SMS'e vir 22 Februarie 2017
“Hou op om hulle reddingspakkies te gee.”
Wil graag weet wanneer die vernietiging van die ingehandige vuurwapens en ammunisie gaan plaasvind en of die “press” teenwoordig gaan wees. Publiek sal graag wil sien dat dit wel gebeur en dat die wapens nie nou gratis uitgedeel word aan vriende/familie nie of sommer vir eie gebruik gevat word nie.
Wat gaan aan dat PSEMAS se geldsake so sleg is? Die dokters en apteke sukkel om uitbetalings te kry. Julle moet kyk na die “members”. Daar is hopeloos te veel familielede op wat reeds bo 18 jaar is. Beperk dit. Mense maak misbruik van PSEMAS.
Mnr. Jooste / Schlettwein, wanneer gaan julle ophou mooi briefies aan staatsondernemings skryf en soebat dat hulle finansstate moet inhandig en ophou mors? Daar gaan niks verander nie. Hou op om hulle reddingspakkies te gee. Dit gaan nou al 26 jaar so! Sit jul voet neer. Solank hulle nie verantwoordelik gehou word en daar gevolge is soos “fire” hulle vir “incompetency” nie, sal dit vir ewig aanhou.
OKH-munisipaliteit, verkoop ons asseblief aan iemand wat ons paaie sal onderhou, die dorp skoon sal hou en al die straatligte in die nag laat brand.
Pres. Hage, jare gelede het Sam Nujoma jou ge-“fire” sodat Pohamba kan oorvat as president. Dit is nou jou kans. “Fire” vir Utoni Nujoma dat Swartbooi sy “job” kan oorvat so gou moontlik.
Al die regerings in Afrika is korrup, behalwe Botswana waar daar wet en orde is. Sies, wat 'n skande.
Waarom MTC weer die NPL sal wil borg met dieselfde mense aan bewind, sal lagwekkend wees. Gee kans aan nuwe mense. Miskien sal sokker weer lewe kry.
Ninja Mans, jy het jou taak uitstekend van jou poging gekwyt om misdaad te bekamp. Groete, Karate Kallie
Waiving of all penalties and 80% of interest on outstanding income tax? Why? Show some backbone and hold them responsible. These are mostly businesses, top brass, leading a life of luxury. Make them sell off assets, luxury cars, because the man in the street gets hit with fines or goal time for late or non-payment of taxes.
Stefan Mans is geen held nie. Hy het aan 'n straatgeveg deelgeneem en die publiek keur dit goed? Daar is polisie wat skelms moet voorkeer. Dis gereg in eie hande neem.
Sam se SMS in Republikein van 21 Februarie verwys. Dis reg as immigrante toegelaat word wat die land kan help opbou. Maar mense wat Namibiërs se werk afvat of ons wild uitroei? Aikona.
Ek verwelkom ook vlugtelinge maar hoe sal hulle oorleef? Die land het hongersnood. Sommige Namibiërs leef uit asgate.
In die oerwoud kry jy die katfamilie: Tiere, leeus, luiperds, cheetahs, ensovoorts. Selfs hulle lewe nie in vrede met mekaar nie. Elkeen moet sy spasie ken in hul natuurlike habitat, want elke katsoort is op sy pasoppens vir die ander. Dit bring ons by die mens. Ons is verskillend op die aarde wat nasies en stamme betref. Elkeen met sy gelowe, tradisies, kulture en lewenstyl in die “concrete jungle”. Om van verskillende groepe met verskillende lewensuitkyke te verwag om sonder wrywing in harmonie te leef in die nie-bestaande “One Namibia” in andere se tradisionele gebied, kry jy die Keetmans-geval. – BM
Congrats Mr Esau on waking up. About time. A score card was implemented to see who performs with his quota and who not. So far many well-connected just sold off their quota for much money and no work.
Briefie aan die Withuis deur Estelle de Bruyn. Estelle, almal deel nie jou sienswyse oor Trump nie. Baie van die stellings wat jy maak oor Trump is bevooroordeeld. Kom ons bepaal ons maar liewer by ons eie politiek voor ons veg oor ander lande se leiers.
Stem met Dani Booysen. Weeg lelike woorde! Ons soek dit asseblief nie in ons land en parlement nie. Hou dit buite die parlement. Ons is nie SA met hul parlementskandes nie. Aggressie bring mens nêrens nie.
Hoeveel onskuldige mense moet nog sterf? Hoeveel families se lewens moet nog vernietig word aan die hand van hierdie klomp jong, onverskillige en onverantwoordelike jaagduiwels? Dit is tyd dat ons wetstelsel ernstig moet begin optree en hierdie menseslagting stop.
In Blok F lê 'n kragkabel wat uitgespoel is. Asseblief, staan uit julle kantore op, ry rond, kyk wat gaan aan. In die pad wat van Louna af na die winkel Boozerama toe gaan is 'n groot gevaar, want kinders speel in water. Gee tog aandag, asseblief.
Was van die gelukkige persone om twee naweke agtermekaar die span van Rehoboth, Basters FC te sien speel in die Namibia Social Football Liga. Julle is tops! Geniet om julle te sien speel. Aan die bestuur van liga en wedstryde, dis baie goed. Ek en my gesin gaan beslis die naweek weer. – Inwoner van Windhoek
Daar is nog baie mense met ou voertuigliksensies, sommige met ekstra swaar – kan hulle nie weer kans gegun word om die oues in te ruil nie?
Ek het oorlede Joost se Huisgenoot van verlede week gemis. As iemand dit vir my kan gee, ek sal dit baie waardeer.
Telecom se diens is pateties. Ek sukkel vir dae om antwoord by skakelbord te kry. Daar is nie eers 'n nommer in die gids van hulle “call centre” nie. Die ander nommers bestaan glad nie. Skrik wakker of maak julle deure toe dat liewer van “private companies” gebruik gemaak word.
Laat regering vir elke huisgesin een Chinese burger gee om ryk te word voor Zim se president onse plan steel. Maar ek by my kant. Ek vat president se vriend.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie