SMS'e vir 23 Augustus 2021
SMS'e vir 23 Augustus 2021

SMS'e vir 23 Augustus 2021

"...31 jaar in sinkhuisies..."
Mandy Rittmann
Dis ’n skreiende skande dat mense nogsteeds na 31 jaar in sinkhuisies moet bly. Party in haglike omstandighede. Dis koue, dis reën, ouers met skoolgaande kinders, mense wat hul werk verloor het. Ja, ek stem saam met daardie mense, al grond wat jy sal kry, is jou graf. Daar word nie na julle gekyk of geluister nie. Leë beloftes al vir 31 jaar lank. In my hart voel ek jammer vir julle.

Ek wil net bietjie meer weet. As die Covid-inentings is soos die inentings vir pokke, masels, witseerkeel, kinkhoes, ens., waarom kan kinders nie ook die Covid-inentings kry nie?

Wil tog net iets sê van Gibeon en sy gemeenskap. Hulle is nie ernstig met Corona nie, loop rond sonder maskers. Die bierhuise verkoop die gemmer soos hulle wil. Kan die government tog toesien dat die polisie die luier dinge regmaak en kyk daarna. Dis ’n grap in Gibeon. Kyk daarna.

O mensdom, in die ganske land en afgeleë lande het julle geen verstand. Ja, met maskers om die kiewe en inentings het julle dit mis, want hoeveel dinge veroorsaak dood op die aardse dal en julle beskerm julle kastig teen net een. Dit het tyd geword dat ons teen die laaste vyand moet veg en dié tradisie vereer.

Wil net graag weet of oorlede NBC al wakker geskrik het na die naweek se krieketuitsendings van die Eagles se wedstryde teen Zimbabwe? Vrydagmiddag is die uitsending vir ‘n lang ruk onderbreek sonder enige verskoning. Sondagmôre het die uitsending meer as 15 minute laat begin. En moet die beeld werklik so swak wees? Dit lyk ofdie kameramanne 200 meter of meer van die veld af sit. – Peet Harmse

Kommentaar

Republikein 2024-11-21

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 24° | 39° Rundu: 24° | 36° Eenhana: 22° | 34° Oshakati: 24° | 32° Ruacana: 22° | 32° Tsumeb: 22° | 31° Otjiwarongo: 20° | 29° Omaruru: 22° | 35° Windhoek: 20° | 31° Gobabis: 22° | 31° Henties Bay: 16° | 21° Swakopmund: 15° | 17° Walvis Bay: 15° | 24° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 22° | 36° Keetmanshoop: 23° | 36° Aranos: 23° | 37° Lüderitz: 14° | 26° Ariamsvlei: 22° | 37° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 23° | 31° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 17° | 31° Maseru: 14° | 29° Antananarivo: 15° | 32° Lilongwe: 21° | 31° Maputo: 22° | 34° Windhoek: 20° | 31° Cape Town: 18° | 25° Durban: 21° | 27° Johannesburg: 19° | 26° Dar es Salaam: 25° | 31° Lusaka: 22° | 34° Harare: 20° | 33° #REF! #REF!