SMS'e vir 24 Maart 2021
SMS'e vir 24 Maart 2021

SMS'e vir 24 Maart 2021

". . . die groot bulle . . ."
Mandy Rittmann
Namibië is 'n pragtige land en ons het soveel om voor dankbaar te wees! Ja, ons het 'n stink vis in die water en hier en daar 'n moord en roof en mense wat skade ly en seerkry, maar dis klein kalfies in vergelyking met die groot bulle wat in ons buurland Suid-Afrika en in die res van die wêreld rondloop. Ons moet waardeer wat ons het! Don't sweat the small stuff! - Trots Namibies



Ai, watter drama om 'n voertuig op jou naam te kry? Police clearance maak eers 08:20 oop. Het eers vorms gesoek, kom eers half 12 uit. Roadworthy booking vir 10:00, kom eers 12:00 uit. Ten minste vriendelike mense. NaTIS-lisensie om voertuig op jou naam te kry? Kom half nege daar, 2 rye van 50 meter; net 10 gaan in en wag 'n halfuur vir die volgendes. Intussen moet mense koes vir reën. Uiteindelik binne – net een van 3 counters oop vir lisensies. Mense raak amper handgemeen. Mevrou hanteer net een of twee persone en verdwyn dan vir 5 minute. Dankie, ek was 13:00 klaar, vanaf half nege? NaTIS is baie bad, maak asseblief plan!



Hier in Rehoboth se wêreld kan mens nie meer met niks boer nie, want dies wie se ma en pa satan se kinders is, steel so dat mens nie meer uit boerdery 'n lewe kan maak nie.



Ek is diep in die Noorde. Werk vir Ministry of Education, hostel-werker. Ons wag nou vir 2020 se laaste kwartaal se overtime. Ons hoor net overtime is op hold gesit in die tyd van Covid-19, wat ons so hard werk en nou werk ons nog overtime. Help, help.



Dit maak nou regtig geen sin nie. Die skole sluit Woensdag die 5de Mei vir die onderwysers. Die 4de Mei, die Dinsdag, is 'n vakansiedag? Regtig mense? Dan hammer ons op beplanning.



Tandepastabuisies krimp van 100 ml per buisie na 'n lang, slanke buisie van 75 ml, maar die prys het met 'n hele 25ml gestyg!

Kommentaar

Republikein 2024-11-15

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 31° Rundu: 20° | 34° Eenhana: 21° | 34° Oshakati: 23° | 33° Ruacana: 20° | 30° Tsumeb: 21° | 33° Otjiwarongo: 20° | 31° Omaruru: 25° | 34° Windhoek: 20° | 31° Gobabis: 21° | 33° Henties Bay: 16° | 24° Swakopmund: 16° | 17° Walvis Bay: 16° | 23° Rehoboth: 22° | 34° Mariental: 23° | 37° Keetmanshoop: 22° | 38° Aranos: 23° | 36° Lüderitz: 16° | 28° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 20° | 34° Lubumbashi: 18° | 33° Mbabane: 16° | 31° Maseru: 14° | 30° Antananarivo: 13° | 32° Lilongwe: 19° | 32° Maputo: 19° | 33° Windhoek: 20° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 18° | 27° Johannesburg: 16° | 29° Dar es Salaam: 25° | 31° Lusaka: 19° | 29° Harare: 16° | 26° #REF! #REF!