SMS'e vir 24 Augustus 2017
SMS'e vir 24 Augustus 2017

SMS'e vir 24 Augustus 2017

“. . .so swaar gelaai en oorlaai. . .”
Mandy Rittmann
Daar moet gekyk word na wie gaan geld maak uit die nuwe oorplaatjievereistes. Sulke dom regulasies het altyd ’n knoeiery onderliggend.

Republikein 22 Augustus 2017 se hoofopskrif: “Té veel swanger leerlinge.” Ek dink nie daar moet een swanger wees nie. Die opskrif laat dit klink asof dit reg is, sou daar minder swanger wees. Ek wou maar net sê.

Betreffende swanger skoolmeisies. Wil net weet wat met die pa’s van daardie babas gedoen word. Te dikwels is dit volwasse en selfs ouer mans wat presies weet dat die meisies gaan swanger raak as hulle met die meisies seks het. Kom hulle dan nog steeds weg sonder om ten minste onderhoud te betaal?

Ons pragtige land se ekonomie het die inkomste uit toerisme broodnodig! Ongelukkig is die grondpaaie veral tussen Sossusvlei, Swakop en Damaraland (eintlik oral in die land) erg verwaarloos, absoluut ’n riller en lewensgevaarlik. Regering, skraap asseblief Namibië se grondpaaie, want dis tot almal se voordeel!

Ongeluk by Otjiwarongo waarin seun gesterf het. Meneer die drywer, as jou sleepwa nie so swaar gelaai en oorlaai was nie kon jy dalk die ongeluk vermy het.

Job, ek hoop net nie jy dra die verpeste Weste se klere en skoene nie.

Sjoe, 1 550 skoolmeisies in Namibië swanger! Ek het gedink hulle leer, maar dit lyk meer of hulle teel. Skande!

Of Swapo tienduisend oorlopers kry of permanente sekretarisse hernoem word na "executive directors" onder ’n Swapo-regering wat met paleisrewolusie worstel, maak geen verskil. Daar is geen politieke wil om die vele landsprobleme aan te spreek nie. Die stryd om die hart en siel van die party en om gepaardgaande seëningetes te verwesenlik, is belangriker. Die maan en sterre skyn al hoe dowwer bo die Namibiese lugruim. Wyl die son goeie nag sê aan die berge gaan ons die duistere toekoms in, geen sonopkoms, goeie nag vir altyd? - Nmlndr

Net die volgende aan die meneer wat so teen Martin Dentlinger te kere gaan. Jy kan by die Kaptein se kantoor gaan kyk na die duisende aansoeke van Basters wat registreer onder die vaandel van die Rehoboth Bastergemeente. "Mob justice" gaan nie vir Rehoboth werk nie. Dié gebied gaan selfbeskiking kry onder bestuur van die Kapteinsraad. Die Basters het grond wat hul tradisionele en soewereine nalatenskap is. Dis baie duidelik dat die regering misluk het in leierskap. Feitlik alle ministers is nou groot grondbaronne en plaaseienaars.

Politici en weggooidoeke moet altyd omgeruil word en dit vir dieselfde redes. (Iewers gesien en net vertaal). - Axaro

Ek wil net weet van die munisipale raad van Karasburg. Ek het hulle al 'n paar keer gaan vra om die straat voor my huis langs ook te skraap. Al die ander strate word geskraap, maar net dié een nie. Hoekom belowe hulle jou ons gaan dit doen, maar doen niks daaraannie? Van Karasburg.

My Yokki is toe vermoor en uitgebrand . Maar dankie aan almal wat help soek het! - HWO

Well done, Paulus Noa. Vang die bleddie skelms.

Die MTC-kompetisie: Is dit net vir mense met bestuurslisensies?

Bestaan Telecom nog? Mens bel verniet die Iway-nommer. Al wat jy hoor, is musiek of is al die mense met verlof?

My seun wil graag boks. Indien iemand die name en of die nommers van boksklubs in Windhoek het, sal dit so waardeer word!

Namibian boxers if you want private advice on boxing skills contact Samuel Shimbuli on 081 747 7075.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!