SMS'e vir 23 Februarie 2018
SMS'e vir 23 Februarie 2018

SMS'e vir 23 Februarie 2018

“. . .hoe op aarde. . .”
Mandy Rittmann
Minister van Onderwys! Hoe stel u ministerie tydelike onderwysers aan en kan hulle nie betaal nie? By Laerskool St. Isador by Maria Bron naby Grootfontein is daar vier onderwysers wat vir ses maande geen salarisse ontvang het nie. Hoop hulle kry rente op hul geld, as hul dit eendag sal ontvang. Arme onnies.



Die hele Rust debakel is so onregverdig. Ek wil ook weet wat van die bokser wat dronk was en mense se dood veroorsaak het en die vele ander wat erger dinge gedoen het? Rust was ook borgtog geweier? ­Iemand wat moord pleeg, kry baie gou borg? Daar moet gekyk word na die regstelsel. Iets is nie reg.



Ja, hoe op aarde gebeur dit dat onderwysers nie betaal word nie? Hul moet elke oggend opstaan en hul kant bring en wat van hul maandelikse aftrekkings? Dis 'n skreiende skande! Wie doen nie sy werk nie?



Hoe het Geingob die minister aangespreek? Bietjie oor die vingers getik. Verder kan en sal hy niks doen nie.



Feitlik elke dag lees ons van verkragtings wat jonk sowel as oud se lewens verwoes. Hoe hartseer dat die groot oorsaak, alkohol, nog steeds oral en enige tyd aan almal beskikbaar is. Die enigste persoon wat kan help, is president Geingob. Ons mense is stukkend en kinders ly die ergste.



100/100 vir minister Murangi om NSFAF 'n departement in haar ministerie te maak. Tweedens moet betrokkenes deursigtige verantwoording doen met batebeslag indien van toepassing.



Die ratelprentjies is hoogs uitsonderlik. Die eerste twee veral is baie besonders. In albei foto's trek ratel deur die lug. Kyk meneertjie se spieëlbeeld in die water. Net goed. - Oupa Peet



Rateltjie dalk hondsdol? Hoogs waar­skynlik. Maar kan sy vrypostige vuilgoeddrom-maatjie by Halali nie dalk aansteek en mense byt nie?



Die gekerm en gekef en anti-Nama en -Herero uitwissings se goed in die koerante sal ons nooit van stryk bring nie. Die Joodse slagting en ontberings veroorsaak deur Hitler en sy destydse Duitsers het ons almal geskok en ons was bly dat die Jode uiteindelik vergoed was en steeds vergoed word. Nou dat ons Namas en Herero-mense aandring op dieselfde behandeling, word ons in die media gekruisig. “Foward Ever Backward Never!” - Axaro



Te veel van 'n goeie ding kan beslis handuit ruk. Wat is dit met skole- en sottekonserte wat nie tot 'n einde kom? Kinders oefen seker al ses weke elke middag. Dit is uitrustings en wat nog! Kinders is daar om te leer en ontgroening was pret, maar wraggies, om amper 'n kwartaal lank aan 'n sottekonsert te oefen ruk die eier onder die hoender uit. Ouers werk en so moet afgevra word om kinders ekstra te vervoer. Met al die oefen, verwag ek nou 'n konsert wat op London se West End uitgestal kan word en vir 'n Oscar benoem gaan word. Kry asseblief net klaar, dat die kinders by hul skoolwerk kan uitkom.



Die vraag is: Wie koop die gesteelde Telecom-koperkabels by die diewe?



Gaan invoerders melkboere vergoed indien Namibia Dairies toemaak? Dit is tog hulle skuld, as gevolg van die "dumping" van Suid-Afrikaanse melk in Namibië. Ek vra maar net!



Ek wil net sê die mense by "regional office" wat so die drywers van Keetmanshoop-hospitaal sleg maak, hulle moet hul monde styf toe maak. Daardie drywers werk 36 uur aanmekaar. Hulle is 90 persent van hulle lewe by die werk. Omdat hulle min is, werk hulle so. Daardie drywers het 'n passie vir hul werk. Hou so aan, goeie drywers!

Kommentaar

Republikein 2024-11-26

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 19° | 33° Rundu: 23° | 39° Eenhana: 24° | 36° Oshakati: 23° | 35° Ruacana: 21° | 36° Tsumeb: 25° | 37° Otjiwarongo: 19° | 34° Omaruru: 17° | 34° Windhoek: 18° | 32° Gobabis: 19° | 32° Henties Bay: 14° | 18° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 17° | 30° Mariental: 13° | 29° Keetmanshoop: 9° | 28° Aranos: 16° | 30° Lüderitz: 13° | 28° Ariamsvlei: 10° | 27° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 37° Lubumbashi: 17° | 26° Mbabane: 16° | 35° Maseru: 13° | 26° Antananarivo: 16° | 29° Lilongwe: 22° | 34° Maputo: 21° | 41° Windhoek: 18° | 32° Cape Town: 15° | 19° Durban: 16° | 22° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 25° | 32° Lusaka: 19° | 29° Harare: 17° | 25° #REF! #REF!