SMS'e vir 24 Januarie 2019
SMS'e vir 24 Januarie 2019

SMS'e vir 24 Januarie 2019

". . . besmeer met beesmis . . ."
Mandy Rittmann
Dis ’n skande, om te dink ’n skool doop kinders deur hulle te besmeer met beesmis en hulle goed te laat drink wat hulle siek maak en die onderwysers dink dis ’n grap. My brein is te klein om so iets te verwerk. Wreed!

Hierdie ontgroenstorie by skole walg my. Kinders moet vir drie weke hul skooldrag omgekeerd aantrek en 'n kartondoos rond dra met skoolboeke daarin. Wie het die meeste gesag, is dit die skoolhoof of leerlingraad? Lyk na laasgenoemde. Skoolhoof, staan op asseblief!

Die Khomasstreek se gerekenariseerde salarisstelsel van die ministerie van onderwys is tans morsaf en derhalwe word menige onderwyser se salaris vertraag. Ons ly! Leer niemand dan tog iets daar nie?Die enigste Government printers in Windhoek en almal in die regions word toegemaak. Waar moet ons staatskole gaan afskrifte maak? Die PS van Ministry of Works, Minister of Works, gryp asseblief in. Ons skole sal “suffer”.

Mense, wat gaan aan in onse land Namibië? Hier verrys sjebeens, kerke, skole en motorwerkswinkels soos paddastoele in en rondom dorpe. Dan is daar nog om elke draai vroedvrouens, pastore, geloofgeneeshere, sangomas, toordoktors, rehab-sentrums en beraders vir elke kwaal en skeet. Almal vra geld en ook baie daarvan. Of is dit dalk maar net die nuwe geslag entrepreneurs? - SAS&H

Geagte president en SG en Kharigus. Die versoek van ons Rehoboth Platteland-kiesafdeling. Ons is moeg oor die doendinge van raadslid Riaan McNab, maar daar word niks gedoen nie. Die Swapo-party se naam ly daaronder. Elke tyd hoor ons van Hanse-Himarwa en raadslid Wambo se doendinge, wat van raadslid Riaan se dinge? As Swapo weer vir Riaan volgende jaar kans gee, sal ons na Swartbooi se party gaan. Vra vir Theo Diergaart. Swapo, doen ondersoek op die grond. Ons kiesers is nie dom soos in die ou tyd nie.

Koop en verkoop van huise op Oranjemund. Kan iemand asseblief sê wie die proses terughou? Namdeb en GRN het alle toestemming reeds gegee, volgens bronne.

Sedert Junie 2018 kry ek geen meer van my maandelikse pakkies vanaf Engeland nie. NamPost gee Johannesburg se poswesestakings die skuld, maar ek dink die fout is hier. Treurige lot.

Rössing Pension Fund surplus. Republikein dated 22 January 2019 refers. This scam started in 1994. The extra RPF surplus was transfered to RPF (stolen legally) and now distributed to non ERPF members, no formula used. We are trough two court cases plus an appeal case. This whole exercise is a scam and should have been reported to the ACC.

Rössing-myn se pensioenfonds word volgens die jare uitbetaal. Die surplus word gelyk onder die werkers betaal.

Wie se broer is die onstabiele polisieman en wanneer hoor ons van die wilddiefstal, steenbokke wat by 'n polisiekapelaan gekry is?

Seniorpark-inwoners. Asseblief, hou tog op. Hierdie land is al 29 jaar onafhanklik en nog altyd word hier gediskrimineer. Hierdie plek is vir ons almal bedoel, alle rasse mag hier bly, hou tog op om so te skinder. Ons is grootmense en almal Namibiërs. Laat ons mekaar respekteer ongeag die kleur of ras.

MTC-kompetisie. Hoe kan ek die 101-geldstelery stopsit? Jy kan maar vir drie ure bel en niemand antwoord nie. Ek het al die vriendelike dame by Tsumeb-tak gevra en sy het al twee keer probeer, maar dit werk nie. Ek het al ’n SMS gekry wat sê ek het gekanselleer, maar die volgende dag steel MTC weer en ek kry weer hulle flou grappies.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!