SMS''''e vir 23 September 2016
“. . . KIDS nou skielik TE OUD . . .”
Baie eienaardig dat die Freedom KIDS nou skielik TE OUD is om te leer. Kids word mos nie met vaardigheid en kennis gebore nie. Wees eerlik! As julle opgelei is, het julle nie meer rede om net op julle herkoms te teer nie. Dan moet julle soos almal werk.
?Weer een van die mense wat rêrig nie weet wat aangaan nie. Los ons Namaleiers uit. Om die waarheid te praat, beteken nie dat die leiers teen Swapo is nie. As u nie goeie inligting het oor sake nie, bly maar stil. Lyk my in hierdie land kan mense nie ’n graaf ’n graaf noem nie, dan is jy teen wie. Ons raak tog moeg vir sulke sinnelose argumente en sêgoed wat mense deurmekaar maak en vrede versteur in die land.
Laat Namibiërs ’n SMS-kompetisie hou sê vir N$3 en geld word gebruik virbeskerming van renosters. Jongste renostertjie word na wenner vernoem.
Social Security Fund that become Social Security Commission, we the workforce and our employers who’ve been loyal contributors to this fund have been left out in the cold after going into retirement. We get a once off N$5 000 pay out – finish and klaar. We were promised pension and medical care but all in vain. All of a sudden N$11.3 million is made avaible for so-called Struggle Kids who never contributed to the fund. This I would say isabuse of power! – Ranger
Zander 21/9 se koerant: Ag ou boetie,word groot en begin belasting betaal, dan sal jy gou agterkom hoe belaglik jou opmerking is. – Reeds uitgedorde belastingmelkkoei
Slypskool vir munisipaliteite: Ek lees van dié wat teenwoordig is. Wonder waar is Otjiwarongo se mense?
Zander is duidelik nat agter die ore en praat deur sy nek. Die belastingbetalers by wie hy nou bakhand staan, het almal betaal vir die voorreg om posies te bereik wat hulle in staat stel om belasting te betaal. As jy gratis klaar studeer het, gaan jy dit nie waardeer nie. Volgende gaan jy betoog vir ten minste ’n bestuurspos want jy is “qualified”. Dan betoog jy weer vir ’n groter salaris en omdat jy moet werk, want jy is gewoond jy kry alles verniet. O ja, ek het vergeet van die gratis erf, huis, vrou en kitsgesin. Ons lewe in die werklike wêreld en nie in feetjieland nie.
Met leedwese gelees van Alita se dood. Tog so hartseer! Mag die Heer haar familie, vriende en kollegas versterk en vertroos in hierdie tyd, want dis net Hy wat dit kan doen. Ek voel regtig saam met julle. Die lied wat Juanita sing “In die Hemel” dra ek spesiaal op aan julle. – Julene
Innige dank vir die SMS wat ministeries en instansies uitdaag vir antwoorde – daar moet ’n forum ingestel word wat SMS’e beantwoord en ook openbare debatvoering hanteer. Kortom, dit istyd vir “a public discourse”.
In 2008 registreer ons maatskappy ons eerste werker by Social Security” Elke maand betaal hy sy bydrae nou al vir 8 jaar. Skielik word sy van by Social Security verander. Die fout word reggestel. Volgende lys van werknemers wat ek ontvang, is hy heel afgehaal. Ons korrigeer dit weer. Dan is sy van weer verander. Die werknemer gaan self na Social Security met sy ID. Die fout word reggestel. Nou is ons weer by “square one”. Na twee jaar se bakleiery bly die werker se van verander.
Ja, arme Keetmanshoop. Jy word ook die titel van Hoofstad van die Suide ontneem net omdat jy so vuil is. Maar wie moet die skuld kry?Dit is omdat die vullishoop geprivatiseer is, die hekke word gesluit. Waarheen nou? Ek sou voorstel plaas groot vullisdromme by die straathoeke vir tuinvullis. Asb. K’hoop munisipaliteit, red die mooi dorp van die Suide. – Trotse inwoner
Ek is so bly die Namahoofmanne het partypolitiek eenkant toe geskuiwe en as volk bymekaargekom om die nasie eerste te stel, nie Swapo of DTA se politiek nie. Is dit nie ons eie regering wat die Namas en Herero’s misken in hul strewe om geken te word in die “genocide”-sage nie? Destyds toe ons voorsate die Duitsers die stryd aangesê het, waar was vandag se selfverklaarde helde? Owamboland was destyds nie onder beleg nie, Nama- en Hereroland wel. – Verkyker
Dit is werklik skokkend dat ’n Nama-sprekende Namibiër praat van DTA- en Swapo-hoofmanne. Die hoofmanstelsel is met die onafhanklikwording van Namibië beëindig. Die “genocide” is ’n wettige saak op sy eie wat niks met Hage of die regering te doen het nie. Die parlement van Namibië het besluit dat die regering nie betrokke sal wees nie. As u rêrig ’n Nama is, moet u dadelik die Namaleiers ondersteun.
Die persoon wat spoedwalle in Nickelstraat wil hê, ry sekerlik ’n klein motortjie. Spoedwalle en ’n vol gelaaide vragmotor werk nie lekker saam nie, en walle is erger as die vinnige verkeer.
In Suid-Afrika het hulle nou die “#datamustfall campaign”. Interessant wat ons betaal vir 1GB data in vergelyking met ander lande. In Nigerië so laag as N$70 terwyl ons amper N$300 vir 1GB betaal. G’n wonder MTC is so winsgewend nie.
Baie dankie aanCable & Speedo vir die kabel vir ons oefenapparaat wat gratis verskaf is. Dit word opreg waardeer. – Schanzen Oord-inwoners
Hoe verwag ons munisipaliteite moet dinge verbeter as ons nie vir water betaal nie? Persoon doen aansoek by ons en vorige werkgeldjie was te min. Nou verdien persoon niks nie. Selfde tyd word die waterrekening vir ons gewys en die skuld beloop N$40 000? Hoe sal dit kan betaal word en hoeveel ander met dieselfde storie? Ek weet nie.
Wil net die persoon antwoord wat die SMS oor “Swapo Nama-hoofmanne buig voor DTA-hoofmanne” gestuur het. Mnr. of juf., dit is baie duidelik dat u nie weet wat aangaan in die Namastamme nie. As u ’n Nama is, sal u nie sulke aantygings maak nie. Daarvoor het die Nama–leiers die NTLA gestig om die armoede in Namaland aan te spreek. Vind eers uit voor u begin beskuldig. Huidig gaan dit nie oor Swapo of DTA nie, dit gaan oor die bevordering van Namas se regte in hierdie land. U is nou besig om mense te wil deurmekaar maak. Doen jou huiswerk goed voor u sulke aantygings maak en ons leiers wil sleg maak. U lewe nog in die verlede.
Last year we municipal pensioners received our meagre pension late in November 2015 with tax pushed to higher rates. We hope this year the board of directors will put a smile on the faces of the owners of the fund – the pensioners – to cope with life’s struggles in this trying times. – Municipal pensioner
Welgedaan aan die deelnemers aan die eerste vaardigheidskompetisie, maarhoe lyk die wenners?

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie