SMS'e vir 22 Augustus 2018
"...maar nie by netbal nie."
NSSU, hoekom is daar by hokkie en rugby 2de en 3de liga, maar nie by netbal nie? Dit maak die plattelandse skole moedeloos om jaar na jaar teen die Windhoekse skole te gaan verloor. Maak tog 'n 2de liga ook vir ons klein plattelandse skole.
Ai, dis darm tragies dat skolerugby so moet eindig soos Saterdag. Ons was daar en het gesien wat gebeur het. Ek dink dit is 'n skande. Ek glo kinders moet sport geniet en as jy verloor, vat jou pak soos 'n man of vrou. Skande. Sal eerder in die vervolg weg bly. "Shame on you!"
Die Gim en WAP fiasko is swak leierskap. Ons kinders verdien beter voorbeelde. Die hoof is die probleem en sy is 'n vernedering vir die skool.
Ouers wat die Gim-rugbykomedie goed praat, is deel van die probleem. Hou die leiers verantwoordelik vir hulle gedrag voor ons kinders!
"Shame", Johan Zaayman, dat 'n groot man nou so kan lieg. Mense op die pawiljoen reg bo die tonnel het direk na die "game" vertel hoe jy die Gim-spelers gevloek en uitgetart het. Die mense het nie tyd gehad om so iets vir Colette te sê nie, so twee aparte mense, selfde storie. Wie lieg vir wie?
Johan Zaayman het gedurende die wedstryd vir "coach" Jaco Engels lelike goed geskree en dit was toe WAP nog agter was. Hy het moeilikheid gesoek.
Die voorblad van Dinsdag 21 Augustus verwys: Dit is snaaks hoe vinnig Gimnasium reageer as hulle aan die ontvangkant is. Ek wil vir mev. Rieckert vra om bietjie te gaan gesels met spelers en ouers van spelers van ander skole wat die afgelope uitspeelrondtes teen Windhoek Gimnasium gespeel het. Die kinders se taalgebruik op en van die veld is om van naar te raak. En sport is die groot verloorder aan die einde van die dag.
Ek wil begin deur te sê ek het lankal nie meer kinders in enige skool nie. Ek is ook nie partydig teenoor enige skool. Ek het nog altyd 'n soort bewondering gehad vir mev. Rieckert. Sy is aantreklik en bekwaam, maar na wat ek op die koerant se voorblad gesien en gelees het, het ek alle respek vir haar verloor. Ek hoop Curro, wat die eienaar van haar skool is, sal teen haar optree. Ek verwag ook dat mnr. van Wyk en die raad van WAP sal optree teen Zaayman. Die vieslike taal wat hulle mekaar toegesnou het, besig mens nie eers teenoor jou huis- of plaaswerker nie. Sies!
Mev. Rieckert en mnr. Zaayman. Dis nou mense wat ons kinders moet opvoed. Sies, skaam julle!
Ai tog, Colette! Namibië ken mos nou al hoe baie jy agterna verskoning moes vra. Gim het verloor oor dissipline, die voorbeeld wat hul by julle kry.
Uiterste swak smaak van Republikein om sulke negatiewe berigte oor skole op die voorblad te plaas.
A few months ago, I witnessed the ugly side of schools rugby with deliberate provocation aimed at breaking the spirit and self esteem of these young players. The atmosphere and behaviour of the competing parties lacked any sportsmanship. The animosity that is encouraged among the competing teams and spectators is disgusting and contributes to further disintegrating our social fiber. During the last rugby world cup New Zealand formed a guard of honour to show respect to our players. It's an example we should emulate and encourage among these competing learners. Rather than teach them to hate and disrespect.
Mev. Riekert, vertel net vir die koerant wat het jy die seuns van WAP toegesnou en watter tekens vir hulle gewys. Dit is tyd dat videomateriaal aan Curro SA voorgelê word. Jy is 'n totale verleentheid vir jou skool.
Oral word “natural honey” verkoop. Dis 'n groot bedriegstorie! Die heuning is niks anders as suikerstroop nie. Dit ruik, proe en smaak soos goue stroop. Op die program Carte Blanche het hulle die heuningvervaardigers onder kruisverhoor gehad. Almal het hulle probeer uitwikkel met verskonings. Koop liewer dadelik goue stroop en spaar oor die 40%. Heuning is nie meer heuning nie!
Ons tradisionele leiers in Namaqualand moet spekulante verbied om in kommunale gebied vee te koop. Daar moet 'n sentrale punt wees waar vee aangekoop word. Die spekulante betaal een bees en laai drie beeste. Dit help ook nie om die polisie te nader nie, want soos ons weet, is die hospitaal-moordsaak van die hofrol af aangesien die polisie wat die saak moet ondersoek weens veediefstal aangekeer is.
Ek sweer die bank het daardie vrou die “change” gegee. Verslae nie verslane bouer, God neem kennis.
Ag nee, Republikein! Daar was 'n plaasaanval verlede week Woensdag en julle vat amper 'n week om daaroor te berig? Maar 'n belaglike gevloekery en stryery na 'n rugbywedstryd is voorbladnuus?
Geagte luitenant-generaal en jou span van polisie. Help ons asseblief. Op Schlip verkoop elke tweede huis dagga en pille!

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie