SMS'e vir 23 Julie 2020
SMS'e vir 23 Julie 2020

SMS'e vir 23 Julie 2020

". . . so wreed . . ."
Mandy Rittmann
Stem saam met MET. Los wilde diere waar hulle is. Die natuur sal self na hulle omsien, al is dit nie altyd maklik nie.

Hoe kan julle 'n bababobbejaan in veld los? Slaap julle lekker? Ongelooflik!

’n Mens is die wreedste ding op die planeet! Hoe kan julle toelaat dat ’n apie (sic.) so wreed doodgemaak word? Magtig, nee.

Wat is aborsie anders as moord? Is ’n rob se lewe dan meer werd? Erg om te sien hoe ’n embrio veg teen die dood in die film Unplanned. Jammer dis verban.

Dit is walglik, die berig oor die twee maande oue baba wat deur haar pa verkrag is. Dit is jammer om die woord pa te gebruik, want daardie dier is die woord pa nie werd nie. Dit toon net weer aan hoe siek ’n groot deel van die bevolking is. Geen waardesisteem bestaan meer nie. Die sogenaamde BLM-beweging spoel baie maklik hul monde uit oor ’n plakkaat wat sê alle lewens maak saak. Hoekom hoor ons niks van hulle wanneer sulke gruweldade plaasvind nie?

Hoe kan enige regdenkende mens so ’n daad pleeg? Hy is ’n dronkaard wat nie verdien om los te loop nie. Hy is satan en verdien nie om los te loop. Ek wens die regering bring die doodstraf terug! - EB

Kan dié Covid-toetse dan nie met byvoorbeeld bloedtoetse gedoen word nie? Die swab-toetse is nie te vertrou nie.

Mnr. Nawaseb en sy Lüderitz-dorpsraad kan vir CoW iets kom leer.

Andy Thompson moet besef Black Lives Matter is ’n rassistiese beweging. In Suid-Afrika skiet swart mense vyf ander swart mense oornag in ’n kerk dood, maar dit matter nie vir BLM nie, want daar is nie blankes by betrokke nie. Hulle kan mekaar maar doodmaak, dit maak nie saak nie, solank daar net nie blankes by betrokke is nie. Dieselfde met geweld teenoor vroue en kinders wat nie aanvaarbaar is nie, maar plaasaanvalle, kapings en brandstigting is oukei.

NFA se sokkersage. Daar gebeur dit toe wat ek vermoed het en geworstel het mee. Hoe skors jy jouself? Die NPL (Namibië Premier Liga, LW sokker) se klubs stem om die entiteit te skors waaruit hulle bestaan! Dis soos die NRU-raad (klubs) besluit om die Skeidsregtersvereniging of klubs in die Premierliga te skors. Nee kyk, ek gee op. Tim Ekandjo ook blykbaar, maar so gaan dit as GRN ’n aandeelhouer in MTC is en gedwing word om sokker te speensuig. - Robbie Thompson

Hou op lelik met die Baai se mense wees, asof hulle Kouwiet bestel het? Beslis nie! Julle bevorder stigmatisering. Daardie karre met WVB merke is dalk meeste mense wat uit hul dorp en streek gesluit is. Kan nie lekker wees vir hulle en hulle se familie nie. Kom ons wees tog net menslik!

Dit is ’n rou lieg nou op TV-nuus. Ek kry net 39 eenhede vir N$100 in Otjozondjupa en nie 48 eenhede.

Iemand van oorsee stap in my kantoor in en vra of ek weet van ’n plaasvoorman wat hy op sy plaas in Namibië kan aanstel, maar dit moet asseblief nie ’n Afrikaner wees nie, want mense in sy land het gewaarsku teen die skelm Afrikaners. En ek kan bevestig wat hy sê, want vandat ek in die besigheidswerêld is, en self my plaas verhuur het, het ek met die skelmkant, onbetroubare kant en selfsugtige en vernielsugtige kant van die Afrikaner te doen gekry. Soveel so dat ek vra: het my volk so versleg? Ek is skaam om ’n Afrikaner te wees. Geen wonder God het Sy rug op die Afrikaner gedraai nie. Nou sê jy alle mense het versleg? Ek het nie ’n saak hoe sleg ander is nie. Ek praat van die Boerevolk.

Kommentaar

Republikein 2025-04-18

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer