SMS'e vir 23 Junie 2017
“. . .in plakkers kampe sit?”
Die staatsaanklaer van Otjiwarongo, mnr. Johannes Nanuheb. Ek as inwoner van Otjiwarongo het so baie vertroue in jou gehad. Ek kan dit nie glo nie. Dis 'n skande. Rêrig!
N$3 miljoen vir 'n begrafnis, terwyl miljoene in Namibië sonder werk is en mense doodgaan van die honger en in plakkerskampe sit? Daar is klaar nie geld nie! Wat het met ons land gebeur?
Staatsamptenare, hoor hier! Psemas gaan nie meer betaal vir privaat hospitale. Net Sentraal en Katutura. Almal gaan nou op standaardopsie wees. Baie dokters weier om ingekontrakteer te wees. My spesialis het my pas verwittig. En ek sit met 'n kind wat baie siek is. Een vraag: Hoekom lê ons ministers nie ook in Sentraal en Katutura nie en hoekom is hul kinders ook nie in staatskole nie? As hulle soveel vertroue in hul eie besluite het.
Ongelooflik! Hoekom moet belastinggeld gebruik word om Ya Toivo te begrawe? Hoekom kan sy mense en Swapo nie daarvoor betaal nie? En dan moet die belastingbetalers se geld ook nog gebruik word om 'n tekort van N$600 000 op 'n bankrotrekening uit te wis. Geen wonder ons land is finansieël bankrot nie. - Eddie
Sê nee vir 3 miljoen vir Ya Toiva se begrafnis! Dis geld wat terug kan gaan na ons land toe. Hoekom moet mense wat sy begrafnis wil bywoon gevlieg en slaapplek gegee word. Moet almal betaal word om na sy begrafnis toe te kom?
3 miljoen vir Ya Toivo se begrafnis. Namibië is darem 'n ryk land, al eet meeste arm mense uit ashope op soek na kos en huise. Ons armes word ook seker nie toegelaat by begrafnis nie. Asseblief! Ons soek net die krummels en oorskietkos.
Otjiwarongo dorp van die jaar. Geluk! Net jammer dat die verkeersbeamptes nie iets wil doen aan die taxi's wat net ry soos hulle wil nie, en die mense wat nie weet hoe om 'n 4-rigting stop te gebruik nie. Kom "traffics"! Werk 'n slag en gee boetes uit vir die wat nie stop nie. Help om ons dorp die beste te maak.
7 000 Chinese in Namibië? Wie glo die minister? So word die landsburgers belieg. Elke dag word onwaarhede in ons keelgate afgedruk. Ons is nie dom nie.
Kan mnr. Van den Bergh asseblief die mediese fonds met wie hy gepraat het oor die ouderdom tot 90, se telefoonnommer verskaf. Ek is ook 'n senior persoon by 'n gewetenlose fonds.
Rusland waarsku dat alle Amerikaanse vegvliegtuie as teikens aanskou gaan word. Die Russiese minister van buitelandse sake Sergey Lavrov het gedurende 'n mediatoespraak deeglik verduidelik hoekom hulle die besluit geneem het en wat dit behels, maar ons media ignoreer dit en gaan luister by die Amerikaners? Wat weet hulle van die Russe se besluit? Hulle hoort nie eers in Sirië nie! 'n Goeie voorbeeld van ons media se geloofwaardigheid as dit by internasionale nuus kom.
'n Mens is verslae met die wanadministrasie, vergrype van sommige hoëlui wat hulle steeds in topposte bevind en geen optrede van nommer 1 om diegene tot orde te roep. Mense, kyk volgende keer na die kandidatelys as van dieselfde elite wat groot eet op Swapo se "pick"-lys verskyn. Moenie toelaat dat julle tussen twee heuwels van donkerlaan getrek word nie, asseblief! Wees waaksaam. Dié sisteem en regering behoort aan andere. Khomas, Hardap en //Kharas, waar is jul eie huis van oorsprong? Geen wonder ons bevind ons 27 jaar buite die Namibiese huis die duistere toekoms in. Eto! Eto! Word wakker ma ti sa ka?
Verwysend na 'n SMS oor kaptein DC Gertze en sy stam wat nie erken word nie, net die volgende: Die //Haboben-stam word deur die regering onder die Blouwes-jurisdiksie erken. Dis net hul huidige kaptein wat nie regeringserkenning het nie, maar groot aansien geniet onder sy ouer Nama-kapteine oor die potensiaal wat hy as 'n jong, progressiewe en visioenêre leier uitstraal en nie eens verdraaide berigte bring hom van stryk nie.
Die beweging vir grondloses verteenwoordig almal wat destyds onregverdig deur die destydse Duitsers, Suid-Afrikaners en nou die Swapo-regering verder vervreem word van hul grond en minerale rykdom. Kyk na die S.S. Nujoma diamantboot. Sien jul enige ander ras behalwe die "executive tribe" op daai boot? Vismaatskappye? "Top jobs"? Beurse? Geel, bruin, kamma-"comrades", waar is julle? "Missing in action!" Haal af die plankbrille. “Made by Swapo in Lubango-Keytamanshopa”.
Dankie vir die leser oor die hoeveelheid voertuie wat elke dag tussen Rehoboth en Windhoek ry. Die 714 voertuie was dus om en by vir 'n uur. So vanaf 06:00 se kant uit Windhoek kan dus dubbel die hoeveelheid wees. Kan dit dalk wees dat om en by 1 500 voertuie elke dag die pad ry? Dan wil ek nie dink hoeveel mense kom werk elke dag in Windhoek nie.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie