SMS'e vir 23 Augustus 2017
“. . .paaie regtig ’n skande.”
Swanger leerlinge. Dis skokkend, maar wie wil nou statistieke lees van 2013 en 2014? Dit is mos ou nuus. Dis 2017, kan ons nie weet wat nou aangaan nie, asseblief? Selfs 2016 is aanvaarbaar.
Kom prys die gereg as hulle die gewone misdadigers sommer op borg vrylaat, dan sal hulle seker andersom werk. Dit help nie as ons kla nie. - Marula van Tura
Om enige produk suksesvol te verkoop, word gebruik gemaak van advertensies en dit werk! Nou hoekom is ons so dom om te dink dat seksvoorligting die teenoorgestelde resultaat sal lewer? In die ou dae was daar nie seksvoorligting in skole nie en ook geen swangerskappe nie. Ons is besig om ons kinders self te vernietig. (Sent with Loud Effect.)
Dit is nie net smokkelhuise wat armoede aanhelp nie, maar ook ongelisensieerde dobbelmasjiene in elke klein dorpie. En niemand doen enigiets daaraan nie!
Verpeste Weste, voer mnr. Job aan. Wat het die Weste vir die wêreld gebied: telefoon, elektrisiteit, medikasie, transport, ens. Mnr. Job, jy sê raak ontslae van die Weste. As jy siek is of nood het, glo ek jy is die eerste persoon wat hand sal uitsteek na die koloniale lande.
"Kontrakte vir gruispaaie hernu", Republikein, 21 Augustus: Instandhouding is die afgelope sowat twee maande nie op die paaie gedoen nie. Die D2866, D3028 en D3043 in Tsumebdistrik het nege maande laas 'n skraper gesien! Die paaie het ongelooflik verspoel in Desember, Januarie en Februarie; gate en sinkplaat aan die orde van die dag. Ek weier om plaas toe te ry, want my bakkie is al te beskadig. Kan nie glo daar word so agteruit geboer nie!
Ek wil net vra dat die verre Suide nie uitgelaat sal word met die herstel van grondpaaie nie. Die pad nommer 208 kort dringend aandag. Dit is lewensgevaarlik, die pad kort om gegruis te word.
Ons het verlede week 'n Noorde-toer gehad. Ons land is "stunning". Daar was soveel toeriste, vanaf Khorixas, Twyfelfontein, Uis tot Hentiesbaai is daai paaie regtig 'n skande. Dis een van ons land se hoof toeriste-aantreklikhede met die woestynolifante. Ons voertuig het redelike skade opgetel met daardie sinkplaatpad. En ja, die meeste mense ry langs die pad wat mens eintlik nie meer pad kan noem nie. Dis hartseer en mens kry skaam dat die paaie so sleg is.
RFA sê daar is 370 000 geregistreerde voertuie op Namibiese paaie. Sluit dit buitelandse voertuie in wat by die grens heffings betaal? Tel hierdie heffings by, dan betaal die verbruiker reeds meer as 50% van die instandhoudingskoste.
Kan daar asseblief van opgeleide padskraperoperateurs gebruik gemaak word? Gaan kyk in die Namib Naukluft Park hoe die padskraper eenvoudig net reguit skraap sonder om afdraendes en wateraflope in ag te neem. Die laaste bietjie reën het dus onnodige verspoelings veroorsaak.
Is daar iemand by Keetmanshoop-munisipaliteit wat vir ons kan terugvoering gee oor hoeveel geld hulle die afgelope 6 jaar in gevorder het met die uithuur van die dorpskampe? En ook wanneer die kampe weer uitkom op tender. Terwyl inwoners nou so knaend gebel word deur Red Force.
Wil net weet of City of Windhoek verantwoordelik was om die paaie Saterdag 19 Augustus te skraap, want op die Kalk is sekere mense wat nie eens karre het se ingange oopgeskraap by hulle hekke en by sekere mense wat karre het nie. Ons moes self grawe vat en daardie klomp klippies weg steek om ingang na jou erf te kry. Is dit hoe City of Windhoek nou al in Groot-Aub wil gaan maak?
There is a new trick of the trade in a certain supermarket in Grootfontein. Price tags on the shelves differ from the till, 500 gram Rama read N$17.99 and at the till N$25.99, a difference of N$8.00? Last week the same with Stay Soft! Are there no price inspectors? Plain robbery!
Asseblief Stad Windhoek! As julle te lui en sleg is om my watermeter te kom lees, doen ten minste die moeite om 'n gemiddelde skatting op my rekening te sit. Miskien moet iemand vir julle verduidelik wat die konsep van gemiddelde verbruik behels, want dit lyk my dis bo julle vuurmaakplek. Of het julle weer 'n vinnige kontantinspuiting nodig en nou moet julle "captive clientele" weer droog gemelk word?
Big question to all aspiring so called new generation leaders and activists: If you are so much power hungry, why don't you just form your own political party instead of crying foul over top positions in the Swapo Party and insulting leaders of the ruling party frequently? Or is it that you realised that there is no political future for you outside of the Swapo Party? Tow the party-line and respect our leaders and elders or ship out please. From fed-up Veteran in Otjiwarongo.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie