SMS'e vir 22 November 2019
"Ons besef die waarde . . ."
Ek verstaan die persoon (apteker) se trauma. Maar om ’n interdik binne twee of drie weke te kry, is moeilik? Of dalk toon dit my onkunde. Ons familie moes op en af Katutura-hof toe, Women and Child Abuse toe en byna ses maande later is ’n interdik deur ’n magistraat toegestaan. Albei partye moes ook in die hof teenwoordig wees. Ook sit slagoffers ure by die Katutura-hospitaal se Women and Child Abuse-sentrum voor hulle gehelp word. Ons besef die waarde van so ’n plek, maar ai, moet als so lank vat?
Ag, arme Air Namibia. Dink hulle nou die bietjie verversings wat hulle wegneem, sal hulle help om uit miljoene se skuld te kom? Lagwekkend!
Ek stem saam met die leser. Deur aborsie toe te pas op ’n baba wat deur jou plesierigheid gemaak is, is moord. Dink daaraan. Met aborsie wil ons mos nou die mensdom aanmoedig om op te mors. Bring dan die doodstraf ook terug. Nie waar nie?
Mense, aborsies wettig maak, is beter as "baby dumping" of 8 kinders wat mens nie kan bekostig om kos te gee of skool toe te stuur nie. Dit behoort elke vrou se reg te wees om te besluit wat is die beste vir haar. Julle wat so eng is, besef julle hoeveel onwettige aborsies word gepleeg waar die ma en baba doodgaan? Wettige aborsies is in die eerste paar weke wanneer dit net ’n embrio is. The President should consider making same sex marriages legal as well.
President Hage, jy noem dat die feit dat jy sê aborsie moet gewettig word in Namibië moet net nie by jou kerk uitkom nie? Wees eerder bang vir die Here, Hy is die een wat jou gaan oordeel.
As ek reg onthou, was daar onlangs ’n berig dat ’n sekere pastoor die president as ’n Godvresende man beskryf het. Nou verstaan ek nie dat hy wil aborsie wettig. Het hy nie meer skietgoed om sy veldtog te voer?
My grootste verjaarsdaggeskenk op 27 November sal wees dat elkeen gaan stem.
Goeie glory! Gawaxab en /Gõa-Goses is geskik vir Esau en sy maatjie se visposte. President Hage, kyk na daardie goeie werkers! I ja.
Kom ons almal stem vir ’n Godvresende persoon, laat God ons lei. Amen.
Maak julle se oë oop in Aranos.
Ek wil graag weet wanneer gaan ons as ouers weet by watter skool die kinders geplaas is vir graad 8 in 2020. Ons wil klaar klere en boeke koop asseblief. AI Steenkamp en MH Greeff laerskole.
Waterprobleem op Omaruru! Ek woon in Ozondje, Gobshoekie-plot en ons het waterprobleem van gister tot nou toe. Hoe nou?
Karasburg se inwoners. Luister nou mooi. Julle moet positiewe dinge oor julle dorp en Council praat asseblief. Ek is ’n inwoner van Keetmanshoop, maar regtig, die brandweerspan het goeie werk gedoen. Hulle het op tyd gekom en hulle weet wat hulle doen. Water sal opraak en die brandstof van die masjiene sal klaar word, dit is normaal, mense. Moenie julle eie mense so sleg maak nie. Daar is een en twee dingetjies wat nie in plek is nie, maar hulle diens is puik. Ek weet waarvan ek praat en die brand is geblus!
Wie onthou of het nog die eerste, enigste en ook laaste Namibiese selfoongids wat in 2001 verskyn het. Dit was van MTC en gedruk deur Namibia Directories. Ook was dit net vir registreerde 0811 nommers en nie vir die res (Tango) nie. Die edele gedagte was om dit elke ses maande uit te bring, maar nou ja. Die eerste inskrywing was ABC Stationers en die laaste Zwirner R. - Ollie Joubert
Ai, kan die kerke nie asseblief hul probleme privaat uitsorteer nie? Hierdie alewige vuil wasgoed uithang hoort tog regtig nie in die koerante nie.
Eto! Moet nie dink jy is alles by jou getroude man nie. 'n Ander getroude vrou lewe saam met jou man. Ek kry jou jammer. Die man, moet jou vrou nie so baie na die rally's laat ry nie.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie