SMS'e vir 22 Februarie 2019
". . . my lewe twee keer gered . . ."
In Woensdag se koerant skryf mnr. Kleinhans in sy rubriek HF Verwoerd het destyds gesê: “Education must train people in accordance with opportunities in life.” Met ander woorde, onderwys vir swart mense moes geskoei word op die ekonomiese aktiwiteite waartoe hulle toegang gehad het. Nou wonder ek maar net, opereer vandag se staatskole nie maar weer op daardie beginsel nie? As jy niks anders kan bekostig nie, moet jy maar tevrede wees met wat vir jou aangebied word.
Aan nie-suurdruiwe. Die oorsese dokters praat die mooiste Engels, het die beste bedside manners, het my lewe twee keer gered, sopas toetse op my gedoen, opgevolg en my laat voel ek is hul belangrikste pasiënt. Geen suurdruiwe van my kant. Van gesonde pasiënt.
Waar is die jong manne van die Kalahari met hul gewere. Braai ’n vleisie op ’n Saterdagnamiddag, drink ’n paar doppe en dan gaan sort julle gou die ou troppie hiënas uit. In vier jaar kon niemand die moed bymekaar skraap om te doen wat gedoen moet word nie. Alternatiewelik kan die lodges wat voordeel trek uit die wilde perde vir my en ’n paar wettelose pelle van Grootfontein laat kom om die job te doen. Sorg net vir genoeg brandewyn en Coke en ’n paar Kalahari-plaasmeisies. – Boerseun
Het die Namibia Wild Horses Foundation na 5 jaar nog nie agtergekom dat die government en minister Pohamba Shifeta niks vir die wilde perde se oorlewing wil doen nie? Mense wat die perde en vullens wil red van die NWHF is Duitsafkomstig. En vir Namibiese Duitsers word hier in die land niks gedoen nie. Die perde jaag nie miljoene Namibiese dollars in die sakke van die regering nie. Hulle kos net geld, tyd en baie brandstofkostes vir Shifeta. Mense van NWHF word wakker, die klok wys 2 minute voor twaalf. Neem self die geweer en skiet die hiënas vrek. Mense op sosiale media sal jul bedank dat jul die perde gered het. Elke nag wat hiënas vullens en perde vrek byt, is een nag te veel. Doen iets, wag nie op slapende ministers. Die ministers wag vir miljoene uit Duitsland vir die armoedige Namibië.
Wat was toe die uitslag van die koei-ongeluk hofsaak van Group 4 en WP Transport en die eienaar van die koei? Is die heinings langs paaie die eiendom van en vir instandhouding die verantwoordelikheid van die boer of die Roads Authority? Wie dra die koste van die bou en instandhouding? Aan wie behoort die padreserwegrond? Wie betaal die grondbelasting op padreserwes? Koop of huur Roads Autority die grond van die boer? Word die polisie aanspreeklik gehou vir nie-toepassing van die padordonnansie?
I would like to know when is the City of Windhoek going to repair the hole at the corner of Booysen and Potgieter street. The stones are damaging our cars windows. Thanks from Senior Park residents
Die hervorming van ELCRN het gemeentes se leierskap geneem uit hande van opgeleide pastore en geplaas in hande van onopgeleide ouderlinge, meestal ongeskoold. By enige saak is ouderlinge voor op die tafel en pastore eet krummels wat van die tafel val. ’n Kerk en gemeentes wat nie deur geordende, gesalfde leiers gelei word nie.
President Hage fire Katrina asseblief! Sy is nie werd om ’n minister te wees nie.
Hoekom moet MTC N$410 vra vir 3 GB data as Paratus N$450 aanbied vir 30 GB? Dit is blatante uitbuiting. Kan die Competition Commission asseblief betrokke raak.
Hentiesbaai is vanaand koel en oop sonder ’n sweempie van klammigheid, mis of wind. Dit voel soos ’n hoëveldse “window shopping”-wandel in Kwartzstraat in die 70'tigs met die Hilbrow-toring se wentelrestaurant wat flikkerligte uitsein tot in Jan Hofmeyer. Nostalgie speel tromp-op my enigste (verlede) breinsel. - Nie Kerkorrel
Polisiebeamptes van Schlip word nou goed bespreek, maar wat van hul dade. Daar is geen beampte op Schlip wat ’n aanwins is nie. Verplaas almal en stuur vir ons mense wat wil werk en ’n passie het vir hul werk en niemand hier ken nie. Ons vrees ons eie lewens hier. Mariental, doen iets, aangesien jul die hoofde is. Asseblief, asseblief, stuur vir ons ’n stasiebevelvoerder wat orde kan handhaaf.
Paulus Noa, the Executive Director of the ACC (Anti Corruption Commission) is turning a blind eye on the NSC (Namibia Sport Commission). It is evident in recent media reports that irregularities are committed. Nothing has been done up to now.
In Rehoboth probeer PDM ons omkoop met kos. Was mos DTA se manier van dinge doen? - Burgershoeker
Directorate of Education Hardap operates without a Director for the past six months. To make things worse, the Deputy Director for PQA was promoted to Director for Erongo and the Deputy Director LLL is also promoted to Director Oshikoto. The Inspectors of Education are not featuring although they are working in their respective circuits. Hardap is really going backwards. No senior officials to take the lead. Quick action from the side of the Minister is needed.
Raad vir miere in huis: was mure met Bundu-lodge skottelgoedseep. Dit is ’n groen 5 liter kan en te koop by Taurus.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie