SMS'e vir 23 Mei 2017
“...byt jy hoeka die hand wat jou voed?”
25 jaar is verby, nou is daar “Landless Peoples Movement”. Ek glo nie dis nodig om regering te dreig nie. As julle bewysse het dat die grond aan julle voorouers behoort, help die regering met daai bewysstukke. Ons weet ons regering kan nie wet in sy eie hande neem en wettige eienaars verwyder nie of is daar iets teen ons president? Ek vra maar net.
Landsburgers, die regering van die dag is nie ernstig om die plundering van die staatskas hok te slaan nie. Die SME Bank se lenings is die jongste toevoeging tot die GIPF en vele ander. Namibië is gedoem! Geen moraliteit meer van die predikante wat so vokaal was tydens apartheid teen vergrype van welke aard. Hulle is tjoepstil! Seker bang die "war veteran pay" wat hul kry, sal opgeskort word, of hoe? Ek dink die Almagtige weerhou sy seëninge, want die gesalfdes wat sy werke op aard moet voorsit is ge-"capture by the powers that be”. Hoe byt jy hoeka die hand wat jou voed? Its a heartache! - Blackmud
Dis al jare wat ons kla oor beeste op die A1 by brakwater. Die polisie en verkeersbeamtes doen niks! My vrou het Sondag amper haar lewe verloor oor ’n bees wat van onder die "hi-way" oor teerpad gehardloop het. Was dit nie vir die voertuig se ABS, sou ons haar verloor het. So, die eienaar van die rondloopbees, ek sal elke dag een skiet. Dalk sal jy leer om jou beeste van ’n snelweg weg te hou!
Is dit moontlik dat alle spelers van die onder 16 en onder 18 rugbyspanne net uit Windhoek se skole kan kom? Te dik vir ’n daalder.
Die regering kan tog eers die kontrakteurs betaal en dan praat van minimumloon vir werkers. Die kontrakteurs het gestop met werk. Hulle word nie betaal nie. Honderde ongeskoolde werkers is op straat. Harambee, bestaan jy? Of is dit ’n foefie?
Ek vra in die mooi naam! Gee vir ons twee babas, asseblief. Ons het hul nodig soos God ons nodig het. Asseblief, asseblief, gee ons, ons soek twee babas.
Waar is hierdie land se natuurbewaring? Kan julle asseblief tog wakker skrik en iets doen aan ons natuurlewe. Op die grondpad by die Spitskoppe verby na Hentiesbaai word die meerkatte uitgeroei. Mamma-meerkatte word doodgemaak en die kleintjies word dan uitgegrawe en ten duurste aan verbygangers verkoop. Om hulle te red word hulle maar gekoop en hulle kan nooit weer hervestig word nie. Sou jy die kleintjies op ’n ander plek gaan los, sal hul ook dood van honger. Natuurbewaring moet asseblief opstaan en doen waarvoor hulle betaal word. Net om hulle in die hande te kry, is ’n storie. Kry jy hulle, trek hul net hul skouers op.
Nee, ons is moeg vir die "veterans"-kinders. Hulle het hulle se familie. Tot wanneer sal ons ly met die kinders? Die land is 27 jaar vry. Waar is die kinders se ouers? Ons, die Namas en Hereros, ons het ook geveg. Laat onse kinders ook werk kry, nie net een ras nie. Ons is ook arm soos hulle. GRN, kyk daardie ding plz.
Another government failure: TIPEEG! By end 2014 75 % of funds was spent but 80 % of project incomplete? That relates to only 61 of 312 projects completed? Can the Government do anything right? The incompetency, waste and/or corruption of government screams to high heaven!
How is it possible that the Muslims can by an erf for N$300 000 in Groot-Aub to build a church?
Gaan die kasregisterstrokies na voor jy die winkel verlaat. Om weer later terug te gaan of selfs die volgende dag, is nie lonend nie.
Ek dink regeringpersoneel moet skouer aan die wiel sit en harder werk, van 8-5. Kom betyds by jou werk, nie laat nie, en skakel oortyd uit! Dit is moeilike tye en bespaar ekstra uitgawes en belastinggelde met oortydwerk.
Namibië en Suid-Afrika is op die wal van ’n afgrond as gevolg van korrupsie en dit nogal in die staatsdiens. Wat ’n skande!
Hoe lank gaan hierdie debattering van die ELCRN via die koerant nog aanhou? Ons ander lesers stel regtig nie belang nie!
Dankbare kliënt van Tino’s Driving School van Rehoboth: Dankie vir julle diens wat julle lewer aan die gemeenskap. Ons is trots op julle.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie