SMS'e vir 22 Maart 2017
SMS'e vir 22 Maart 2017

SMS'e vir 22 Maart 2017

“. . . nóg ’n staatsonderneming wat wanbestuur word. . .”
Gerine Hoff
Wilde skietery op mnr. Keil se kar in park: mnr. Keil sê daar was 14 of 15 gewapende mans wat sy kar omring het en geweier het om hulself te identifiseer. G'n wonder hy het gevlug nie. Sommige was in siviele klere. Wat beteken dit? Dat hulle saam met die stropers werk? Laat 'n mens wonder . . .



Los donkieslagpale, sê iemand. Mooi. Los ook sommer honde, visse, beeste, katte, perde, hoenders, bokke, skape en varke se slagpale. Dan word ons almal vegetariërs soos Adam en Eva en eet net plante, groente en vrugte. – Eleeze Eatsome­more



Mnr. Hindjou kan maar my industriële erf kom koop. Ek wil nie besigheid doen langs 'n slagplek nie. Daardie ewige verskoning van werkverskaffing.



Psemas se probleem is dat lede hul kleinkinders of familie se kinders op hul mediese fondse sit. Daar is kinders ouer as 25 wat nog op die ouers teer. Die staat moet daardie goed kontroleer. Iemand wat eerlik sy werk opvolg daar.



Veels geluk aan die Landless ­People's­­ Movement en in die besonder aan die betrokke gemeenskappe met hul eerste oorwinning by die aanhoor van hul hofsaak teen Duitsland in die VSA. Die volgende aanhoor sal volgens inligting op 21 Julie wees. En nou die skielike vriendelike gebaar van Namibiese regeringskant af? Is dit oor die halsband of oor die hond? Die regering het dan vir ons verstoot toe ons ook deel van hul onderhandelings wou word. Bevind die “mighty” Swapo-­regering hulle in 'n benarde posisie? Ek het by 'n vorige skrywe gemeld die Namas is niemand se “pushovers” nie. “Deal with it!” Vat die kamma verteenwoordigers wat bekend is by Staatshuis Engeland toe. Ons, die ware verteenwoordigers van ons mense, se saak is in die VSA. – Namalander



SMS-boodskap sê Psemas bly bobaas van alle mediese fondse. Dit ís so, want hulle betaal vir alles en nog wat altyd. Dit lyk egter of die bobaas nou die baas gevang het. Geen simpatie, Aranos



I am an estate agent in Windhoek and I cannot confirm an increase in rent prices of 9.7% in January and February. There must be a big mistake in the calculations. Rent tends to stagnate once in a while as there are many newly-built properties, mainly flats, standing empty because of an oversupply. Prices are going down instead of up. The Statistics Agency must get their figures right and check their information sources.



Joos Platt, dankie vir jou insette rondom die skietery van die gesin. Ek haal jou aan. Geen uniform is 'n teken van identifikasie nie. Enige persoon in uniform moet hom of haar identifiseer met 'n dokument. Lede moet teen dié tyd al weet hoe lyk stropers en die verskil ken tussen 'n normale gesin en stropers. Vuurwapen moet jou laaste uitweg wees, nie jou eerste nie. Opgeleide lede skiet nie roekeloos op 'n voertuig waar kinders in is nie, ongeag wat die bestuurder gedoen het. Dankie, ek waardeer jou bydrae.



Ons gebruik ons Psemas mediese skema met groot omsigtigheid en gaan regtig net dokter toe as dit nodig is. Dit is 'n diensvoordeel wat bestuur moet word. Moenie die swak bestuur van die fonds voor lede se deure lê nie. Moenie alle lede straf nie. Ons is nie almal skuldig aan vergrype nie.



Watter uitbuiting deur ons inhalige regering. Ons kry 'n bonus van N$6 000 en “tax” vat N$2 100 daarvan. Bonus eindig op N$3 900.



Geen dorp in Namibië klop Rehoboth se aankoop van krag nie. Ons dorp se krag is die duurste. My ma gebruik net 'n ketel en lig en moet gereeld N$100 weekliks koop. Hopeloos te veel vir 'n pensioenaris.



Net 'n regstelling: Hentiesbaai is nie 'n vissermansdorpie nie, dis 'n visvangdorpie. Hier is nie fabrieksbote met matrose of selfs “trollers” met vissermanne nie. Hier kry jy net kaalvoet visvangmanne en -vroue met lang visstokke om die blinklywe strand toe te worstel. - Sérra



As sommige “council”-werkers van Kalkrand “village council” betrokke is by onwettige water- en kragkonneksies, is dit wat bydra tot hoë rekenings van NamPower en NamWater. Raadslede word ingelig oor dié dinge en doen niks, maar moet die gemeenskap bymekaar roep vir 'n vergadering as krag en water gesny word. Wat help dit oumense in die gemeenskap moet hul kant bring met betalings en sommige werkers verpes met onwettige konneksies. Raadslede blaf, maar kan nie byt nie, is tandeloos. Of wil hulle met almal wat in die onwettigheid is in “good books” wees om weer volgende verkiesing ingestem te word? Ek word gehaat omdat ek teen al die korrupsie en euwels wat ons ontwikkeling verpes, opstaan. Raadslede rêrig hopeloos, kan vergelyk word met modepoppe in winkel se vertoonvenster. Diewe kan inbreek, maar gaan niks doen nie. Vergaderings en vergaderings, maar by aksie neem sien jy niemand nie, net die kruisman wat probeer. – James Hansen



Republikein 15 Maart: “mense moet hulle nie teësit teen rowers nie.” Reg, moenie jou teësit nie – gee alles wat hulle vra en meer, ook sommer voordat hulle vra. Gee net! – SAP&H



Wil graag my dankbaarheid teenoor vader Teddy, vader Tabo en mnr. Hoffman uitspreek vir wat hulle vir ons gemeente by Holy Redeemer doen. God seën u. – Dinam Balzar



Foto van 20 Maart 2017: Regtig, hoekom kla julle? Julle weet dit sal nie skoongemaak word nie. Maak self om julle geliefdes se grafte skoon. Dis maar wat ons doen hier in Windhoek.



Psemas put sonder bodem! Ja-nee, nóg 'n staatsonderneming wat wanbestuur word soos alle andere. Dit skreeu van korrupsie en onbevoegdheid. Skandelik hoe die staat geld by die drein afgooi!

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!