SMS'e vir 21 November 2017
SMS'e vir 21 November 2017

SMS'e vir 21 November 2017

“. . .meer goed as sleg. . .”
Mandy Rittmann
Wat se tipe regstelsel het ons om 'n rower toe te laat om eksamen te skryf onder polisiebewaking? Na regte moet hy van alles ontneem word. So word hy net verder versterk in sy kwaad. Wat 'n grap!



Vader van genade! Hoe lank moet die arme Capriviane nog gestraf word? Hoe lank nog? Sowat van onreg en wraak teen hulle en klomp is al dood sonder om hul huise weer te sien. Arme Geoffrey Mwalima sit al 18 jaar in die tronk en is oud en sieklik. Dis die grootste snert! Hulle het nie hul eie mense in gate gegooi en gemartel en doodgemaak soos die kroonprinse wat vandag heerlik in weelde leef sonder enige berou. Maar iewers het hul van die woord apartheid gehoor en dis al waaroor hul kan praat na 30 jaar. Pas op, daar leef 'n Reverdige Regter en jul dag sal kom. - Onstoke Basterbloed



Die NWR-advertensie in Vrydag se Republikein vir 'n twee-dae wegglip na die Poppa-valle lyk aantreklik. Teen net N$4 200 per persoon met alle etes ingesluit. NWR is seker oorstroom met navrae. O ja! En jy reis luglangs. Die Windhoek besprekingskantoor kon glad nie help nie. Motorverhuring gaan jou sak hap, maar niemand kan sê teen watter prys nie. Iemand in Rundu kan glo dalk help. Dit is die toppunt van onbeholpenheid, waarvoor NWR redelik bekend is.



Mugabe het sy verkeerde dinge, maar wat die grondwet sê is baie belangrik.



Mugabe weet alles sal in 'n ander land beland. Hy weet wat se oortredings het hy gedoen, dit is hoekom hy nie wil af gaan nie. Hy wil dit graag vir sy land se mense doen, maar vir 'n oorgangsregering. Dis 'n staatsgreep, wat beteken daar is 'n sterk hand wat met dit besig is, maar een ding wat ek wil sê, as jou land korrup is, pas op vir die goed. Oral, Kenya, Suid-Afrika, Angola, DRC, Burundi en Namibië. Dien die mense sodat die mense julle kan help. Al die lande wat haat uitgee en ander sleg sê, dit sal nie help nie. Die gaan val dit weer daar waar dit begin het en miljoene sal dood. Die beste is, kom ons vat die hande en los die kleur.



Ander vraag: Hoekom het die Zanu-PF-party nie al vir Mugabe laat gaan nie, hoekom moes dit gewag word tot die oproer van organisasies. Hoekom?



In die vroeë sewentigs was ek 'n baanmeester by die destydse Yskor in Vanderbijlpark se spoornetwerk. Daar het saam met ons 'n “sweiser” met die naam Jaco gewerk. Hy het altyd gesê sy grootste wens in die lewe is dat hy eendag R1 000 per maand moes verdien. Wonder wat sou Jaco vandag 46 jaar later gesê het? – At



Ja, Zimbabwe! "Save" die weermag, die mense of die party. Bog! Mense raak bly, maar môre huil hulle weer.



Ek kan nie langer stilbly. Ons ouer garde weet dat die vorige regering meer goed as sleg was. Ons het almal veilig en in vrede met mekaar gewoon en mekaar met respek behandel. Tweedens, drank was nie by al wat 'n winkel is, verkoop nie. Ons was nie gestraf met sjebeens by elke huis, waar mans, vroue en jongmense hul versuip en verkragtings, moord en doodslag deesdae elke naweek plaasvind. Dis die reine waarheid en so kan ek klomp goeie dinge uitwys. Moeg vir leuens.



Ek ken seker nie leeus nie, maar ek kyk DStv-program van diere op kanaal 182 en wat ek daar sien en wat die persoon in die Republikein skryf, pas nie ooreen nie, want wat ek daar sien is 'n leeu is 'n volmaakte moordmasjien. Hoe verwag die persoon die mense moet eers hulle huiswerk gaan doen? Hy of sy glo nie dis leeus se werk nie. Daar in die koerant is geskryf dat daar 10 tot 15 leeus in die kraal gespring en die diere dood gebyt het. Nou sal soveel leeus die diere in 'n kraal gaan vaskeer en net een doodbyt en vreet? Die diere het rond gevlug in die kraal en so het die leeus elke een vrek gebyt.



Wie kan my sê wat is 'n “braaikuiken” en wat is 'n “braaihoender”? – Deurmekruis



Rehoboth-munisipaliteit koop 'n nuwe padskraper in plaas van om gebruik te maak van die hulp van plaaslike inwoners, wat padskrapers het. Waarom die mense nie erken? Hulle is nie opgewasse vir die werk en bedank, dit gaan my verstand te bowe. Wie sal dan nou nee sê vir maklik geld verdien met niks doen. Betaal liewer die water. Skaamtelose uitbuiters.



Republikein. Stuur tog 'n fotograaf na die hoek van Ugabstraat en Nelson Mandela-laan. Neem 'n foto van die dreinwater vanaf Joe's Beerhouse wat daar afloop, opdam en teergate veroorsaak. Dit is al vir 5 jaar dat ons met daardie stank moet leef. Ons rapporteer dit, maar 'n loodgieter het nog nooit die dreine oopgemaak nie en hul vul ook nie die teergate op wat hulle vuil water veroorsaak het nie.



Kan die Motinga-familie asseblief vir Amon Motinga terugvat na Berseba om daar by Steve Motinga oor te neem, want Kommandant Markus Åuseb lewe nog en is in beheer van die Witbooi-feesperde. Laat hoofmanne Stefanus Goliath en Johannes Isaack hulle Jonker-perderuiters self kom uitsorteer, voor ons dit vir hulle doen.



“Slide Shows!” Ek het niks teen dit nie, maar stem saam dat dit 'n baie intieme oomblik met jou en naastes is. Daar waar jul alleen is, kan jul uiting gee aan jul gevoelens. Die wat agter sit sien niks nie, almal kan nie voor sit nie. Dit neem ook baie tyd van die diens in beslag. Kerke, stop dit asseblief sonder om mense seer te maak.



Ek lees SMS van Joos Platt, dat hy nie moet SMS'e antwoord nie. Joos, antwoord net een SMS asseblief. Ek herhaal dit. Wie was die laksman vir die tydperk 1977 tot 1979. Asseblief, antwoord.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!