SMS'e vir 23 Augustus 2019
SMS'e vir 23 Augustus 2019

SMS'e vir 23 Augustus 2019

"...moet kom ondersoek."
Mandy Rittmann
Die hele Namibië wil in Windhoek woon! Daar sal aandag gegee moet word aan werkskepping op die platteland, om die menigtes te keer om nie almal in Windhoek te plak nie. Windhoek stuur op ’n ramp af.

"Windhoek voor afgrond": Juis om so iets te voorkom, het die vorige regering instromingsbeheer streng toegepas. Toe word dit afgeskaf. En daar sit julle nou en kla oor julle eie maaksel. Viva! (Die beleid was deel van apartheid en het vryheid van beweging ingeperk. - Redakteur)

The PG decides not to prosecute most people, to only prosecute 2 of 20 dossiers? Also says that witnesses cannot remember after such a long time? Or have died in the meantime? Who’s fault is that? How can one person decide on prosecution? Surely there should be a independent panel from all political parties, otherwise all is open to protectionism and corruption? Mr. Kaaronda and Mr. Smith, please do something about this. Take it to court, people have a right to justice!

Die Afrikaners kan ook die Britse koninkryk aantree vir volksmoord, verwysende na die slagting van Afrikaner-vroue en -kinders in die afskuwelike Britse weermagkonsentrasiekampe. Byna 28 000 Afrikaners is uitgewis, waarvan 22 000 kinders. Wie gaan iets doen aan hierdie gruwel?

Hoekom word die talle motoriste wat op hoofpaaie ry sonder ligte nie beboet nie? Is die spietkops daarvoor ook te swak en te vaak? As hulle hul werk begin doen, sal die regering en munisipaliteite dalk nie voortdurend geldelike probleme ondervind nie.

ACC Swakopmund. Ons wag sodat julle Swakopmund munisipaliteit moet kom ondersoek. Ons bouers kry nie werk nie, want die munisipale werkers kry alles.

Oosweer by die Namibiëse kusdorpe is soos afval eet. Baie hou nie daarvan nie, maar die wat doen, kom weer en weer terug vir nog! – Jan Brand

Geen papiere kan meer opgetel word as almal met donkerbril, das en 'n pak klere moet loop nie. Vullis lê so ver as jou oog kan sien.

Ons werk in oopplankantore. Die geraas is verskriklik, lag, gesels, vertel grappies. Ruil resepte uit, beplan die ete. Is dit normaal? En dis ’n groot professionele maatskappy. Ek wonder net of die mense nie werk het nie en of hul daarvan hou om hul werkgewer se tyd so te steel?

Ons sien sommer weer 6 vleuels in die Durban squad. Wonder maar wie bly en wie gly in plaas van saamgaan as senters WB toe.

Het iemand dalk ’n 2de handse bloeddrukapparaat wat nog in ’n werkende toestand is wat ek kan oorkoop asseblief. Stuur ’n SMS na 081 292 4360 sodat ek u kan kontak. Dankie byvoorbaat. – EdI am looking for a good Samaritan having a laptop that he or she does not use. I don’t have work and my desire is to use it to make a living. I am 23 years old my name is Emmanuel. Please contact 081 039 1231.

Kommentaar

Republikein 2025-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer