SMS'e vir 22 Augustus 2016
SMS'e vir 22 Augustus 2016

SMS'e vir 22 Augustus 2016

“Geluk Annouscka!”
Gerine Hoff
Elke dag is net die struggle kids. Ons gaan interview goed net verniet, dan is dit hulle wat gevat word. Ons is ook arm, ons soek werk, nie net hulle nie. Ons gebruik ook geld om “copies” elke keer te maak, maar verniet. Laat hulle daar in hulle se plekke werk soek. Ons almal is arm.

Asb., help ons boere ook met droogtehulp vir die diere. Hulle is van ons afhanklik om te oorleef, want hier is niks nie. Ek praat veral van ons sentraal en suid. Dr. Hage, ons smeek u.

SMS’e in Republikein van 19.8.16 verwys. Die twee lesers wat die boere wat die luiperd geskiet het so slegsê, moet tog nie vir die hele wêreld wys hoe min jy van boerdery af weet nie. Weet jy ooit waar die lekker skaaptjoppie of T-bone wat jy eet vandaan kom? Dit kom van die boer wat jy so kritiseer se plaas af waar hy nie 5 uur sy kantoordeur toetrek tot môreoggend 8 uur en dit weer oopmaak nie. Dis die boer wat moet keer dat sy brood en botter nie deur luiperds en roofdiere – party met 2 bene – droogtes ens. opgevreet word nie. En jy wat die luiperd wou vang en herlokeer, jy is welkom om dit volgende keer op my plaas op jou eie koste te kom doen.

Geluk Annouscka!

Ek is ’n verhuurder van 2 “townhouses”. Ek verwelkom ook die voorgestelde nuwe beheer solank hulle altwee kante van die swaard hanteer. Ek is al deur huurders en agente ingeloop.

Rehoboth se water moet nou weer gesny word deur NamWater en elektrisiteit, dis dan “pre-paid” krag! Waarheen is die dorp op pad? “Down the drain”! Sekere amptenare is net besig met diefstal, bedrog en korrupsie, maar ACC doen niks aan die saak om skuldiges aan die pen te laat ry nie. – Great uncle Rehoboth

TransNamib se ruskamers is vuil en onhigiënies. Daar bly private mense sonder betaling. Tsumeb doen iets daaraan en sit private mense uit.

Wonder of dit in ander dorpe ook so is soos Henties wat daar baie munisipale werkers na die 25ste die Maandag of sommer die week gedurende werksure by drankhuise is vir ure? Ek vra net! Of kom kyk?

Hoe de joos kry Trump van Amerika dit reg om te staan as ’n aanspraakmaker as president met geen politieke ondervinding ooit nie?

By een van Groot Aub se kroeë was ek aangerand van Windhoek se polisie vir geen rede nie. Ons soek help.

Wil weet, as iemand werk op ’n plot en hy word siek daar, wie is verantwoordelik as hy doodgaan? Is daar ’n plek waar ek navraag kan doen? Dit sal waardeer word.

Hoe verklaar mens die plasing van studente op NIMT se Suidekampus? Vanne van studente verteenwoordig nie Suidemense nie. Bekommerd oor Nama en bruin kinders se toekoms.

Rakende die vreemde geluide Sondagaand, ek en my man het dit ook gehoor. Was baie bekommerd. Sal dit regtig waardeer as iemand meer inligting daaroor kan verskaf asseblief.

Ek het dit ook gehoor, Dinsdagaand, wat geklink het soos ’n vliegtuig. Dit was seker ’n groot “generator” of “fan” van ’n gebou wat afgegaan het.

Na aanleiding van die SMS van 18 Augustus, vreemde geluide in die stad. Ek het presies dieselfde geluide gehoor. Ek bly in Doradopark naby IUM. Van baie nuuskierig of baie bang.

Annouscka Kordom, my hart klop warm vir jou. Sterkte meisie, al sal die familie verlang. Ek weet jy kan en sal jou en Namibië se naam hoog hou. Mag al jou drome waar word.

Polisie oraloor is nie meer ’n beroep nie, maar ’n beproewing en oorlewingstryd, want menseregte het die beroep van sy dissipline beroof. Reg en orde het daarom nie meer ’n bestaansreg nie. Tekens van verval in en om die huis is die begin en einde. – SAP&H

Uraan iets wat wêreld bang maak, maar Amerika het meer as 20 reaktors of kernstasies. – Namibwolf

Daai vrot appels by RHB “council” moet uit, die oues buite moet wegbly. Hulle het hul tyd gehad. Want by hulle is wat reg is verkeerd en wat verkeerd is reg. Ons volk het genoeg gehad! Korrupsie moet stop. En die politiek in die raad moet ook stop en hul moet saamwerk met mekaar en ons RHB-gemeenskap.

Ek het op my oudag ’n pessimis geraak oor dinge wat in ons land aangaan. Want die lig wat in die donker tonnel skyn, is die koplig van ’n wegholtrein. Maar gelukkig is agter elke donker wolk – nog een! – Sela
Nou, 26 jaar na onafhanklikwording, kruip ons regering steeds agter die apartheidsera weg vir hul onvermoë om die agtergeblewenes te kon ophef bloot omdat hulle self kunsmatig aan die gang gehou word. Hoe gouer julle erken dat julle nie die joppie kan doen nie en die regte ouens toelaat om dit te doen, hoe gouer sal ons mooi land regkom.

Is hier ’n sweer vrou [sic] in Usakos of Karibib? Ons het haar hulp nodig.

Ek het ook puik en flinke diens van mnr. Mathis ontvang met die opstel en toets van my fax2email en email2fax diens. Hy is ’n aanwins vir Telecom.

Spur, baie, baie dankie dat julle die inisiatief geneem het om spesiaal ’n spyskaart vir die senior burgers beskikbaar te hê. Nou word daar nie meer met kos gemors wanneer ons gaan uiteet nie. Ek hoop ander restaurante volg jul voorbeeld. – RB van Windhoek

Almal wat my gebel het oor Jigsi-mur, baie dankie, ek het dit gekry. Ek waardeer daai oproepe en SMS’e. Ek het dit terdeë geniet. My selfoon was omtrent besig. Die Here seën julle.






Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!