SMS'e vir 24 Januarie 2018
SMS'e vir 24 Januarie 2018

SMS'e vir 24 Januarie 2018

". . .die ou storie."
Mandy Rittmann
Ek weet die o.19-krieketspan het seker die bes moontlike voorbereiding gehad en die spelers is ook goeie sportmanne. My vraag is net, hoekom kan ons nie eers die mas opkom teen Zimbabwe nie. Ek wil regtig nie kritiseer nie, maar waar lê die fout dan?



O nee, asseblief, moet tog nie Usakos se polisie na ons dorp stuur nie.



Ek stem heeltemal saam met die twee persone wat in Maandag se koerant oor die “genocide” saga geskryf het. Dit grief my tot in die diepste oor die geldgierigheid. Ek hoop Duitsland weier om te betaal, want hulle gee al so baie vir Namibië.



Stem met Rina Horn saam! Kyk hoe lyk Windhoek. Fotos in koerant daagliks van vullis, water en baie ander. Dis 'n skande vir munisipaliteit! Doen asseblief jul werk en kyk na die agteruitgang van plekke in Windhoek!



Die Rus, Alina Zagitova maak skoonskip by Europese figuurskaats-kampioenskappe, terwyl sy net 15 jaar oud is! Haar 238.24 punte maak haar 'n aanspraakmaker op goud vir die Olimpiese Spele volgende maand. Ja, as jy goed is, is jy goed. Dis maar wors! - Sors



Ek maak geen lelike opmerkings aangaande enige ou mens nie. Ek is 88 jare jonk en loop met 'n kruk. So ek het 'n groot kruppel in my stap en geen huppel. Ek is egter net baie realisties en dalk bietjie ondeund! - Matuzalag



Zimbabwe en Suid-Afrika is nou besig om korrupsie uit te roei, wat van Namibië?



Donald Trump probeer Amerika red van die instroming deur ongure ­karakters. Ons regering hou die goeies wat die land kan opbou buite, maar lok al die ongures binne. Lank lewe Trump.



Ek wil net uitvind hoe lank vat dit dat jou “government pay” van Nampost na 'n bank oorbetaal word? Het 'n bankrekening en dis al die 2de maand en nog nie ge-“pay” nie.



Dit sit nie in elke man se broek om 'n leier te wees nie. Swapo-dorpsraadslede kon tot dusver nie regkry om Khorixas te bestuur nie. Al wat hulle baie goed kan doen, is om oor posisies te stry. Skrik wakker en doen wat julle belowe het. Die kiesers wag op jul leë beloftes.



Inwoners van Windhoek moet vir die munisipaliteit hul werk doen. Vir drie maande is geen waterlesing geneem nie en ons watermeter is op die straat en toeganklik. Toe ek verneem hoekom hul nie die lesing neem nie, maar belaglike bedrae skat vir waterverbruik, trek hul net hul skouers op.



Appeal in German flight instructor murder: Murderers were jailed in 2014 for a brutal murder in 2005, 9 years after the crime. Now 4 years later they apply for appeal to reduce 20 year sentence where law stipulates 14 days after sentencing and the law is allowing this? What kind of a justice system do we have here?



Die kerke moet opstaan teen korrupsie, sodat die probleme van geld­stelery 'n einde kry in Namibië.



Keetmanshoop-munisipaliteit! Kan julle asseblief iets doen met die klomp “potholes” in die straat van Don Bosco en die “Governor” se kantoor. Dis al meer as twee jaar.



Baie dankie, Mario, jy is maar net 'n staatmaker. God het jou nie per toeval in Rehoboth geplaas nie. Vandag met die brand weer gesien jy is 'n groot held. God seën jou, Beast­master.



Nee man! Die Namibië se spelers se pas en aftrekballe, hulle gee net vir my kopseer as ek hul “game” kyk. Manne, julle speel swaar en “celebrate” vroeg.



Daar word weer in RSA betoog teen buitelanders. Die dag kom dat hier ook betoog gaan word teen die onbeheerde instroming van Chinese wat besighede oopmaak en groot regeringskontrakte kry. Soos dit nou gaan, sal daar nog Chinese ministers wees en oor 'n klompie jare dalk 'n Chinees as President.



Pluimvee-verhaal. Hopelik sal die beskerming en monopolie van die Namibiese hoenderbedryf opgehef word. Namibiërs word geensins bevoordeel. “Fatcats” word gekweek, winste in een segment van werkers geploeg en net 'n heenkome vir Suid-Afrikaners geskep.



Maak maar die grense oop vir alle hoender produsente. NPI se monopolie baat geensins die huisvrou nie. Pryse bly hoog.



By Auas Road op pad na Rehoboth daar waar Matamanstraat na Cimbebasia indraai (teenoorgestelde rigting van indraai die bosse in), word “drugs” daagliks gesmous aan tieners. Daar is ook 'n onwettige blyplekkie opgerig, maar weereens tree owerhede nie op nie.



Ek wil net hoor oor die Chinese steenmaakplek. Hoekom is hy nog nie toe nie? Kasupi, hoekom vertel jy leuens op die radio? Bouwerk by die skool in die lokasie is al laasjaar klaar. Hoekom is die Chinas nog ­besig? En hoekom kom die Chinas net die room afskep? Die Here sal nooit die land kan seën nie, want die leiers is te skelm.



Die wilde perde was voor die hiënas daar? Hoekom beheer die ministerie nie die hiënas se getalle nie?



Getroude mans en vroue! Wat soek jul naweke tot watter tyd van die nag op straat? Kom sluip voordagure in. Jy is 'n lafaard, geen selfrespek, onopgevoede buffel. Dink net aan jouself en soek fout by die ander een. Bly by jou huis, die langste pad het ook sy end. Trek die skoen aan.



N$34.00 vir een avokado!



Indrukwekkende sontoring by Uping­ton en glo eerste in Afrika. Plaas asseblief 'n berig, dat ons regering en Nampower daarvan bewus word, want ons het genoeg son in ons land.



Mariental spoorweë kan nie ons goedere aflewer nie, want hul bakkie se lisensie het verval!



Ons in Bethanie moet net self erwe gaan vat, want die “Council” bou 15 huisies in die rivier by die dooie mense, lag. Skande vir die bestuur.



Sal graag wil weet waar die pa die drie onwettige vuurwapens gekry het, sodat die persone ook vervolg kan word.



Ek stem heelwat saam met die leser wat kla oor hoe vuil Grootfontein is. Op elke hoek van die strate is daar rommels vuilis en net omdat dit so vuil is, staan die mense en pie net soos hulle wil. Laat NBC-televisie asseblief kom!



Middag, Namibië se vriendelike mense. Ek soek tog groot asseblief 2dehandse handboeke van Lingua College. Ek soek boeke van Travel and Tourism. My nommer is 081 811 8949.



Ek het plus-minus 200 VHS videokassette (outydse video's). Indien daar iemand is wat dit kan gebruik, ek skenk dit, dit kos niks. In Swakopmund beskikbaar. - 081 2936199



Ek vra maar net of daar iemand is, of die Reserwe Bank van Suid-Afrika, wat na hul ou randnote soek. As daar seker iemand is antwoord met u nommer, dan kan ek vir u bel. Dankie.



Hi, ek is tog op soek na 'n stootkarretjie “second hand”. As u het bel my tog by 0812452377.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!