SMS'e vir 23 Oktober 2020
SMS'e vir 23 Oktober 2020

SMS'e vir 23 Oktober 2020

". . . uit die hel . . ."
Mandy Rittmann
Ai tog Henk Mudge van RP. Jy het sopas veroorsaak dat julle my onbelangrike vote verloor het. Jy klink nou soos Donald Trump. Ons kan nie slimmer wees as al wat ’n scientist nie. Mense blameer vir Trump omdat so baie mense siek is in Amerika. Moet asseblief nie vir ons in Namibië laat glo dis bog nie. Mense dra al klaar nie maskers nie en neem ons government nie ernstig op nie.

Ek kyk na ’n plaasmoord op ’n jong egpaar en tweejarige dogtertjie. Ek kan die moordenaars se optrede verstaan, want hulle is uit die hel, maar wat ek nie verstaan nie is watse God laat so iets toe. Net ’n sadis kyk na so iets sonder om in te gryp.

CoW, daar word links en regs grond verkoop oorkant Omeya, vanaf 710 vierkante meter tot 1 hektaar. Die grondwater word uitgeput en die area val mos nou onder julle stadsbeplanningsvoorskrifte.

Of dit aardverwarming is of wat ookal, die erge hoë temperature in die binneland van Namibië is ongekend en ongehoord. Senior persone sal dit sterk moet begin oorweeg om maar see toe te verhuis. Met temperature van oor die 40 grade wat in die binneland heers (met 'n opwaartse kurwe onafwendbaar) raak dit ’n gesondheidsrisiko vir mense. - E Compion

Daar is al hoe meer bewyse dat ’n groot persentasie van die PKR Covid-19-toetse vals positief is. Al hoe meer dokters en wetsgeleerdes se YouTube-videos oor Covid-19 word binne 24 uur afgehaal. Wat is hier aan die gang? Word die bevolkings getoets? Hoe sal hulle reageer op Fascistiese regimes?

Gender Base Violence word nou as prioriteit aangespreek, maar sekere vrouens moet weer vrou word, sodat die vrouens weer gerespekteer word.

ACC. Please don’t let the terrible FishRot disgraced get away and go free in December. The big fish still needs to be exposed.

Kommentaar

Republikein 2024-11-22

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!