SMS'e vir 24 Januarie 2022
SMS'e vir 24 Januarie 2022

SMS'e vir 24 Januarie 2022

"...nie 'n vyf sent..."
Sanet de Waal
Ontgroening het ons dissipline, selfstandigheid, respek en goeie morele waardes geleer. Kinders van dese het geen van die bogenoemde nie. Kinders besluit vir ouers, dreig ouers, slaan of baklei met ouers en geen waarde vir enige iets in ons samelewens nie. Die ouers wat kla oor ontgroening word deur hul kinders gedwing om op te tree. Vroeër was ons bang vir ons ouers en het groot respek getoon, vandag is dit andersom. Een rede hoekom ou mense en politici nie na 60 wil rus nie, is omdat ons nie leiers uit die jeug kry nie. Hulle is klakouse, by wie sal hulle gaan kla as president of stadsklerk. Kyk in ons land, hoe jong leiers afgebreek het. Vandag word kinders nie grootgemaak soos die verantwoordelike ouers van ouds nie.

Maak kwaadwillige oriëntering by alle Namibiese skole ’n misdaad! Gewoonlik was die boelies wat junior leerlinge boelie self erg geboelie tydens oriëntasie toe hulle juniors was.

Ek hoop privaat besighede pas vaksien-mandate ernstig toe. Oningeëntes hoef nie gedwing te word om hul te laat inent nie, hul voorregte om by besighede in te gaan moet net beperk word! Kyk hoe vinnig laat hulle hul inent.

Laat die volgende president die demografie van die land weerspiëel sodoende andere ’n kans te gee om die land te lei. Eerste en tweede presidente was mos nou van die meeste bevolkingsgroep, wat 15 + 10 altesaam 25 jaar lank regeer het, derde president is mos nou besig met sy 2de termyn om sy 10 jaar vol te maak, dit sal onregverdig teenoor die ander groepe wees om weer van dieselfde twee nasies gelei te word. Wanneer kry onse Kavango-, Herero-, Zambezi-broeders en andere ’n kans vir One Namibia One Nation? No go areas? (I quote) too many wrongs can’t be right just because it’s accepted by a majority.

Kan die vervaardiger van Happy day (medicine) nie self sy advertensies behartig op KAISAMES. Ouderling Michael Haman moet liefs die Bybel adverteer. Geagte hoof van Damara/Nama-radiodiens die betrokke advertensie pas nie by hom.

Mense hoekom moet julle so gemeen wees, om vir jou naaste ’n polis uit te neem en nie ’n vyf sent by te sit as die persoon dood nie. Jy het geen gevoel nie. Ja, jy het elke dag gebid die Here moet daardie persoon vat. My hart is seer, nie oor jou geld nie, oor die mens wat dood is. Jy en jou gesin het gebid dat die persoon moet dood, maar God sluimer of slaap nie. Hulle sê mos, die een se dood is die ander se brood, maar jy sal nie verby die regter se stoel gaan nie, jou nag sal bitter wees.

Julle kan maar sê wat julle wil, ontgroening is barbaars en moet onder toesig wees. Leerders het te veel mag en onnies laat dit toe (nie almal). Ek weet waarvan ek praat, ons lewe ook in ’n nuwe eeu.

Baie dankie aan Checkers se pannekoekbaksters vir hulle puik en vriendelike diens. Waardeer. - Me. D. du Toit

Uitstekende diens! Toekie Shaenda by GIPF in Windhoek, baie dankie vir jou vriendelike en uitstekende diens!

Kommentaar

Republikein 2025-01-15

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 19° | 31° Rundu: 19° | 36° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 16° | 34° Tsumeb: 20° | 33° Otjiwarongo: 14° | 30° Omaruru: 15° | 30° Windhoek: 16° | 29° Gobabis: 20° | 35° Henties Bay: 17° | 20° Swakopmund: 16° | 17° Walvis Bay: 16° | 20° Rehoboth: 18° | 33° Mariental: 20° | 35° Keetmanshoop: 17° | 34° Aranos: 20° | 37° Lüderitz: 14° | 25° Ariamsvlei: 16° | 34° Oranjemund: 13° | 23° Luanda: 26° | 28° Gaborone: 21° | 28° Lubumbashi: 17° | 23° Mbabane: 15° | 18° Maseru: 12° | 29° Antananarivo: 18° | 26° Lilongwe: 20° | 24° Maputo: 19° | 27° Windhoek: 16° | 29° Cape Town: 16° | 22° Durban: 17° | 23° Johannesburg: 15° | 25° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 18° | 29° Harare: 18° | 24° #REF! #REF!