SMS'e vir 22 Oktober 2021
"...die groot eters."
So, daar gaan ’n groep van elf Duitsland toe om ’n gordel van Hoofman Kahimemua te identifiseer. Kan ons as belastingbetalers asseblief ingelig word wat dit ons gaan kos?
Hoop NRU sien wat gebeur as jy mense kry wat die job kan doen. Uitstekend Namibië krieket.
Ek glo hoekom baie mense nie gaan vir die Covid-inspuiting nie, is omdat hulle bang is vir die naald. ’n Ander manier soos ’n pil of ’n drop in die mond moet uitgedink word. My innige mening.
Wanneer gaan ons verslag kry van hierdie fiasko met regeringsbouprojekte? Met honderde opgemorsde projekte lyk Stinkvis na ’n vulletjie.
Opposisielede van parlement en geraakte gemeenskappe, julle mors jul tyd en energie met die groot eters. Hulle sal net hul meerderheid in die huis gebruik en julle oordonder. Kon jul van die begin af nie die Internasionale Fof in Den Haag genader het nie? Diegene wat ons almal se land binne 30 jaar in sy koffie-moer gemaak het, se oë is op daai groot mariba. Ons uraan, diamante en visbedryf en belastingsgeld is ook hoeka tee-moer toe met leiers soos die? Het ons besoek van die buitenste ruim nodig? UFO’s waar is julle? Suig hul op in die moederskip asseblief en ta-ta met hulle one way ticket! – Keinamab
Daar word nog net vir olie gesoek en ReconAfrica het al klaar alle reëls verontagsaam, dis tipies. Jou rykste olielande in Afrika is eintlik jou armste lande in die wêreld. Hoe ironies is dit nie, en die ministers en die president het al klaar aankope gedoen vir oogklappe, want hulle wil net sien wat hulle wil sien en dit is dollars en hulle dink die nasie is 'n klomp fools.
Ek elders op TV wat in Rehoboth geskiet is. Almal is baie trotse mense daar, maar vat ’n kameraspan na ’n monument toe wat vuil is. Mensig, maak die plek skoon. Daar is wel nie geld om die grasdak te herstel nie, maar maak skoon. Nee man!
Gesien op Facebook. In die volgende verkiesing moet ons stem vir Ali Baba, ten minste weet ons daar was net 40 rowers.
Ek kyk op Youtube hoe oorsese toeriste die mooi stoomtrein op Otjiwarongo besoek. Ek hoor hoe iemand sê dis so ’n mooi lokomotief, het niemand nog gedink om dit te verf nie? Kom TransNamib, doen iets positief. Verf sommer al diesulke treine in ons land en was die lokomotiewe wat so morsig rondloop.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie