SMS'e vir 21 November 2019
SMS'e vir 21 November 2019

SMS'e vir 21 November 2019

"Moord bly moord."
Mandy Rittmann
President Geingob, dit is reg. Wettig aborsie, maar bring sommer die doodstraf terug, dit is mos presies dieselfde. Moord bly moord.

Wettig aborsie sê Geingob. ’n Geleerde persoon wat ’n land regeer en boonop die doodstraf afgeskaf het, hoort nie in daardie posisie nie.

Ons president wil aborsie wettig maak? Met ander woorde, hy keur dit goed. Moord en doodslag. Hoe lank voor hy dit goedkeur en wettig maak?

In die Omasati-gebied waar die EVM’s van die trailer geval het, is 140% plus stemme by die vorige nasionale stemdag getel. Wonder wat die stemgetal nou sal wees?

Kry ons nou eindelik ons Zimbabwiese toestande met die kragvoorsiening? Dit moes gebeur het met die verkiesingsdag op 27 November 2019 met die ongewilde elektroniese toestelle.

Nee regtig? Hoekom moet Namibië buitelandse burgers huisves? Het ons self nie ’n tekort aan verblyf en werk vir ons eie mense nie? Laat hulle net teruggaan na van waar hulle kom. Ons hoef nie ander lande se vlugtelinge te huisves nie.

Stap 18 November se aand in Mariental, Wimpy-winkel. Hier staan Dr. Itula. Ek groet en vra vir ’n foto saam met hom. Ek sê hom ek is die kruisman, hy sê: “Oh, you are Jesus”. Ek sê vir hom ons het meer nodig soos hy en nie lafaards nie. Namibië, skrik wakker, keer terug na God. – Kruisman

Mens wonder net of die neerhalendheid van kaptein DC Gertze en die gewese vise-biskop PH Kisting ooit einde sal kry. Hule verwys na die instelling van die nuwe ELKRN-leiers as ’n sirkus op Facebook. Wat maak hulle nog in die kerkdiens?

Die slapgatgeit van die regering word ver oortref deur 'n bank wat 3 weke vat om een stempel en een handtekening op ’n stuk papier te sit. Dan is daar skalkies mense wat wonder hoekom is die ekonomie in sy maai in.

"Their blood waters our freedom". Human blood only brought curses as evident in our country, only Jesus' blood can redeem Namibia from the curse 666. - Kruisman

City of Windhoek. Department 290 2127, at what time are you going home on a Friday? We tried the whole afternoon to get hold of you!

Is ’n HOD van ’n skool nie veronderstel om professionaliteit en lojaliteit te bevorder nie? Netso ook ’n skoolsekretaresse. Moenie jul skool by kuierplekke bespreek nie. Dit is onbetaamlike optrede. Dis ook nie al beprekings nie. Selfs die pastoor van die AME kom verby. Gaan sien die skool en kerk, moenie dit by kuierplekke afsaal nie. Ons gaan daar om te ontspan. Dankie.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!