SMS'e vir 23 November 2018
SMS'e vir 23 November 2018

SMS'e vir 23 November 2018

". . . klaar 'n woestyn!"
Mandy Rittmann
Woudreuse: Hierdie onbevoegte regering is besig om hierdie land ten gronde te rig. Het een al gaan oplees hoe lank een boom moet groei om te kom waar hy in kubieke meters kan meet? Alles val voor die Chinese en niemand sit dit stop nie. Waarheen, Swapo-regering?

Die ontbossing van kiaat- en rooshout. Die probleem is nie wie kry hoeveel nie, alhoewel ons plaaslikes duidelik uitgebuit word. Die probleem is die ontbossing self. Die bome vat honderde jare om te groei! Ons land is al klaar ’n woestyn! Hierdie stropery vind oral in Afrika plaas en ons sien net so vêr soos ’n paar misrabele dollar! Ai! Is daar dan niemand in ons staat wat bietjie verder kan dink nie?

Shocking! The devastating, uncontrolled deforesting of our country. Our precious 200’s years old trees! 161 permits approved for 600 trees per species (that is Kiaat, Rosewood, Teak) that’s 1 800 trees per permit, times 161 permits adds up to 289 800 trees, every 4 years? Well goodbye forests, wildlife and tourists to the north. Hello greed and desert! Shame on you government for killing the few beautiful ancient forests of our country and for what? Greed! It is your duty to preserve nature, not kill it! Do the loggers also dig out the roots or just leave the stumps to look like a graveyard? Remember no trees no rain!

Die slagting op ons paaie is maar net ’n uitvloeisel van die algemene wetteloosheid van die meeste Namibiërs. En vir die toepassing van die landswette is daar ook net een woord voor, pateties. Ek sit agter ’n polisieman wat sien hoe ’n verkeersoortreding reg voor hom gepleeg word en ’n ongeluk amper plaasvind. Wat doen hy? Skud net sy kop en ry verder. Vroeër jare het die polisie ook voertuie gehad wat die paaie tussen dorpe patrolleer het. Wat het van hulle geword?

Ek is baie teleurgesteld in die ministerie oor die agteruitgang van die perde. Daar is soveel natuurliefhebbers ten gunste van die aanteel van die woestynperde en daar is nog geen planne gemaak met die hiënas nie. Die aanteel van die woestynperde sal daar nie wees nie. Droogtetye is almal daar om hulp aan die perde te gee, om te keer vir die uitsterwing van die woestynperde. Hoekom kan die hiënas nie ge-"dart" word en kus toe verskuif word nie? Die hiënas kan dan help met die skoon hou van ons kusgebiede. Wat gaan oorbly vir ons nageslagte?

Kan die lys met die name van al die hervestigtes nie in die koerante geplaas word, sodat almal kan sien, want nie almal van ons het toegang tot die webwerf van die ombudsman nie.

Hoeveel padongelukke en padsterftes moet nog as gevolg van die gevaarlike draai in Avis gebeur, voordat CoW ’n 80 km/u-bord, chevronteken of oranje flikkerlig daar oprig om motoriste te waarsku?

Die minister van gesondheid, asook Namfisa sal dringend moet ingryp om die styging van mediese kostes in bedwang te bring. Mediese fondse en hospitaalplanne se premies styg jaarliks met twee tot selfs vier keer die koers van inflasie. Hoe mense met kinders en veral pensioenarisse dit steeds kan bekostig, is ’n raaisel. Die staatsmedies is tans in ’n totale gemors en ’n mens wil liewer nie eers oorweeg om jou medies op te sê nie. Veral hospitale en spesialiste se tariewe is heeltemal buitensporig en ek is die mening toegedaan dat dit nie meer oor die pasiënt gaan nie, maar oor hoeveel ek per operasie in my sak kan steek. Dis skandalig! Dis goedkoper om liewer dood te gaan.

Iets moet gedoen word omtrent die vermorsing van water in Seniorpark. Pype word aan vergeet terwyl daar tuin nat gemaak word. Asseblief, doen iets hier aan, ons het nie water nie!

Swarthond ja ons rond, nou word ons ouderlinge. Dit sal jou nie help, lang pad het ook sy einde. Lol.

Hoekom wil die bestuur van ’n sekere privaat skool op Rehoboth regsadvies inwin voor onderwysers kan betaal word? - Bekommerde inwoner

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!