SMS'e vir 22 Junie 2020
SMS'e vir 22 Junie 2020

SMS'e vir 22 Junie 2020

"Alle lewens maak saak . . ."
Mandy Rittmann
Stem saam met die boodskap dat die SOE's wat volgens mnr. Jooste reggeruk kan word, eerder by banke moet aansoek doen vir lenings. Mnr. Jooste is al lankal besig met planne en regrukaksies. Dit alles hoor ons met elke finansiële verslag, maar al wat gebeur, is dat meer en meer geld in nuttelose putte ingepomp word. Maak hul toe, ons kan nie meer net buitensporige salarisse betaal nie.

?Henry Beukes van Rehoboth, jou brief “Leef en laat leef” het beïndruk.

?Why do some men think it is important for a car to go from 0 to 100 kilometers in 7.7 seconds? All I want from my car, is to get me from point A to point B without breaking down, within the speed limits as prescribed by law and without costing me an arm and a leg in fuel.

?Arme "eerlik met mekaar". Waar kry jy jou statistieke? Is jy een wie se man hom nie kan gedra as hy drink nie, daarom dat jy drank so probeer verban?

?Dit wil voorkom asof die meeste GIPF-pensioenarisse in Windhoek nie hulle IRP 5 belastingsertifikate ontvang het nie. Weet nie van res van die land nie. GIPF beweer dit is reeds voor Mei gepos. Indien dit waar is, beteken dit dat Nampost verantwoordelik is vir die verlies van die posstukke.

?Alle lewens maak saak, nie net die van sekere rasse nie. Alle moorde moet veroordeel word, ook die op kwesbare wit boere wat dikwels op afskuwelike wyse gemartel en koelbloedig vermoor word.

?Met verwysing na kritiek teen die sogenaamde zolrollers deur 'n SMS-bydraer. Ek het die mense gebel en geluk gewens met hul inisiatief. Ek self rook nie, maar hou van 'n sigaar nou en dan. Hierdie mense skep 'n produk, wat bydrae tot ons ekonomie en local is lekker, beter as om dieselfde in te voer.

?By die nuwe Woermann Brock in Hentiesbaai stop mense elke dag op die duidelik gemerkte rolstoelparkeerplek. As dit nog bejaarde persone is wat dit doen, kan mens dalk nog begrip gehad het, maar dis bloedjong mense sonder enige respek. Hoop die verkeersafdeling kyk meer as net soms daarna, want ons met gebreke kry swaar. – IH

?Wil tog weet oor die miljoendollartrekking-kompetisie van Wanderers.

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 34° Rundu: 21° | 36° Eenhana: 24° | 37° Oshakati: 24° | 35° Ruacana: 22° | 37° Tsumeb: 22° | 35° Otjiwarongo: 21° | 32° Omaruru: 21° | 36° Windhoek: 21° | 31° Gobabis: 22° | 33° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 17° Walvis Bay: 14° | 22° Rehoboth: 22° | 34° Mariental: 23° | 37° Keetmanshoop: 20° | 37° Aranos: 24° | 37° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 36° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 19° | 35° Lubumbashi: 17° | 33° Mbabane: 17° | 34° Maseru: 17° | 32° Antananarivo: 17° | 30° Lilongwe: 22° | 32° Maputo: 21° | 35° Windhoek: 21° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 21° | 28° Johannesburg: 19° | 30° Dar es Salaam: 25° | 32° Lusaka: 20° | 31° Harare: 19° | 32° #REF! #REF!