SMS'e vir 23 April 2018
SMS'e vir 23 April 2018

SMS'e vir 23 April 2018

". . .ons is al in 2018"
Mandy Rittmann
Psemas, ek dink nie dis reg dat ons so baie vir dokters en spesialiste moet betaal en net 'n klein terugbetaling moet kry nie. Pas julle tariewe aan. Julle werk nog op 2014 se tariewe en ons is al in 2018.



Boere wat hulle beeste wil beskerm en boosdoeners tydens die beskerming en verdediging noodlottig beseer, word summier toegesluit, maar polisiebevelvoerders wat onskuldige kinders doodskiet word teruggeplaas in hulle pos om wet en orde te handhaaf. REGTIG!!! Waar trek jy die streep van reg en regverdigheid en wet en orde? Ek verstaan dit nie. Kan iemand verduidelik?



Namibië Rugby-unie, vra asseblief vir Unam se afrigter (Johan Diergaardt) om die Welwitschias te help. Kyk maar wat het hy met Unam-rugby reggekry. Hy is immers 'n vorige nasionale rugby-afrigter met hope ervaring. Namibië het hope beter spelers as die huidige Welwitschia-span. Internasionale spelers uitgesluit. Of moet die rugbypubliek maar die groot verloortellings week na week aanvaar?



Sokkerbal: Lyk my jy het glad nie kinderdae gehad nie. Dit is kinders wat hulle geniet, probeer jy gerus. Gee net die bal terug, dis al.



If one reads the opinion pages in The Namibian and newspapers in general nobody seems to have the spunk/guts to do anything about the corruption, looting and pillage of taxpayers' money. Not the president or Mr. Jooste or justice system! We desperately need a neutral honest public protector with integrity (if there is still such a person left in Namibia) to save our country which is drowning fast. Help!



Og, McHenry, ons wil ook jou party se kant se stories hoor. Jy belowe net, maar wat het jy bereik? Dis net jou eie ­ondersteuners wat met tax-betalers se petrol in PDM-karre rondry.



Hon. Minister Hanse-Himarwa, we as teachers are suffering severely under the hands of your HR and Finance Officers of Regional Office for salaries. Khomas seems to be the worst.



Wil graag weet watse dissiplinêre stappe Namibiese rugby gedoen het sover nadat afrigter van United- rugbyspan en bestuurslede van Reo Falcons-rugbyklub voor toeskouers mekaar takel. Maak asseblief 'n voorbeeld van die skuldiges en hou die rugbypubliek op hoogte.



Gooi 'n kat uit 'n voertuig? Jy behoort nie in 'n normale samelewing nie.



Helalia Johannes promoted from corporal in the NDF to warrant officer. Her promotion comes after she won a gold medal at the Commonwealth games and is a token of appreciation. Well, if promotions in the defence force are based on sports achievements, God help us in defence situations.



Iran in Namibië met trekkeraanleg? Mense, hierdie Swapo-regering gaan hierdie land in 'n groot gemors insleep. Soveel menselewens is op die spel!



Joos Platt, jou kommentaar op FB stel teleur. Klagte: Mense in ­Rehoboth ry sonder rybewyse. Jou antwoord: As kinders het ons ook sonder rybewyse gery. Jy van almal. Ek is geskok.



Karin Eloff, so 'n bek moet sommer baie jam kry.



Dis 'n eer en voorreg om gehaat te word vir geregtigheid. My God lewe. - Kruisman



Pick n Pay-nuusblad 19/4. Mnr. Garreth Ackermann, asseblief, ons soek PnP terug op Otjiwarongo! Hoekom het julle dit toegemaak vir opgraderings? Nou is dit doodstil.

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 34° Rundu: 21° | 36° Eenhana: 24° | 37° Oshakati: 24° | 35° Ruacana: 22° | 37° Tsumeb: 22° | 35° Otjiwarongo: 21° | 32° Omaruru: 21° | 36° Windhoek: 21° | 31° Gobabis: 22° | 33° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 17° Walvis Bay: 14° | 22° Rehoboth: 22° | 34° Mariental: 23° | 37° Keetmanshoop: 20° | 37° Aranos: 24° | 37° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 36° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 19° | 35° Lubumbashi: 17° | 33° Mbabane: 17° | 34° Maseru: 17° | 32° Antananarivo: 17° | 30° Lilongwe: 22° | 32° Maputo: 21° | 35° Windhoek: 21° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 21° | 28° Johannesburg: 19° | 30° Dar es Salaam: 25° | 32° Lusaka: 20° | 31° Harare: 19° | 32° #REF! #REF!