SMS'e vir 23 Julie 2019
SMS'e vir 23 Julie 2019

SMS'e vir 23 Julie 2019

"...nie mag wees nie."
Mandy Rittmann
Ons staatsamptenare kan nie betaal vir die gemors van die regering nie. Kyk na ure hoeveel regeringsvoertuie is waar hulle nie mag wees nie. Kyk vir wat word die regeringsvoertuie alles gebruik. Moenie die droogte as verskoning gebruik, dit is belaglik. Maak die kabinet kleiner en verminder die kabinetslede se salarisse. Vat aan jul eie sakke en los die staatsamptenare se geld uit.

Gaan die huidige president en die twee gewese presidente, asook die ministers hulle 2% bydra? Ek dink hulle verdien meer as genoeg. Vreeslik dom.

Waar is Namibië sê geld? Al ons geld wat so weggedra word. Vra ons ministers om geld bymekaar te sit vir die ontsoutingsaanleg. Het Duitsland nie al genoeg by gedra nie?

A mind blowing must read article in the Confidente 18 July 2019. Sankwasa tells men to make more babies to grow the economy? Seriously? Article statements are an embarrassment. From a learned person, I studied health planning in Britain. I have a masters degree deputy minister! No wonder the health ministry is in crisis although he is deputy minister of works and transport, huh? Also in Britain we have a piece of Britain which is called Ireland? Seriously? Why big families in Britain work is because the government, economy, systems, schools and people actually work to sustain their families. This article and statements are really a must read!

Is Paulus Noa Director ACC appointed for an indefinite period? I am not surprised that he is not serious about research findings of corruption in Namibia. Time to appoint candidates in this position for 5 years only.

Hoekom moet die Duitsers altyd reg staan? Hoekom nie die Engelse of Amerikaners of ander nasies nie? As daar bakhand gestaan word!

Dit is verpligtend by ons skool in Windhoek om skoolfonds te betaal. Leerlinge wie se ouers nie kan betaal nie, word nie toegelaat sedert laasweek om eksamens te skryf nie. Asseblief minister, gryp in! Die kinders gaan op die straat beland. Daar is ouers wat werklik nie die skoolfonds kan betaal nie. Groot asseblief!

Hoekom moet ons altyd terugkyk en veg vir wat ons verloor het, om dit terug te kry. Hoekom nie laat gaan en aan beweeg met die lewe? Daar sal nooit regtig geregtigheid wees in die wêreld, want mense sal altyd nog truuks doen. Die natuurrampe het ons nog nie eens getref nie, want wie weet nou nie dat ons min reën kry.

Collin, jy weet seker nie dat Hage bang is hy loop Kaptein Hans Diergaardt iewers in Rehoboth raak nie.

Ek staan Saterdag op met ’n lied in my hart, want dis SPCA-stapdag. Opgewonde, want ek gaan 'n SPCA-"kind" vat om saam met my te stap. Ek word ’n woef gegee, maar iets pla. Ek stap net voor ons wegspring terug na ’n dame en vra of al die woefies ’n stapmaat het. “Nee daar is nog ene oor.” OK, gee, ons sal daai woef ook vat. Hier klim die dierbaarste Jack Russel-steffie kruising uit. Ek verloor my hart daar! ’n Vriend deel my mee hy sal my aannemingsfooi betaal. Ek is super opgewonde en kan nie wag om Milo plaas toe te vat nie, hy sal die spasie en ander 3 woefkinders so geniet. SPCA toe, maar die vrou daar is glad nie te vrede dat Milo op die plaas gaan bly nie, net omdat ons nie voltyds daar bly nie, want dan word my diere mos deur plaaswerkers kos gegee. “Vul maar ’n vorm in dan kyk ons”. My hart breek, omdat ek 3 dae uit 7 dae nie op die plaas is nie, is dit nie goed genoeg nie? Wel, SPCA, net soos ek 'n paar jaar terug ’n stuk in die koerant gesit het oor ’n man wat sy Jack Russel mishandel en julle sê daar is kos en water, julle kan niks daaraan doen nie, net so sou Milo kos en water kry elke dag. En nog tonne liefde! Maar nee, oor ’n plaaswerker na my diere kyk, is dit ’n probleem. Net soos ’n bike rally se mense vir julle 1,8 ton kos ingesamel het en julle net 600 kg gevat het en na ’n jaar nog nie die ander kos gaan haal het nie en hulle dit maar aan ander mense uitgedeel het. Ek weet daar is reëls en regulasies, maar geld dit vir almal? Net soos julle mense se plek eers wil sien, maar so gee julle ook Saterdag vir mense ’n hond om huis toe te vat wat net ’n uur of wat voor dit die aannemingsvorm ingevul het. Het julle na die plek gaan kyk? Julle het my hart Saterdag gebreek, maar ek wonder hoe voel Milo, wat weer na ’n hok moes terugkeer?

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!