SMS'e vir 22 Augustus 2019
SMS'e vir 22 Augustus 2019

SMS'e vir 22 Augustus 2019

"Net sekeres baat . . ."
Mandy Rittmann
Nadat ek 21 Augustus se koerant gelees het, voel ’n mens mismoedig. Hierdie eens florerende land sit vol moordenaars, diewe, verkragters, vol skuld en daar is oral geen geld. Plakkers sit om Windhoek sonder sanitêre geriewe. Kinders word in die wêreld gebring met geen toekoms nie. Arme Namibië, jou toekoms is duister.

Windhoek voor afgrond: Ongeveer 15 jaar terug het MAG onderleiding van wyle mnr. Kosie Pretorius die gevaar van verstedeliking in die parlement aangespreek. Tydens daardie geleentheid was hy kwaai uitgejou deur die Swapo-agterbankers en van rassisme beskuldig. Vandag is dit die einste party wat moet herken dat hy reg was. - Charl Michiel Opperman

Wil my mening lig oor CoW wat nou pensioenarisse se skuld afskryf van hoeveel miljoene. Net sekeres baat daarby. As hul nie nou hul skuld betaal nie, wat van volgende jaar en die jaar daarop, dan word dit maar net weer afgeskryf. Vra maar net.

CoW, NBC, New Era, TransNamib, Air Namibia ens., ens. Almal bankrot! Hoekom? Bedrog, korrupsie, diestal, oorbetaalde werkers, te veel werkers wat sit en niks doen. Dit sal nooit verander. Belastingbetalers en huiseienaars wat wel hulle rekeninge betaal, sal net verder gemelk word.

Munisipaliteit, wat het geword van die bouers? Sien julle doen julle bouwerk met die munisipaliteit se motors. ACC?

Kan ons regering nie besef, of is dit nie belangrik om te weet dat Namibië reeds bekend staan as Klein China nie? – Jurie Viljoen

Gepompte hoenders. Jammer om u mee te deel hierdie besigheid is inderdaad baaaaie opgeblaas of sal ek sê, opgepomp. Is die nodige kwaliteitbeheer in plek?

Die foto in die Republikein van Maandag 19 Augustus 2019 op bladsy 3 was naarlik! Die kuiken was vasgehou met verskriklike hande en die naels was ook vuil. As ’n mens daardie hande sien, sal ’n mens nooit weer hoenderprodukte wil eet nie. So kan die probleem opgelos word vir onse gesondheid asseblief. (Die aanlynfoto is ter illustrasie gebruik en is nie van enige Namibiese onderneming nie. Ons sal wel versigtiger wees met ons keuse van beelde. - Redakteur)

Oshakati 15 million gone, unaccounted for. NIDA in shambles and millions gone. NBC and Air Namibia bankrupt and need millions in bailouts, RCC, health, education, every single SOE in trouble. Country bankrupt in shambles, mostly due to incompetence and corruption and the president states that the opinion of 75 percent of Namibians, that Namibia is stinking with corruption is not true? Open your eyes and face reality!

Almal op aarde en in die hemel, ook julle in die doderyk, so lei die gebed. Here Almagtige God, gee vir ons reën. Die kruis is reg. Amen.

Bedelhoekie: Ek werk hard vir my geld. Ek sukkel ook om gate toe te stop. Ons het arm groot geword en nee - ek is nie bevoorreg nie. Dit is te maklik om te bedel en almal staan bakhand. Ek gee my deel, maar wraggies, genoeg is genoeg. So ek stem hou op bedel.

Namibian Germans find their voice. Is this not a bit racist? Why not start an organisation for Namibian white people to find their voice? Is it only people of German heritage that do not have a voice?

Qua Vadis Namibia Annual Conference? Where to are we heading? What is happening nowadays in the AME church is confusing. There are lot of things that are derailing the Mission of the Church. That’s the reason for the question: Quo Vadis Namibia Annual Conference. Seems the Doctrine and Discipline is being diluted by the non-ordained as well as the ordained members of the Church.

Ek is op soek na ’n goeie Samaritaan wat ’n keyboard het wat hy of sy nie gebruik nie. My naam is Moze Brinkman. Kontak my asseblief op 081 039 1231.

Mnr. Isaaks by finansies in Keetmanshoop. Baie dankie vir goeie en vriendelike diens. Ons kan sien jou werk is jou trots.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!