SMS'e vir 21 September 2016
SMS'e vir 21 September 2016

SMS'e vir 21 September 2016

“. . . noodsaaklike trappies van die onderwysleer . . .”
Gerine Hoff
NANTU, accept the 5%.It is at least an increase. There are some of us who cannot afford to go on strike as you could have seen from the outcome of the voting. We do not have another source of income like some who support the strike.

Hoekom antwoord Katrina Hanse nie nou haar foon as mense haar soek nie? Sy’t ewe kordaat ons as onnies gedreig. As sy wat ook maar ’n onderwyser was, na onnies se belange omgesien het, sou dit nie nou nodig gewees het om wegkruipertjie met die pers te speel nie. Kom Sterkvrou, staan jou man. Ons is niks bang vir jou dreigemente meer nie. Oorgrote meerderheid is op van leë beloftes. Ons staak en staan bankvas agter Nantu en TUN.

Ek wil tog by enige tradisionele stamrade weet: Hoe bly mense op kommunale grond wat geen boerdery het nie en hoe lewe hulle? Is die grond nie daar vir mense watvee het en wat wil boer nie? Ek sal wag op die stamrade se antwoord.

Baie geluk aan Augetto Graig met sy artikel in Suiderland oor dieagteruitgang van Rehoboth se omgewing m.b.t. die sandmynery in die Oanob en doringbome. Wat ’n absolute skande voor die deur van die dorpsraad en inwoners self. Sien en verstaan julle nie die konsekwensies nie? Geen reëls, wet en orde geld op Rehoboth nie.

Hanse-Himarwa is regtig onbevoeg. Onderwysers moet sommer ook staak dat sy gelaat loop word ook.

Your worship, are we as inhabitants of Keetmanshoop not entitled to be informed about the alarming irregularities in the finances for the past years. Are you also afraid?

Laat alle belastingbetalers in Namibië en Suid-Afrika 12% meer belasting betaal en alle studente kan gratis onderwys ontvang. Hoe moeilik kan dit nou wees?
– Zander

Hiermee ’n versoek aan Republikein. Soveel lesersvrae van die publiek verskyn in die koerant waarop ek reken ons geregtig is op ’n antwoord, maar geen reaksie. Kan ons gewaardeerde koerant nie die betrokke minister of persoon nader vir hierdie antwoorde en dit woordeliks aanhaal nie of nog beter, op video sit? Ek daag hiermee betrokke ministeries en/of instansies uit om hieraan deel te neem en so die orde in ons land te herstel. Indien hierdie instansies dit nie wil doen nie, vra ek of daar regstappe gedoen kan word en hoe te werk gegaan word om die regering tot orde te roep.

Dankie Kalkranders, julle maak my wys. Hierdie Rehoboth-mense, wat beteken saamstaan? Gooi uit korrupte elemente. Hoekom sukkel hulle so lank met Willie Swarts. Gooi hom uit!

Help asb. Koës-poskantoor is nou die teiken!

Regering spandeer N$5 miljoen tot N$15 miljoen per skool per jaar. Wat kan die onderwysers daarvoor wys? Uitslae pateties. Geen werketiek by die grootste deel van onderwysers nie. Produktiwiteit bestaan nie. In private sektor was hulle almal al gedissiplineer of afgedank. Leef bo hul inkomste. Geen wonder hul worstel met hul goeie salaris nie.

Aangesien die NRTA se president op 20 September 2016 sê die sjebeens wat drank sonder lisensie verkoop, is om armoede en werkloosheidsyfer te verminder, dan gaan ek maar dagga verkoop. Wat is die verskil. Wat vir een geld, geld vir my ook.

Ek stem saam met mnr. Naule van die NRTA dat sjebeens as klein entrepreneurskappe begin en lei tot gevestigde besighede. Ek het ook begin drink as ’n leerling en geëindig as ’n vol gekwalifiseerde alkoholis. – OJ

Die Swapo Nama-hoofmanne buig nou die knieë voor DTA Nama-hoofmanne. Hoe jammer ons is terug in Egipte wat tradisionele gesag betref. Die hoof uitvoerende beampte was ook ’n Swapo-lid van parlement, maar ook sy gô is uit. DTA lei Nama-gemeenskappe in Suide en is nou teen ons eie Hage en teen ons eie Swapo Party. Ek wens my hoofman wil saamwerk met die regering, maar dit is mos net die hoofman se onmiddellike familie-advies wat in ag geneem word.

Ek wil net van ondervoorsitter van nasionale tradisionele raad weet hoekom hy hom nie gaan bemoei met Usakos se tradisionele sake nie. Sy mense soek na hom, maar hy is nêrens te vinde nie, maar hy kan hom nogal besig hou met Nama tradisionele sake van die Suide. Ons weet dat hy bedreiging in Namas se eenheid sien. Iets wat hy nooit sal waag by OshiWambo tradisionele sake nie.

Wat het geword van “councillor” !Kharugab? Is hy ’n 2de James Christians wat net vir die geld daar is EN niks vir Krönlein doen nie? Wanneer wil hy vergadering kom hou met die gemeenskap? Ons wil ook vir Krönlein “upgrade” asb.

Ai, waar is die dae toe wyle Hermanus Izaks nog direkteur van onderwys van die //Kharasstreek en ook die Hardapstreek was. En sy staatmaker-inspekteurs, menere Gerhard Enslin, Frans Cloete en Pineas Topnaar. Almal manne wat geweet het wat onderwys beteken en hulle bewys het. Hul kaliber sal nie weer maklik bekom word nie. Ja, gerespekteerde onderwysmanne! Gesalueer is julle! – Afgetrede oud­skoolhoof

Mnr. Gideon Geiseb is mos nie deel van Uguvanstam nie, hulle is mos skoonbloed Damaras. Hoekom probeer hulle wees wat hulle nie is nie? Minister van stedelike en landelike ontwikkeling Sophia Shaningwa, ons wil graag hoor onder water tradisionele owerheid val Okambukontze en die gemeenskap daar.

Republikein, wat is die rede laat julle niks skryf oor All Black en Springbokke nie?

Ek wil net baie dankie sê vir mnr. Rudiger Swartz van ministerie van finansies. Jy is altyd gaaf en behulp­saam. “Keep up the good work”.

Kommentaar

Republikein 2024-11-22

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!