SMS'e vir 22 Desember 2016
“hele wêreld kom hierheen”
Kan joernaliste asseblief volgende jaar daarvan werk maak en na afgeneemde plase toe gaan en met berigte en foto's toestande vir die gemeenskap skilder. “Before and after.” Voigtskirch in die Suide sal baie interessant wees hoe daar (agteruit) geboer word en plase wat onlangs deur die staat gekoop is. Besef mense eintlik wat dit beteken om te boer?
Hon. Dr. H.G. Geingob I give u my full support as Namibian/Nama/Swapo member and a state worker for your decision taken in matter of cde. Clinton. For those supporting Clinton you stab him in his back with negative advice instead of helping him right and now you want to blame our president. Let me advise you, supporters of Clinton, you better stay out from this issue as you don't consider laws, acts and the constitution of Namibia. We are not operating on Nama rules. Cde. President, deal with them, call them to order, take action with the traditional leaders who criticise your authority and raise their voices against your decision while they even unlawfully under corruption are functioning on communal lands which is bought by the state.
Al het Frankryk die hotel betaal, behoort pres. Hage Geingob hom te skaam om gasvryheid so uit te buit. Hulle het hom 'n keuse van 4 duur hotelle gegee; was nie goed genoeg nie. Toe weer keuse van 4 duurder hotelle, maar was ook nie goed genoeg nie. Hy het glo besluit op die hotel wat 350 000 per nag kos. Nou weet hopenlik almal watse tipe president ons het wat in weelde rol.
Hoe kan 'n mens slaap as jy dit aan 'n dier – ek praat van die perd wat agter 'n bakkie gesleep is – doen? Watse tipe mens is dit? As 'n dier dan so moeilik is soos wat die eienaar beweer die perd was, was dit nog nie die manier om te doen nie. Ek dink nie die perd was alleen moeilik nie; diere voel die vyandigheid van mense aan. Ek weet net een ding, jy sal eendag jou knieë buig voor die Skepper van daardie perd. Mag ek ook daar wees om dit te aanskou. – Marieta Horn
I have trained horses for the last 30 years. The owner of the horse that was brutally killed in Okahandja should know that no horse, unless abused, will ever become as aggressive as he claims. An aggressive horse is a fearful horse. Please don't make excuses for the terrible act of violence towards an innocent animal.
The owner of Troy should be named and shamed by the press. Thank you to the witnesses who were prepared to lay charges. This horse, wild or not, did not deserve to die the way it did. Why was the horse hysterical and jumping fences in the first place? To get away from an abuser? No one can convince a horse lover otherwise. Shame on you!
Namibië, ek het nog nooit gesien die polisie vra ID-kaarte op straat nie. Die hele wêreld kom hierheen, want hier word dit nie gevra nie.
Die media is deesdae weer heeltemal van hulle koppe af. Die laaste keer wat hulle allerhande kinderagtige propaganda so erg in ons keelgatte afgedwing het, was nasies verwoes sonder rede. Nou is Rusland die teiken. Rusland gaan nie so maklik val nie. Hier moet die media bietjie kalmeer, want lelike dinge word gebroei wat ons almal se lewens hel kan maak. Die media moet ook begin leer dat mense nie onnosel is nie. Ons val nie vir dieselfde ou stories oor en oor nie.
“Humanitêre katastrofe”: Samantha Power moet ook vir die wêreld vertel dat die VSA en sy bondgenote, nl. Engeland en Saoedi-Arabië die rebelle en ISIS met wapens voorsien om Assad te kelder. Net soos in Libië is dit Amerika wat die konflik begin het. En moenie The New York Times of Samantha Power aanhaal nie; hulle behoort aan die grootste leuenorganisasie in Amerika. – Mbidi
Dit is absoluut onaanvaarbaar dat NSFAF tot nou toe nog nie sommige eerstejaarstudente se gelde uitbetaal het nie. Hul sluit komende Vrydag en jy kry net niemand wat kan verduidelik nie. Kan die bestuur van NSFAF asb 'n verklaarbare verduideliking gee wat aangaan en wanneer gelde uitbetaal gaan word. Iemand doen beslis nie sy werk nie. NSFAF is nou nes “Ministry of Education” in Mariental se werkers. Genade, as julle te treurig is daar, bedank asb.
Generaal du Toit, verduidelik asb vir die nasie hoe kry 'n persoon borg wat met 10 kg heroïen, waarde 5 miljoen, gevang word? Is dit weer 'n geval van omkoopgeld? Genoeg is genoeg!
Eers verklein Kollig se kolletjie of liggie, toe verdwyn dit. (Kollig verskyn soos elke jaar nie gedurende die vakansieseisoen nie. – Red.)
Die Swartbooi-storie is 'n nagmerrie: Hardkoppigheid en om nie meerderes te respekteer bring jou tot 'n val: Pas op. Hulle wat kamstig vandag vir jou is, lag vir jou ondergang. Jou eie mense praat. Dankie.
Now that Commandante Fidel Castro is no more and our leaders and ministers returned to Namibia with hearts very sore, I wonder if they were serving under the Commandante and if they also would enrich themselves and be so corrupt. And what about money laundering, nepotism, etc. I think most of them would be in the dungeons in Cuba for life.
“Habeli babeli”: die kinders in Rocky Crest se ouers gee nie om nie, want hulle almal drink en rook saam.
Die hoofman van Spitzkoppe en die “Governor” van Erongo is besig om planne te maak vir 'n “truckport” by Henties se kruising naby Usakos. Weet nie wat alles dit sal behels nie? Armige oumense word gedreig met prokureursbriewe. Hulle “worry” nie met die droogte in ons area nie.
D L van der Westhuizen se bestuurslisensie kan by Diesel-Electric WHK se ontvangs gehaal word.
Hiermee wil ek tog dankie sê aan Sara by Woodpecker Mariental vir haar goeie gesindheid en mooi diens. Hou so aan. Dankie.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie