talking about the same meeting?

Keetmanshoop en Mariental se rugbyspelers het die naweek geen dissipline gehad op die veld nie. Baie swak gedrag in die publiek. Om voor skaam te wees.

Nam Rugby aan David Poeding NZ, wil alle sterkte toewens as afrigter. Dankbaar dat hy Rehoboth Rugby so lig. Ek weet in sy vierjaarplan sal daar net een span wees. Oom Tom is dankbaar wat jy verrig. Bring die Basterseuns terug na die game. Maak hulle die trotse Basterseuns van ouds. Ek geniet dit en volg julle toewyding en vordering in die koerant. - Tommy Forbes

Almal wat tussen Swakopmund en Hentiesbaai moet ry, is seker dankbaar vir die teerpad wat ons gekry het. Wat ek nie kan verstaan is nie, is dat toe dit ’n soutpad was, was die spoedbeperking 100 kilometer per uur. Waarom moet die teerpad nou ’n spoedbeperking van 80 kilometer per uur hê? - Kosie van Henties

Rehoboth. Ons in Burgershoek kry swaar. Hier is koopwaterkrane, maar dit word toegemaak. Waar moet ons water kry? Kan iemand ons help, asseblief. En dit is verkiesingstyd. Mense, trek julle kruisie by die mense wat die geld het, asseblief tog!

Die beeste naby die Omeya-landgoed tussen Windhoek en Rehoboth. Wanneer word daar regtig iets gedoen aan hierdie baie ernstige saak? Ek was Saterdag amper in ’n ongeluk. Spoor die eienaars van die bees op. Die president moet regtig betrokke raak by hierdie onderwerp. So baie mense is die afgelope twee jaar dood. Asseblief, asseblief, asseblief, ons smeek u!

Ons pensioenarisse word verneuk deur Nampost met lenings wat verdubbel. President, stop dit.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!