SMS'e vir 24 September 2018
SMS'e vir 24 September 2018

SMS'e vir 24 September 2018

". . .al hoe meer ondraaglik. . ."
Mandy Rittmann
Die toeriste kom ál minder na die land. Die ekonomie is in sy “glory”, die land raak al hoe meer ondraaglik en onvriendeliker en die mense in beheer doen niks! Hulle is siende blind en horende doof.

Ma van Rehoboth laat haar 15-jarige seun toe om voertuig te ry in die dorp. Seun stamp voetganger en ma wil agter stuurwiel sit, asof sy bestuur het. Te veel getuies. Voetganger sterf in hospitaal. Wat maak gereg nou?

Persoonlike daggagebruik is in Suid-Afrika gewettig. Dis soos die meeste dinge maar ’n oorspoel van Westerse gebruike. Wonder net of ontwikkelende lande gerat is vir sekere van die eerste wêreld se oorspoelgebruike? - SAP&H

Gebarste motorbande die rede vir ongelukke? Verbied die invoer en verkope van tweedehandse bande van onder andere Europa en die Ooste. Daardie bande is nie vir ons omstandighede en spesifikasies vervaardig nie. Dit is tydbomme!

Republikein van Vrydag 21 Sept. 2018. Mooi brief deur spelers. Arrogant. Sit julle naampies by. Duidelik het julle geen "clue" wat aangaan nie of verkies om daardie onheilige status quo te handhaaf en te ondersteun. Moenie kom huil as dieselfde Bpk julle drop nie. Terloops, NRU is verkose beamptes net soos julle onderskeie klubs s'n. Dink mooi.

'n NRU-raadslid het glo op okkasie gesê eers jaag hy en mnr. Mensah alle boere uit die rugby en dan vat hulle ons plase glo met die hulp van die regering.

Mnr. Mensah, ons as publiek en spelers is nie gelukkig met hoe die NRU almal om hulle manipuleer nie. Mnr. Diergaardt, darem lekker om nou te wil oorneem. Ons onthou wat gebeur het met die Wêreldbeker waar jy betrokke was. Mnr. Green, ons staan agter u. Dankie vir u goeie werk!

Mnre. Mensah en Diergaardt, as gevolg van u betrokkenheid by rugby gaan dit tot niet gaan. NRU, kry julle eie borge en doen die werk waarvoor julle aangestel is.

NRU maak rugby dood in die land. Mnr. Corrie Mensah, jy maak nie reg nie! Jy en jou trawante wil met ander mense se harde werk ploeg. Skaam jou!

The Ministry of Education must intervene and direct the school managements to accept children from the location into the school in that location, so that the children are not walking long distances to and from schools.

Air Namibia: Government, we urgently need a public protector with these wasteful bailouts, loans, luxury projects that end up as white elephants, secret hundreds of millions spent on dubious acquisitions by secret services, horrendous corruption which seems to be condoned and nobody prosecuted to pay back the billions that have been stolen. Cry the beloved country! Opposition parties do something!

Dirk, jy is reg met wat jy sê. Die hawe behoort reeds aan die Chinese. Die president verkoop alreeds ons land aan hulle met al die lenings en skuld. Dis net ’n kwessie van tyd, dan behoort die hele Afrika aan die Chinese. – Magda

Namibië het ’n geldelike siekte en korrupsiesiekte. Ons kort genesing en gebed.

Westelike dorpswembad moes op 1 September 2018 oopgemaak het. Wat gaan aan, wat maak ons nou met ons seisoenkaartjies? Treurige spul!

Ek gaan nou begin lelik raak. En gaan pie nie op die vloer tussen al die honde by die SPCA nie. So asseblief, los jou Woef, wat op die vloer kom pie in die restaurant waar ek eet by die huis, of bly saam met hom daar! - SAP&H

Dit is nou al die hoeveelste SMS wat ek in ’n Engelse dagblad sien. Daar word drie honde by die Oshivelo-hek in haglike omstandighede in hokke aangehou. Dis dieremishandeling in die ergste graad. Kan die SPCA nie asseblief iets doen nie? Dis tog onmenslik om diere so te mishandel! Asseblief!

Land question: "Where government waivered" (SuN). Thanks for publishing that article and chart. It is always portrayed as if the farmers are uncooperative and unwilling to sell farms. Just to expose the truth, fact is that between 1992 and 2018 government bought 496 farms and waived/declined 1 360 farms! So it is not the farmers who do not want to cooperate, but government that did not buy farms offered to them. Inform the people and chew on this at your land conference.

Kan Groot-Aub se polisie die “drug dealer” van Oshakati wat “drugs” elke einde van die maand van Windhoek af inbring, toesluit en dan is die meeste kriminele aktiviteite gestop. Asseblief!



MTC Keetmanshoop. Shawnee en Lorraine is uiters vriendelik en behulpsaam, en die vriendelike en behulpsame Johannes verdien ook bevordering. Baie dankie julle! - S Bekker

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!