SMS'e vir 23 November 2020
"Wat kos dit?"
Wonder net waar is die lyste van al die kandidate van alle partye wat ECN dan belowe het, of kan die koerante dit publiseer asseblief? Ons moet tog weet vir wie stem ons, ongeag watter party! Groot asseblief!
Stembriewe op laaste nippertjie oorgedruk. Kan hulle niks ordentlik doen nie?
Stembriewe oorgedruk. Wat kos dit? Drukkers druk niks sonder ‘n handtekening op ‘n proef nie. Wie was daai hopelose onbevoegde persoon? Liewe aarde man, dis ons arme belastingbetalers se geld wat alweer uit die venster gegooi word! Nee man!
Is dit nie die verantwoordelikheid van die Verkiesingskommissie om toe te sien dat die inligting op stembriewe korrek is nie? Nou blameer ECN die kandidate en partye vir die foute. ECN, erken julle swak werk. En weereens moet die belastingbetaler opdok vir hierdie nalatigheid.
Swapo kan vergeet dat ek vir hulle gaan stem, want hulle is pateties en onbevoeg om ’n land te regeer. Sies, wat ’n skande!
Lank terug het dr. Ian Scheepers ons gewaarsku alleen gesinsbeplanning, beter onderwys en harder werk sal armoede uitwis. Nie die politici nie.
’n DStv-program word op die eerste van ’n maand betaal vir dertig dae, maar program word op die nege-en-twintigste gesny, moet dit so wees? Kan dit verduidelik word, om byval by leke te vind.
Edgars. Selde online as jy wil betaal. Laaste keer kon ek betaal, maar hulle kon nie vir my sê hoeveel ek moet betaal. Vandag wil ek vir N$200 koop net om meegedeel te word dat ek net op rekening mag koop vir meer as N$300. Laaste keer dat ek Edgars toe gaan.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie