SMS'e vir 24 Julie 2018
SMS'e vir 24 Julie 2018

SMS'e vir 24 Julie 2018

". . .dienste nie verskaf. . ."
Mandy Rittmann
CoW, julle het 'n kontantvloei­probleem, maar tog is daar geld vir 'n 8% verhoging vir niks doen en julle het geld om straatname te verander. Hoe werk dit?



Munisipale amptenare se verhogings. Darem dik vir 'n daalder! Inwoners moet opdok vir tariefverhogings, sodat die uwes gerieflik verhogings kan kry! In die moeilike tye! Erg verby!



Cota-koor, ek is baie trots op julle. Ek is 'n 65-jarige tannie en kry sommer lus om saam met julle te gaan sing. Baie geluk.



Windhoek-burgemeester, hoe kan u julle salarisse verhoog terwyl dienste nie verskaf word nie?



Mevrou, hoe kry u dit reg om vir mnr. /Uirab te “fire”? Wat van Abba en Kahgab? Ek sukkel nou jare om my erf afgehandel te kry en hierdie twee maak net beloftes. Ek het 'n brief ge-"mail", geen antwoord gekry nie. Ek was die 22ste Mei by julle en hulle het belowe dit sal twee weke neem, maar toe my seun na twee weke daar was, sê hulle dit is 'n lang proses. Mooi vyf jaar, regtig? Ek noem dit korrupsie, nie “office”-politiek nie. Gelukkig het ek daardie gesprek “record”. Mevrou Nathalia, ek wag vir 'n oproep van jou.



Subject: Students after graduation. I want to understand whether students are having agreement with the government after completion of their tertiary education to be given jobs? Some of them even refuse to do jobs. They are not qualified and every time you hear they are going to give petition to the government to be provided with jobs. They must petition the private sector, because most of the time you will hear that the private sector only need people with experience. I want to propose to the students to accept any job while you are looking for the job you are qualified for and don't just aim to start from the top.



Ai, NBC! Ek het onlangs in 'n koerant gelees dat NBC vir Norah Appolus N$1 000 per uur betaal vir haar dienste. Kry sy ook so baie geld vir haar stem op die TV by die gedenkdiens in die parlement se tuin? Groete, oom Piet



Hendrik Witbooi en Nelson Mandela sal uit hul grafte opstaan as hulle kon sien watse gemors nou in Namibië en Suid-Afrika aan gaan. Wat 'n skande!



A new training centre for nurses in Kunene while we have an established and well managed National Training Network (NHTC) with four Regional Training Centres (RHTCs) designed to serve the whole Namibia. Dear minister of health, it does not make sense.



Thanks Mr Venaani for your in-depth, substantial and genuine memorial tribute to our late memorable icon. What more could have been revealed if you were with him between 1958-1962.



Die meneer wat op werk 'n "stroke" gekry het. My man het vier jaar gelede ook 'n "stroke" op werk gekry. Ses dae in hospitaal, nooit weer gesond geword en gesterf. Ek het sy gereedskap by die werk gaan haal. Geen bydrae met dood, geen uitbetaling. Ek het 'n gestremde seun, en ek moet aansukkel. Regtig, die werke moet kan uitbetaal. Sê maar net. Dankie.



Weet iemand wat het van Rooies Mostert en sy onafgehandelde sake geword? Verneem hy sit in Amerika. Sy dogter bly daar. Hy sou mos al drie maande gelede teruggekom het Namibië toe.



Lt.genl. S. Ndeitunga moet 'n SMS-lyn instel waar ons die lui, dronk, onproduktiewe, korrupte, onbevoegde en onvriendelike polisiemanne kan rapporteer.



Troeteldiere, veral honde in komplekse, is uiters steurend! "Body ­Corporates" lê die reëls neer en eienaars mag nie aan huurders toestemming gee om troeteldiere aan te hou nie. Almal woon baie na aanmekaar. Om eiendom te koop of te huur is baie duur, en om rusverstoring daarby te voeg, is 'n baie groot probleem. Onmin tussen inwoners oor troeteldiere is uiters onaangenaam. Hou troeteldiere uit komplekse!



Kan persoon wat meneer met die "stroke" inligting gegee het my ook help asseblief. Met wie kan ek praat oor langdiensverlof en “severance packages” na 15 jaar diens? Werk­gewer wil nie betaal nie.



Premier Liga-wedstryd Suburbs vs Rehoboth. Skeidsregter swak, swak! Nee man!



Is dit reg dat 'n ouer in die klas instap en oor 'n meisietjie se stories op 'n kind vloek? Die kind is bang om skool toe te gaan en sy kry nagmerries.



Vrou met bles: My ousus het dieselfde probleem, en sy is aangeraai om lewer en grondboontjiebotter te eet vir die sink of iets. Bles kan ook deur hormone veroorsaak word as jy 50 of ouer is.



Die deurskyn pakkie dadels by Woolies het my gekaap. Ek verloor kop en betaal 58 dollars vir net een ou pakkietjie. Daar was sewe (7) dadels in. Veggies s'n is goedkoper, maar is tannebrekers. Nautedam se boere, waar is julle se dadels? - Oom Peet



Confidente: Health overspends by 18,5 million after reshuffled permanent secretary Andreas Mwoombola pushed tender for HIV test kits for 24 million, where the cheapest tender was 5,5 million? And that while disregarding ministry's warning about flouted tender procedure? If that is not blatant corruption, what is? Somebody should go straight to jail, not investigated, suspended, reshuffled or disciplined. The country's government is riddled with open blatant corruption and nobody has gone to jail or were made to pay back the money. Or is that part of the plan of economic enrichment? Words fail me.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!