SMS'e vir 22 Junie 2017
SMS'e vir 22 Junie 2017

SMS'e vir 22 Junie 2017

“Wie se gulsige poot. . .”
Mandy Rittmann
Ongeluk op verbypad! Vat die bestuurder van bakkie se sleutel en gooi dit in die see! Wat vir hom 'n eie padreël maak, om links verby te gaan. Hy hoort nie op ons paaie nie. Doen asseblief iets aan die gemene roekeloosheid.



Namibiese Sportkommissie betaal vir netbalspan na Kampala. Die span is nie verteenwoordigend van die land nie as gevolg van tyd en hulpbronne. Rugby kan gerus hierdie brokkie nuus bêre en voorlê as hulle (Sportkommissie) weer kom karring oor ons nasionale rugbyspankeuses. Wat het geword van die leuse “to compete, not just participate”. Verder het ek nie 'n probleem met die spelers nie, want hulle kies hulle nie self nie. O ja, terloops, gee ook vir ons geld vir buitelandse toere. – Robbie



Het Dinsdagnamiddag 17:00 uit Rehoboth gery na Windhoek. Na so 15 km begin ek voertuie tel uit rigting Windhoek. 'n Ongelooflike getal van 714 voertuie, vragmotors uitgesluit tot by eerste verkeerslig na padblokkade. Veronderstel daar was gemiddeld vier insittendes per voertuig en hulle almal woonagtig in Rehoboth. Dan was daar 2 856 persone op pad huis toe na werk.



Does Roads Authority plan to renovate the road between Karibib and Omaruru? This road really need attention because it is full of pot holes and it seems the road is old and it needs full rehabilitation, the same as the road between Okahandja and Karibib.



Help-help! Sekuriteit, Schlettwein, Aufpassen! Bladsy 13 van gister. Iemand het sy poot in diamantpot. Nogal 'n rêrige foto. So baie, baie korrels soos hoendervoer. Wie se gulsige poot in kabinet is dit dié keer. Waars die polieste?



Republikein van 20 Junie 2017. “Minister Pendukeni, wake-up it is not 7 000 Chinese people but more than 70 000!”



Hi mense! Apartheid is orals. Julle bedryf dit ook op papier. Al die Swapo's se name is in swart vet gedruk, behalwe die opposisie party se “member” Charles Pieter. Kyk net mooi op die program van Comrade Hon. Andimba Toivo Ya Toivo se program. Snaaks.



Nog 'n rede na my mening vir ongelukke op paaie oor naweke en hoe end van 'n maand eindig op 'n naweek. Drank speel 'n groot rol by kafees, petrolstasies waar drank verkoop word. Ek was al ooggetuie by 'n buite dorp waar ouens drank/wyn/bier koop en dit in 'n ysboks in kattebak pak voor daar verder gery word. Dalk moet polisie “spot”-ondersoeke doen in voertuie oor naweke en einde van 'n maand-naweke!



Ek sal graag wil hoor van nog mense wat plante kweek of versamel regoor die land. Selfs die met net 'n passie vir plante is ook welkom. Miskien kan ons idees uitruil. As julle my kan SMS by 081 359 0509 sal ek dit opreg waardeer. – Sunell



Los tog Kaptein DC Gertze uit. Ons //Habobe het hom gekies. Baie het ons bereik. God in beheer. Maak jul los van die beddens waarop jul rus en dien jul mense. Viva //Habobe-volk.



Dankie vir persoon wat kla oor vuil Usakos. Mens kry regtig skaam om daar te bly.



Wil net mense waarsku teen 'n nuwe slenter. Iemand nader jou om buitelandse toeriste oor te neem. Hy is te besig. Geld is goed. Moenie geld betaal aan hulle. Volg verwysings op. Hulle sal jou besteel.



As ek mag vra? Het polisie die reg om mense tot die dood toe te slaan? Kan ministerie van veiligheid en sekuriteit vir ons help met die probleem.



Dit sal waardeer word as mev. Chris se kantoor Rehoboth-Wes net asseblief “transparent” kan wees oor die toekenning van projekte, dan sal ons nie hoef te vra en wonder nie.



Laat iemand tog asseblief Karibib toe kom en die raad kom leer hoe om grond te deel. Karibib is die enigste dorp waar daar nie saambouhuise is nie. Help ons asseblief.



Ek het iets op die hart. Ons het koopkrag, maar ons moet nou N$2 000 vir die water betaal en ons mag niks sê nie. Ons hoor net van Harambee, maar dis net vir sommige mense. Ek wil tog groot asseblief vra, kan die regering tog asseblief vir ons help? Dankie.



Mense, kom ons eerlik teenoor mekaar wees, as jy dink jy eet die geld alleen en ander huil, dan sal jy in die doodskaduwee beland.



Bid vir jong dames wat met getroude manne deurmekaar is. As jou pa dieselfde doen, moenie jou ma jammer kry nie, want jy doen dit.



Uitstekende en professionele diens deur Janine de Vries en die twee dames by ontvangs van Retirement Fund Solutions. Baie dankie vir julle ongetwyfelde puik en vriendelike diens. – Willem Burger



SMS 19 Junie se koerant. Jy mors jou geld en tyd met SMS-kompetisies in Namibië. Word slim.



Ek soek iemand in Keetmanshoop wat my skietlesse kan aanbied. Skakel my by 081 624 1507.



Ja, ek sal ook graag wil weet wat gaan aan met GOtv. Dan werk al die kanale en die volgende oomblik net helfte kanale. Ons betaal nie half nie!



Ek wil graag vir MultiChoice vra? Ons wat so ver bly en oud is, hoe kom ons by julle uit om ons GoTV te betaal? Kan julle nie takke nader aan ons oopmaak sodat ons daar kan betaal nie? Ek woon in Agste Laan, Otjomuise.



Ek wil net weet! Ons behoort aan 'n sekuriteitsmaatskappy in Gobabis, maar wag al drie weke vir diens, maar moet betaal vir geen diens. Hoe werk dit?

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!