SMS'e vir 21 Oktober 2020
SMS'e vir 21 Oktober 2020

SMS'e vir 21 Oktober 2020

"...so by so vrede en eenheid..."
Mandy Rittmann
Sal die minister van gesondheid asseblief die inteken by elke besigheid stop. Die praktyk bestaan nie in Suid-Afrika nie.



President Geingob wat teen wit kiesers uitvaar en hulle dreig net omdat hulle registreer om te stem. Hoe ongelooflik onpresidensieel! Presies soos ons hom leer ken het van die begin van die Fishrot-skandaal en die Covid-pandemie af. Ek hoop meer landsburgers as net blankes se oë gaan oop. Dankie aan opposisieleiers wat hulle dadelik teen Geingob se verdelende rassisme uitgespreek het. – Laetitia



Die rassistiese opmerkings deur die president is dié van 'n persoon wat besef hoe vasgekeer hy in 'n hoek is. Dit is weereens 'n gerieflike en veelsydige verskoning om die aandag af te trek van die tientalle fiasko's waarby die regering betrokke is. Visrot is een voorbeeld.



Baie ander landsburgers het slimmer geword en luister nie meer na Swapo se liegstories nie, maar nou soek hy die wit burgers uit om te blameer.



Geagte president Geingob. Ons is teleurgesteld in u uitlatings. Dis mos 'n demokratiese land. Ons kan mos maar stem vir wie ons wil. Ons almal in hierdie land is moeg vir korrupsie en misdaad. Baie dankie aan mnr. Venaani en al die ander politieke leiers wat meer vir ons land en sy mense wil doen, en dat jul teen sulke onnodige uitlatings is.



NWR is offering voluntary retrenchment and early retirement options to its workers. The package in my view is a very good offer and it shows respect and humaneness to its excess workforce. My question is why can Air Namibia not do the same, after all both companies are state owned. I know there are staff members that will take this opportunity and part ways with Air Namibia in a peaceful and dignified manner. – PMSI feel if anything poses a threat to Swapo, it will be the Fishrot saga being investigated and exposed ahead of the elections.



Vernoem Swakopmund se gevangenis na Bernard Esau, aangesien hy die eerste minister is wat ná 1990 in die tronk beland het. Boonop is hy ook deur ons president geloof vir goeie diens ná sy bedanking.



Die onreg met erwe op Rehoboth moet nou stop. Daar is burgers wat jare wag, maar vir 'n sekere persoon word N$28 000 se erf vir N$5 000 gegee. Governor van Hardap, die goed gebeur onder jou neus. Tree op!



How long will it take traffic officials to realize the timing of robot is wrong at State House, corner Robert Mugabe and Andimba Toivo. Massive traffic congestion South to North every morning!



Die mayor van Aranos, wat het jy gedoen dat jy bedank het, jou vyf jaar is nog nie klaar nie? Etse, julle se sondes vang julle lekker.

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 34° Rundu: 21° | 36° Eenhana: 24° | 37° Oshakati: 24° | 35° Ruacana: 22° | 37° Tsumeb: 22° | 35° Otjiwarongo: 21° | 32° Omaruru: 21° | 36° Windhoek: 21° | 31° Gobabis: 22° | 33° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 17° Walvis Bay: 14° | 22° Rehoboth: 22° | 34° Mariental: 23° | 37° Keetmanshoop: 20° | 37° Aranos: 24° | 37° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 36° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 19° | 35° Lubumbashi: 17° | 33° Mbabane: 17° | 34° Maseru: 17° | 32° Antananarivo: 17° | 30° Lilongwe: 22° | 32° Maputo: 21° | 35° Windhoek: 21° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 21° | 28° Johannesburg: 19° | 30° Dar es Salaam: 25° | 32° Lusaka: 20° | 31° Harare: 19° | 32° #REF! #REF!