SMS'e vir 24 November 2016
“Op wie se gewete rus dit?”
Wat gaan met mense aan wat diere so laat hongerly! Kan seker nie onkundigheid of droogte wees nie want dis manne wat al naby sestig is en lank boer. Geen wonder dat die werkers ook net so behandel word nie.
Wat is fout met ons regstelsel (wat veronderstel is om ons te beskerm) dat ’n man wat reeds twee keer aangekla is vir verkragting vry rondloop en ’n vier maande oue baba verkrag? Op wie se gewete rus dit?
Wintie, weet nie of jy met ’n wit kierie loop nie maar duidelik sien jy nie hoe meeste Afrika-lande agteruit gaan. Die arrogante westerlinge moet biljoene jaarliks inpomp vir vooruitgang. Gaan kyk hoe lyk dit daar.
Wat is fout daarmee dat daar ’n vierde Lutherse kerk in Namibië gestig is? En om te sê Pastoor Thaniseb het die kerkgemeenskap in Rehoboth verdeel is glad nie die ware verhaal nie. Ebenhaeser gemeente Rehoboth is al lankal verdeel. Biskop /Gamxamub, kom vra maar in blok E. Hoeveel het nie by ander kerke gaan trou en kinders gedoop as gevolg van die reëls van ’n sekere pastoor nie. Behoort die naam Luther net aan die ELKRN of wat? Die hoofkantoor van die ELKRN is bang dat daar nog wegbreek-gemeentes gestig sal word. As die ELKRN die eienaarskap van die naam LUTHER in ’n hof kan bewys gaan voort. AMEN
Rust weer borgtog geweier - dit skree na rasisme! Daar loop hoeveel moordenaars en verkragters op bail rond vry om weet te moor / verkrag! Een verkragter wat al vir 2 klagtes op bail uit is verkrag weer baba van 4 maande! Hoe siek is ons gereg?
Geingob vergader met oudsoldate: Ek lag! Vies!? Namvet behou die reg om die dienste, leiding en advies van internasionale organisasies soos VN en wêreldhof, Hague ICC, vra N$3 miljien net om sake te registreer. Wêreldhof werk nie sulke sake nie. NV sal sê dit is Namibië se saak! Waarom betaal soldate nie Adu. Vlieghe se N$2000 vir konsultasie fooie nie? Weer gee ek my SmartCard nommer. Oudsoldate ry hul vroue se pensioene agter Amabutho aan! King Freego
Munisipaliteit Tsumeb stel asb. ’n epos adres of ’n SMS-lyn bekend vir watermeterlesings. Ons sukkel ons dood telefonies. Tsumeb inwoner
Die verduideliking wat die minister gegee het na klagtes oor Telecom se swak internetdiens is pateties! Totaal irrelevant! Kry asb. iemand wat verstaan waaroor die klagte gaan om namens jou die antwoord te verskaf?
Hoera! Uiteindelik het ons ’n streeksdirekteur gekry wat sy plig teenoor sy kollegas en medemense nakom. Nog nooit in die geskiedenis van //Kharas het ons ’n leier gehad wat op die vlak van ons nederige mense gedaal het nie. Oud opvoeder en ander bitterpille het u ook ’n positiewe bydrae tot onderwys in u tyd gelewer? Direkteure en andere het destyds op papier bestaan en nooit die omstandighede op die grond geken nie. Dalk moet ons nuwe brille kry om ontwikkeling raak te sien want ons ou jaloesiebrille belemmer dalk ons sig.
Die Eksodus Lutherse Kerk in Rehoboth is nie die eerste wegbreek-gemeente van die ELKRN. Die Rynse Evangeliese Lutherse Kerk (RELK) is ’n wegbreek-gemeente van die ELK-Paulus Gemeente Rehoboth. Wyle past. Jakobus Beukes toe leraar van die Bontkerk het in 1989 weggebreek van die gemeente en die R.E.L.K gestig. Alles gebeur vir ’n rede. Vandag word past. Edward Thaniseb so met klippe gegooi dat jy wonder wat kry die mense daaruit. Mense in veral blok E praat nie met mekaar a.g.v van die skeuring nie. As jy by Eksodus gemeente iets bywoon is die mense kwaad vir jou grootmense. PS: Ons dien een God.
Pupils going to school in tatters at Ndilokelwa school - shame on the parents! There is no shame in being poor and old clothes but all it takesis a needle and thread!
Dit was oor radio Damara/Nama afkondig dat mnr. DC Gertze Blouwes gebied sal besoek om na mense se probleme te luister. Maar dit is weer eens bevestig by die vergadering op Tsawisis dat Gertze wel geld by die oumense bedel. Dit is nie duidelik vir watter of wie se prokureurs die geld die keer ingesamel word nie maar dit is nog steeds nie regverdig teenoor ons oumense om Kerstyd geldelike bydraes vir ander mense se hofsakke te gee nie. N$250 is redelike geld vir oumense. Toon asb. respek as Christene. Dankie
Ek stem saam. Bly weg van casinos.
No wonder the office of the Master of the High Court is such a mess. It appears the Master herself works permanently for the GIPF considering all the committees she serves on.
Hoop maar net die plaaseienaars skiet nie op die gemors nie. Hulle sal vir jare toegesluit wees. Dis dan seker ook die oplossing vir die grondkwessie.
Hermanus van Wyk (broertjie) is drie maande nie meer met ons is nie. Graag wil ek almal bedank wat ons bygestaan het in die tyd van rou. Dit is die Buys-begrafnisonderneming, die Welman-, Beukes-. Ochuizen-, Buys-, Izaaks-, Van Wyk- en Morkel-gesin. Nogmaals baie dankie. God seën. –Elrico Kotze.
Ek soek hulp by mense wat meublemente by B35 Nautilus gekoop het by my broer of vrou van die Forbes-familie. My kleinkinders smag na die handewerk van hulle oupa Tommy. Help asb. Kontak 081 399 6445. Vol vertroue daar’s iemand wat sal waardeer.
Aan watter plant groei tandepasta? Die plant het sekerlik ’n bedreigde spesie geword. In die laaste 6 maande het 100ml tandepasta se prys vanaf N$6,99 tot N$7,99 en nou tot N$8,99 geklim. Enige maak by enige winkel. Absoluut belaglik hoe verbruikers ingeloop word.
Net ’n vriendelike en ernstige vraag. Waarom is ons van Freedom Square van Cons. Mensah Williams na Kandjii geskuif? Asseblief ons soek goeie redes. Kandjii sien ons nooit as ons hom nodig het nie. Hy ken net sekere mense. Genoeg is genoeg! Kom jou pligte na Kandjii asb.
Hanekamstraat se dwelm smouse kan gerus ophou. Dwelmeenheid doen jul werk asb. Dis grootdae. Mense lewe lekker.
Baie dankie Swakopmund munisipaliteit dat julle ons dorp mooi maak! Waardeer dit! Ons kla te maklik en se te min dankie!
Antwoord op 11 November se SMS. Moet die 2 polisiemanne elke dag wag staan in die straat om die straatkinders op te pas? Ons weet wie jy is. Jy sien mos hul sit voor die tv. Los die stories en gaan op jou knieë en bid vir die straat se kinders. Ons het gebed so nodig nie die afbreek stories nie. Aan die 2 polisiemanne, ons weet jul is die beste. Gaan voort in jul werk. Trots op julle.
Het sommige verpleegsters nie dienstrots nie? Gaan met tight broekie met uniform top met kentekens op top aan diens. Boonop is die top so kort. Is dit toelaatbaar? Keetmanshoop hospitaal staf wat so aantrek. Nee wat.
Sal NBC tog alle ou DVDs van WEE weg gooi julle raak nou baie vervelig. Drie keer in een week dieselfde een.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie