SMS'e vir 24 Februarie 2017
“. . . net nóg ’n onnodige middelman . . .”
Hoe is dit moontlik dat daar sedert 2006 nog nie 'n beter plan met die Hardapdam gemaak is nie? Dit is eenvoudig onaanvaarbaar dat in hierdie dorre land net 70% van die dam se kapasiteit vir die opgaar van water benut word. Dis 'n verdomde skande dat 'n swak plan van 11 jaar gelede steeds aan die orde is. Kry tog kundiges om die probleem behoorlik aan te spreek en weg te beweeg van die patetiese noodplan van 2006.
AMTA se verliese (Namibian Sun, 23/2): Wat 'n verrassing. Hulle kan maar verskonings oral soek. Feit van die saak is dis net nóg 'n onnodige middelman wat geld kos.
Namibië is 'n wenner onder wêreldreisigers, ons besef nie aldag hoe “lucky” ons is om in so 'n mooi land te bly nie, al is die droogte ook hoe swaar, dit bly 'n asemrowende plek.
Ja, die dop en dampie mag dalk nou duurder wees, maar dink jy dit sal mense minder laat rook en drink? Not a ticky.
Ek geniet mnr. Pretorius se goed nagevorsde geskiedenisbydraes geweldig. Net jammer dat party mense dit luidrugtig weerlê sonder enige bewyse tot die teendeel (dalk bloot omdat dit nie inpas by my “truth” nie?).
Eurowings: Jippee, nóg kompetisie!
NPL: Goeie nuus dat Doeseb sy tassies gepak het. Dalk sal sokker nou weer 'n bietjie herleef.
Hoe op aarde is dit moontlik dat die piramiedeskema-hofsaak al meer as 10 jaar sloer? Wie doen nie hulle werk nie?
Dis //Kharas en nie Karas of //Karas nie!! Wanneer gaan mense begin reg spel?
Tydsverandering: As die mense gepraat het, kan die MPs mos nie anders besluit nie? Wat was dan die punt van almal se insette, as ons, die publiek, se mening nie in ag geneem word nie?
Welgedaan! Nou is die boetes reg vir die stroop van ons olifante en renosters. Wag vir die eerste oortreder wat 20 jaar gaan sit. Gooi sommer die seldeur se sleutel ook weg.
Staatspensioenfonds N$97 miljard. Welgedaan, mnr. Nuyoma. Gee nou vir ons lede darem vanjaar minstens 10%. Ons verdien dit. Dit is tog immers ons geld waarmee u so mooi woeker.
Die persoon wat sê Stefan Mans is geen held nie verstaan nie. Stefan het 'n vrou te hulp gesnel. Meeste mense stap verby en wil nie betrokke raak nie. Stefan Mans is 'n held!
Is Minister Mutorwa ernstig om kommersiële landbou in Namibië te bevorder? Dit lyk geensins so as 'n mens kyk na sy optrede met die samestelling van die Meatco-raad nie. Daar is nie tyd en plek vir belaglike strafmaatreëls in hierdie bedryf nie. Mnr. Mutorwa, jy is nie besig met 'n klomp kinders soos in jou skoolhoofjare nie.
“Kwaai olifant druk man dood.” Wat 'n aaklige manier om dood te gaan. Hulle sê mos 'n olifant onthou almal wat al kwaad aan hom gedoen het. Laat mens wonder. Nou is dit alweer die arme olifante se skuld wat so “vernielsugtig “ is.
Dis 'n goeie ding dat dop en dampies duurder is. Mense kan maar ophou drink en rook, maar maak net vleis en groente goedkoper, asseblief tog. Ons kan nie meer nie!
Stefan Mans, ek gee jou 'n pluimpie vir jou optrede. Die polisie jaag deesdae met toe vensters en is in elk geval nooit sigbaar op straat nie.
Rus in vrede, E.T. Meyer.
Nantu-hoofkantoor: Die unie se voertuig word misbruik in //Kharasstreek. Die voorsitter was op Kersdag met familie by Seeheim. In die week ry sy seun vir privaat goed op en af in dorp. Is die kar vir persoonlike of werksdoeleindes? Antwoord asseblief, voor ons die ACC inlig.
Ninja Mans, jy is 'n voorbeeld vir ander mense. Baie mense staan agter jou. – Karate Kallie.
'n Skouspelagtige sonsverduistering Sondag? Kan nie wag nie! Wens julle wil meer sulke stories plaas – dis baie interessant.
Dit sal nie sin maak as tyd nie gaan verander en skooltye moet verander. Dink aan ouers wat kinders moet op- en aflaai by skole en werksverpligtinge moet nakom. – Afgetrede skoolouer
Graag antwoord ek op die SMS in u koerant rakende arbeiders in dorpsraad. Hulle is BAIE, maar totaal onbevoeg om hul werk te doen. Die burgemiesies ry 'n N$700 000 Fortuner. Waar dink u moet hulle geld kry vir 'n padskraper? Probleem is hulle het 'n goedgevestigde dorp gekry, maar geen onderhoud aan die eens pragdorp nie. Jy sien dit oral in die land. Die vee van paaie is nie in hul “job description” nie!
Pres. Geingob & alle MPs. Julle kan wintertyd kanselleer, maar dan moet julle die skole se tyd verander vanaf 1 Maart tot 30 September. Deel die land vertikaal in drie. Skole in die Ooste sal nie geaffekteer word nie. Sentrale skole moet dan 30 minute later begin. Skole in Weste moet dan een uur later begin.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie