SMS'e vir 23 November 2016
SMS'e vir 23 November 2016

SMS'e vir 23 November 2016

“Geen wonder goverment is bankrot nie.”
Gerine Hoff
“Groot geld vir reisende politici”: Geen wonder goverment is bankrot nie, want luxury is meer belangrik vir die fat cats. Baie teleurgesteld, ook in nommer drie.



Was pres. Hage se besoek aan die VSA vrugteloos? Al die beloftes wat pres. Obama aan pres. Hage gemaak het, is nou na die maan. Beteken dit dat al die geld wat spandeer is om na die VSA te reis, vermors is?



Die hoofartikel oor vrae oor S&T toelae verwys. Julle slaan die spyker op die kop. Ek sien die soustrein as ''n bemarker wat besigheid moet inbring. Die kostes van die bemarker moet positiewe resultate toon wat sy uitgawes regverdig, maar die spul flenter rond en probeer beïndruk met raadsale waar hulle sukkel om wakker te bly en om hul eweknieë te probeer beïndruk met minderwaardige insette te lewer en dan tuis op eie bodem met woordspeling en valse beloftes die swakker van begrip te paai met moerse lugkastele van Namibië eerste in Afrika om bees na China uit te voer. Hoekom maak hulle liewer nie net plaaslik gekke van hulself nie? Ek sê ook maar net.



Wat verwag jy van ''n wonderlike casino? Sakke vol geld? Nee my maat, net die teenoorgestelde. Bly weg!



Republikein julle is briljant. Uitgawe van 22 Nov., “Jou stem” verwys): Die grafiek ter bevestiging van stemme vir en teen buitelandse besit van grond in Namibië. Doen asb. dieselfde om te bepaal of produktiewe plase wat uitgegee is ontaard het in onproduktiewe, verwaarloosde plase wat niks bydra tot ons ekonomie nie. In plaas van dat suksesvolle boere die land verlaat, sê ek gee buitelandse beleggers – nie die Chinese wat net ons land leegtap nie – en plaaslike suksesvolles die kans om meer grond te bekom en sodoende ons land uit die riool te kry. Die fat cats laat my dink aan ''n hond wat ''n kar jaag: Hulle sal seker eers wakker skrik as hulle die dag ook taxi moet begin ry, want hulle gaan dan besef hulle het die kar nou gevang, maar wat nou?



Krane van Gibeon nog toe, dan praat hulle van ''n CEO?



Ai nee a! Die persoon wat Trump vergelyk met Zuma ens. is darem nie regverdig nie! Gee Trump ''n kans. Hy word eers op 20 Januarie ingehuldig as president. Die media het ''n bose prentjie van Trump geskets, maar mens moet jou nie te veel steur aan sy verkiesingsretoriek nie.



Die stigting van Exodus Evangeliese Lutherse kerk is die direkte toedoen van outokratiese, respeklose styl van huidige leiers. Die lidmate se stilswye vanaf 2007 na die Sinode waarin die kerkorde omvergewerp is, het dinge in ELKRN van beter af agteruit laat gaan. Die beste ding sal wees as die huidige leierskap in belang van die kerk bedank, en dat ''n onpartydige kommissie van ondersoek aangestel word om finansies en die lewens van die pastore te ondersoek sodat reg kan geskied en sommige kinders herenig kan word met biologiese vaders. ''n Ware versoeningspad en waarheidskommissie is ''n dringende opsie om wonde oop te maak en te heel, want is hulle wat buite en geskors is, werklik skuldig? Wat van sommiges wat werklik skuldig is en beskerming geniet onder die huidige leierskap? Net die waarheid sal ELKRN vrymaak. Die exodus sal deur niemand of klipgooiery gestop word nie.



Dit is nie reg dat Rehoboth se polisie op NaTIS se toetsgronde moet oefen nie en nog met die traffic kar nie! Hulle kry die toets met sy antwoord en dan nog petrol, maar ons moet teen duurste betaal om te leer by die driving school en nog gaan druip, want ons het op die grond geoefen en nie by die toetsgronde soos die wat die wette moet toepas nie.



Hervestiging: Die allokering van plase verlede week het dit nou bevestig. Net die governor se familie en mense van haar streek Vaalgras kry plase. Ons hoofmanne moet wakker skrik. Ons hoofmanne moet vir ons opstaan! Is sy net ''n goewerneur vir die Vaalgrasstreek, ons president?



Ek voel die NEEEF-wet is rassisties en net daarop uit om ''n sekere groep mense te teiken. Dit sal ook nie help nie, want die bates en rykdom van die land is nie net meer in besit van blankes nie. Anderkleuriges is nou van die rykstes in die wêreld. Politici maak net die wette sodat hulle wat onder die welaf mense tel, nie onder sulke wette val nie of ook voordeel trek uit dit. Mugabe het so begin en alles tot niet gemaak met sy klipvuis.



Bravo vir Jurie Viljoen wat hy alles sê. Stem saam! Oraloor kan mens sien hoe vuil is dit by/rondom sommige plekke. Kyk ook by parke in Windhoek. Ken mense nie asdromme gebruik of ''n sak saamneem waarin jy/jou weggooi-items insit en dit dan in ''n asdrom plaas nie? Asseblief mense, kry ''n trots in julle.



Jammer, skaam julle oor Vrydag se SMS in die koerant. Nee, jy verstaan nie en weet niks. Sy het op die Facebook gewys hoe sy bergklim in die Kaap. Dan was daar nog die bakleiery in die Visrivier waar ons by was. Bly liewer stil. Gaan die CEO van die village council eis? Kyk hoe lyk die teerpad. Dit is skaamkry?



Hoachanas polisie, rioolwater loop al die afgelope weke in die woonbuurt en die muskiete broei en dit stink, maar hulle steur hul nie daaraan nie. Ken hul nie health risk nie?



Mense, nursing is nie meer ''n beroep nie. Ek gaan slaap by my boyfriend uit terwyl ek on call alleen aan diens is. Hoe klink dit? Kom die volgende oggend. Shame.



Stem saam met Jacqueline Louw se “Lesse van my grootouers”, sommer my ouers ook! Kosbare onthou/herinneringe wat mens altyd kan koester. Dankie vir die mooi om te onthou.



By die Invest in Namibia-konferensie onlangs was ''n sekere man van die buiteland, ene David, wat baie positief was oor ons land. Kan ons hom asb. nooi na Groot Aub om ons te help met ons waterprobleem? ''n Klein deel kry 2 tot 3 keer water per week en die res moet maar ly omdat niemand omgee nie.

Jy wat so kla oor wêreldleiers, hou op om te berou dat jy gebore is en probeer eerder elke dag voluit lewe en iets positiefs van jou eie lewe maak. Om die situasie van die wêreld rondom jou die skuld te gee en te kritiseer, gaan nie vir jou ''n oplossing gee nie.



Dit sal baie goed wees vir die land en sy mense as ons meer geestelike sangers kry. Dan sal ons land meer geseënd wees.



Ek wil net die personeel van Komnic & Frank bedank vir hul vriendelike diens aan die Suide se mense.



Wil net vir Albertus Reyneke (Bart) dankie sê vir jou uitstekende diens by Bank Windhoek Maerua Mall.



Antw. op 11 November se SMS: Moet die 2 polisiemanne elke dag wagstaan in die straat om die straatkinders op te pas? Ons weet wie jy is. Jy sien mos hul sit voor die TV. Los die stories en gaan op jou knieë en bid vir die straat se kinders. Ons het gebed so nodig, nie die afbreekstories nie. Aan die 2 polisiemanne: ons weet jul is die beste. Gaan voort met jul werk. Trots op julle 2.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!