SMS'e vir 22 November 2021
SMS'e vir 22 November 2021

SMS'e vir 22 November 2021

"...lewenslank in toue..."
Mandy Rittmann
Ai, moet ons nou weer nuwe ID’s kry? Almal het nog nie eers ou ID’s nie. Moet ons in hierdie land lewenslank in toue staan vir dokumente? Almal is nog nie eers vir Covid gespuit nie, nou weer hierdie nuwe vermorsing van geld en tyd.

Hoe lank gaan ons in ’n ry moet staan vir ’n nuwe ID? Hoe lank gaan mens wag om die ding te kry? Ons ken mos al die ministerie se onbevoegdheid.

Meegevoel aan Van Straaten gesin, maar so bly hul staan op teen privaat hospitale en dokters se nalatigheid. Meer as een keer dieselfde oorgekom met my familie. Tyd dat dokters en hospitale hul eed onthou. Safety and wellfare of all persons entrusted to my care, maar vir hul is dit mos sit eers geld neer voor ons jou help of soos in die geval, nie help nie.

Ek verstaan nie hoekom soveel mense uit Afrika vlug na Europa toe. Na juis dié mense wat hulle so onderdruk en verslaaf het. Iets maak vir my nie sin nie.

Net omdat ’n praktyk lank bestaan, maak dit nie noodwendig sedelik, beskaaf of wenslik nie. Byvoorbeeld, slawerny bestaan al duisende jare lank, maar in die 21ste eeu is dit gelukkig nie meer aanvaarbaar nie. Vandag het ons konynboerdery- en slagtery in Namibië, môre volg seker hond- en katboerdery, oormôre bababoerdery. Hulle sê mos mensvleis is lekker mals en smaak baie na varkvleis. Namibië probeer vorentoe beweeg, nie agtertoe nie. Hou op om onsedelike wins te maak uit die koelbloedige slagting van ons troeteldiere! - P.B. Pieterse

Die meeste Namibiërs geniet dit om Paaseiers te eet, maar party verkies om eerder die Paashasie dood te maak en hom te eet. Vir my part sal ek altyd die Paaseiers kies en die Paashasie verwelkom. - Fiina Andreas

Ek vra maar, omdat ek nie mooi verstaan oor die Namibiese regstelsel nie. Wat het gebeur met die Dippenaar-saak? Die man was na bewering dronk, veroorsaak ’n ongeluk waarin ses mense dood is en die saak word net uitgestel. Ander noodlottige ongelukke word baie vinniger hanteer.

Ek wil asseblief net vra van wanneer af werk die hof hier in Rehoboth, sodat die klaer moet kom besluit hoe jy moet gestraf word, dis die staatsaanklaer wat so besluit. Nou wat nou?

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!