SMS'e vir 23 Augustus 2016
SMS'e vir 23 Augustus 2016

SMS'e vir 23 Augustus 2016

“. . . klink eerder na visgrate as regte grade . . .”
Gerine Hoff
Bekommerde ouer en onderwyser, die onderwysers van Suide vra aan Nantu kom ons vat die 5% omdat die graad 10- en 12-eksamen om die draai lê, dan kan u verder baklei volgende jaar en nie luister na regering se voorstelle nie. Dit lyk of ons nie belange van kinders op ons harte dra nie. Asb., kollegas.
?
Nama Kultuurfees vind plaas hierdie week in Botswana. In Hardap is die streekvoorsitter en streekraadslede weg op amptelike reis- en verblyftoelae. Kultuurgroepe en Namakinders wat kon gaan sing en dans, bly tuis. Dit gaan nie meer om geleenthede vir mense te skep nie, maar selfsugtige leiers wat elke geleentheid net vir hulleself neem. Gekose leiers wat kompeteer met gewone mense vir elke geleentheid is korrupsie.
?
Wilde diere se stryd om oorlewing in die knellende droogte maak dat hulle desperaat na ’n kossie soek. Vreeslose koedoe in winkel en bobbejane langs teerpaaie breek my hart. Hoe verskriklik honger moet hulle nie wees nie?
?Net die ene hoendervleis vir die hoofopskrif oor ons Namibiese ronnebol meisiekind. Vir juf Kordom wil ek net kortom sê voorspoed vorentoe!
?
Dit bly skokkend! Hoekom kry renosterstropers borgtog? Net om dit weer en weer te doen! Sluit hul weg uit samelewing!
?Ek sê maar net. Ek lees van die NEEEB. Nou luister mooi, ek is half geskool, swaar, baie swaar gekry. NEEEB, jy was nie daar nie. Hard gewerk, iets geleer, geswoeg onder die base. Topsalaris was 4 500 rand, vandag dollars. Drie kinders, huis en ’n skorro-skorro gekoop en voort gesukkel. Nou het ek ’n besigheid gebou vir myself. Trots daarop. So ek weet nie, moet ek nou vir jou ook gee? Ek het niks vir jou nie. Jy moet maar ook hard werk en eendag as God jou spaar, vir jouself sorg. God sorg vir hom wat vir homself sorg. Alle sterkte NEEEB.
?
As mense praat van welvaart skep, “tax” die middelklaswerker minder. Dit sal naas die pensioenverhoging die grootste impak op alle landgenote hê.
?
As ’n mens so luister na sommige sê-goed van ons leiers in die parlement wat glo regte geleer het, wil ek myself verstout om te sê dit klink eerder na visgrate as regte grade van Evelynstraat of dalk van China Town? En dan moet die persone nog ons regering adviseer rakende belangrike besluitneming? – Takuza
?
Mense wat aantygings maak dat ons regering se presidensiële aanstellings slegs sy gunsgenote bevoordeel, is nie vergesog nie. Ons “Chief of Protocol” is peetpa van die president se dogter. Ja nee, wat het voormalige SPYL-leiers gefouteer as hulle sê ons leier is kieskeurig binne die party? Tyd sal alle waarheid nog voor 2017-kongres oopvlek.

Hou op om onderwysers te blameer vir kinders se gedrag. Gaan soek dit by ouers/huise. Ek haal my hoed af vir alle opregte onderwysers wat onmoontlike kinders moet leer/opvoed. Probleem lê by ouers/huise.
?
Annouscka Kordom, so trots op jou. Jy is ’n ware ambassadeur vir Namibië. Jy verdien om ’n beurs te kry en jou drome te verwesenlik. Aan haar ma, jy is ’n goeie voorbeeld vir jou kind. Wys jou net, God sorg vir dié wat ook skouer aan die wiel sit en nie bakhand staan nie. Van nog ’n trotse enkelouer waarvan die Here die pa van my kinders is.
?
Ek bly in Keetmanshoop. Sukkel al vier jaar met kind se boedel om klaar te kry. Is pensioenaris en gaan swaar. Kan iemand raad gee wie om te kontak, asb.?
?
Kan iemand vir ons verduidelik hoe en wanneer het Groot Aub ’n myndorp geword? Almal het nou kleims en vat sand verniet sonder om iets in die gemeenskap terug te ploeg. Wat gaan eintlik aan?
?
Des Erasmus, jy is briljant. Jy is die room van Afrikaanse skrywers. Jou woordgebruik is uitsonderlik en jou fyn humorsin word geniet. Vrydae se Sê Maar Net is ’n hoogtepunt.
– Dries
?Wanneer gaan Otjiwarongo se “traffics” wakker word en iets doen aan die mense wat nie by vierrigting- stopstrate stop nie. Of moet daar eers ’n lelike ongeluk gebeur voor iets gedoen word?
?
Deputy commissionar Otilie Kasmupuulwa, it is now more than a month ago since 3 poachers with 3 oryx carcasses were caught on the Namib Naukluft road to the coast by Nampol with a 4x4 vehicle but they fled by foot. Tell the nation, are they in custody or out on a light bail or still at large? And also the chaplain of Nampol who killed 3 small innocent steenbok . . . In one hand a bible and in the other hand a gun. What happened to him? Also royal game I wonder?
?
Om twee spelers indirek te beskuldig dat hulle bygedra het om hul span te laat verloor, is baie onregverdig. Die feit dat hulle die enigste span is wat soveel punte teen WHS kon aan­teken en dit met 14 spelers vir 20 min. spreek vanself.
?
Genoeg is genoeg! Huurders, julle is afgunstig. My kamers is mooi, groot, skoon en goedkoop. Julle kan nie jul familie inbring om vry te kom bly hier nie. Aikôna, dit werk nie so nie! Gedra jou, dan kan jy vir jare op een plek huur en toon jou respek. Hou op met lelike stories rond toer in Whk. Dronk drink, vensters en deure breek, die plek vuil maak, sal jou nooit ver vat nie. Dan kla jul kamma vir ons by die regering. Onthou, die regering ken jul baie goed. As jul uitgesit word oor jul swak gedrag, wie’s skuldig? Natuurlik jy.
?
Kan die owerheid nie ’n plan maak en die perderesiesplek ver uit die dorp skuif nie? Mans vat laaste broodgeld en wed op perde, verloor alles, kom huis toe, jaag vrou rond oor kos, kinders. Van Maandag tot Maandag. Ek smeek u, baie ma’s sit met die probleem. Nie eens Sondag word ontsien nie. Here, help ons asb.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!