SMS'e vir 22 Februarie 2018
“. . .sien ek geen lig. . .”
Volgens die Khomas-streeksdirekteur, mnr. Gerhard Vries, ontvang die tydelike onderwysers salarisse, maar in werklikheid ontvang hierdie dierbare mense geen salarisse nie, wat ons kinders moet opleiding gee en voor in 'n klaskamer staan met 40 tot 45 kinders. Dan wil ek net vir mnr. Gerhard Vries vra hoekom hulle dit ontken? Erken julle foute en betaal die mense sodat hulle met mae wat vol is kan diens lewer en ook kan uitsien om hulle dagtake te verrig. Ons as ouers verwag goeie resultate van ons kinders, maar wat dan as 'n onderwyser moet honger les aanbied? Kry jul huis in orde en betaal die mense, asseblief.
Dit is vir my skokkend om te hoor iemand kry 'n boete van N$1 500 omrede die persoon te lank gewag het vir kleingeld van 'n koerantverkoper, maar taxi-drywers blok elke dag verkeer. Wat word aan hulle gedoen?
Kan die regering asseblief stop om ou onderwysers te vat wat al afgetree het. Hulle werk net vir geld en is moeg en raak gou kwaad en skel ons kinders en is altyd op die selfoon. Hulle het hul tyd gehad. As dit so aangaan, wanneer kry jong mense werk? Dan praat hulle van huise, karre, beeste, bokke en nog varke wat hulle moet koop. Asseblief, minister Katrina, doen iets!
Although it is a good thing that Esau put a three year ban on pilchard catches this will not put an end to the problem, because until the net comes up they have no idea what's in it and if it turns out to be pilchards the catch of tonnes of dead pilchards will be dumped to avoid fines.
Ek is seker julle het 'n vendetta teen August Maletzky. Hoekom dan sou julle 'n eenvoudige aantyging voorbladnuus van die koerant maak? Let wel, ek besit vandag nog steeds my huis. Danksy August Maletzky. Hy het my en my gesin gehelp toe geen prokureur kon. En tot vandag het ek hom nie 'n sent betaal nie. - Pastor Harop
'n Versoek aan die NBC TV om ook met Bernadus Swartbooi op "1on1" 'n onderhoud te voer, soos met Vekuii Rukoro. Ons wil ook sy weergawe hoor aangaande “affected landless people”.
Wanneer wil die munisipaliteit die skade in Laurent Kabila-straat regmaak wat veroorsaak is deur die waterpyp wat gebars het?
SMS-skrywer van Asblomstraat: Goeie raad wat ek jou kan gee, wat werk, wat vir my gewerk het. Kontak vir Joos, hy het my vinnig gehelp. Hy glo nog aan lyfstraf en dissipline.
Liewe leser wat so deur onopgevoede mense geteister word. Maak soos ek gemaak het, ek het my tuinslang gevat en hulle sopnat gespuit, dit was ook die einde, want hulle kan nie gaan kla nie, dan sal hulle 'n rede moes gee. Sterkte!
Na aanleiding van die persoonlike aanvalle teen mnr. Jan van Wyk, sou ek graag wou weet wat Martin en Collin al in die lewe bereik het? Hulle is jaloers, afgunstig en skaam omdat Jan van Wyk iets in die lewe bereik het. Ek ken hom vir langer as vyftien jaar as 'n man wat nie bang is om te werk nie. Jan van Wyk is 'n leier, net jammer hy wil nie die Kapteinskap oorvat nie, maar ons is baie wat sy besluit respekteer.
Baie dankie aan bestuur van Mutual Mall Keetmanshoop vir die blink plan om die parkeerplek vir gestremdes vry te hou van siggestremdes wat nie die geel geverfde rolstoel op die teer raaksien nie. Dankie aan die flink wagte van Clicks, wat altyd die versperringskegel wegvat as ek kom stop en terugplaas as ek wegry. Altyd met 'n groot glimlag. Mag die Heer jul seën. - Marie Becker
FNB se verskoning in Engels is afgewater en dui daarop dat FNB nie omgee vir sy kliënte se ongerief. Baie mense is nie gemaklik met, of het nie toegang tot “online banking” nie.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie