SMS'e vir 24 Augustus 2018
SMS'e vir 24 Augustus 2018

SMS'e vir 24 Augustus 2018

". . .die mees gevreesde. . ."
Mandy Rittmann
Soos ons almal weet, is die Windhoek westelike verbypad die mees gevreesde en gevaarlikste pad in ons land. Sal straatligte vir die gedeelte wat die besigste is nie help om dit veiliger te maak nie? Veral naby Rocky Crest en Unam?



Munisipaliteit, asseblief! Verwyder die naam van Robert Mugaberylaan en sit die naam van Kofi Annan op. Hy is een "hero" en niet Mugabe nie!



Hoekom is kerkaktiwiteite skielik voorbladnuus? Daar was honderde SMS'e oor deurnag-, steurende huiskerke. Belangstellende owerhede, begin u ondersoek by die aantal oproepe na City Police oor huiskerke. Hoeveel klagtes is opgevolg en opgeskryf?



Terwyl die Namibiese rugbyspan met bloed en sweet vir die 2019 Wêreldbekertoernooi gekwalifiseer het, kan die NRU en die Nam Rugbymaat­skappy nie oor 'n afrigter vir die ­Curriebeker besluit nie. Pateties! Het die wedloop vir plekke op die WB-trein reeds begin?



Ons in Hardapstreek wil asseblief net weet hoe lank vat dit om "resettlement" briewe te kry, want die plase is al opgedeel op 15 September 2016 en //Kharasstreek se plase se mense het briewe gekry. Of moet ons eers wag vir die lys van die Ombudsman? Ons wil vir Agribank-lenings aansoek doen. Asseblief.



Geluk Moria en WHS met julle sportmangees tydens en na die wedstryd.



Mr. Hage Geingob, please wake-up and look at your broken, corrupt, rotten, Sodom and Gomorra, murder and looting country. You lied when you said you will stamp out corruption. Read the papers please! Every day new horrendous corruption exposed and u do nothing? Security/army who have free reign has fishing quotas for 18 years already. What next? You are living in luxury but failing your people miserably. Shame on you!



Los die spekulante uit en hou op vee van kleinboere in te neem in ruil vir drank of dwelms. Spekulante ry tot op die plase en onderhandel regverdig. Die keuse bly nog steeds die eienaar s'n om te verkoop of nie. Dis 'n vrye land en 'n vrye mark. Eto!



Ek as 'n trotse Moria Privaatskool-ouer wil net sê watse wonderlike skool ons het. Dis die skool met die beste onderwysers, beste onderrig en die kinders is almal voorwaar trots op Moria Privaatskool. Van 'n troste Moria-ouer.



Padvarke: As daar tussen dorpe groot borde verskyn met 'n telefoonnommer waar padvarke se motor-registrasienommers gerapporteer kan word, sal mense twee keer dink voor hulle kanse vat.



Ek haal die SMS van die leser aan wat sê die vieslike taal wat hulle mekaar toegesnou het, besig mens nie eers teenoor jou huis- of plaaswerker nie. Dit laat my weer eens besef dat ons pragtige land bitter baie kort om 'n normale samelewing te word. Tragiese uitlating. Wat 'n mentaliteit!



Dit is jammer dat die moddergooiery tussen WAP en WHK Gym se o.19 Superliga-rugby plaasvind, dit as gevolg van skeidsregter, wat die wedstryd sleg hanteer het en eenogig was.





Veels geluk Welwitschias, dat julle gekwalifiseer het vir die Wêreldbeker-rugby in 2019. Namibiërs, ons moet ons nasionale span ondersteun asseblief!



NBC, julle het vir ons die Wêreld­beker-sokker op TV gewys. Beplan tog vir 2019 om ook vir ons die Wêreldbeker-rugby te wys. Asseblief! Ons eie span speel darem in dié reeks.



Vervolging van Christene het al in Bybelse tye plaasgevind. Belydende Christene sal volgens die Bybel in die laaste dae (dis nou) toenemend vervolg word. Hoofinspekteur Davonsech kan gerus die verdagmakery en heksejagtery los en haar en haar kollegas se kragte meer produktief aanwend teen die huidige vlaag van misdaad en geweld wat in ons land oorneem. – Pietrossie



Waar het die renoster (bladsy 3 gister) haar “facial” laat doen? Tog te oulik. – Pietrossie



Ek voel so jammer vir die WAP eerstespan-rugbyspelers. Hulle blydskap en vreugde word nou gesteel.



Deur aan sport deel te neem, behoort kinders te leer dat mens beide suksesse en teleurstellings in jou lewe kan ervaar. Hul leiers behoort die voorbeeld te stel. Die wenfaktor behoort nooit so groot te word dat jy jou menswaardigheid verloor nie. Gaan leer gerus by WHS. Hawie Engels, hulle kan by jou kom kers opsteek.



MTC, dis nou 17 minute oor een en julle stuur vir my 'n SMS die tyd van die nag. Nee, dis nou nie die eerste keer nie. Ek is 'n senior burger. Dis onaanvaarbaar. Asseblief, laat dit die laaste keer wees.



Ek is op soek na Henry Cloete, oorspronklik van Rehoboth. Sy ma se naam is Sophy. Ek weet nie wat haar getroude van nou is nie. Kontak my dringend. – 081 306 3523

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!