SMS'e vir 25 April 2017
SMS'e vir 25 April 2017

SMS'e vir 25 April 2017

“... sulke lekker hardlooprugby...”
Mandy Rittmann
Regsgeding teen MVA fonds oor beperkte uitbetalings misluk om vir groter aantal eisers voorsiening te maak? Dit is onregverdig! Dis juis omdat onverskillige drywers weet hulle kan eis dat so baie ongelukke gebeur. Let's face it, die meeste ongelukke word veroorsaak deur taxi's of alkohol. Kaak dit wettig dat alle taxisdrywers moet verseker wees en vat lisensies van dronkbestuurders weg vir jare, dan sal hul twee keer dink.



Hoekom is uitgawes van onderwysers gesny, kinders wat vuil toilette moet gebruik en wat moet in vuil verwaarloosde klaskamers moet sit? Die antwoord is voor die handliggend. Dis omdat die leerlinge nie meer skoolfonds betaal nie, daarom het die onderwys nie geld nie.



About time someone did something to curb indiscriminate use of drones in public areas. Thank you. - John, Hentiesbaai



Die Ontstoke Landsgenoot, is dit dalk nie u sirkus-Swapo-regering wat blameer moet word nie? Minister Abraham Iyambo het impak gemaak, maar die res van die ministers was verlore met slegter uitslae as minister Hanse-Himarwa. Haar pogings is alleenlik daarop gemik om die beste waarde uit die sleg begroting te herwin terwyl u president Hage Geingob jaarliks N$9 miljoen op meubels spandeer.



Tydsverandering: Ja, ons moet nou wintertyd hê, maar die skoolkinders het nie wintervakansie nie. Bring die vier kwartale terug.



Ek verstaan nie die mense se gekerm oor wintertyd nie. Die een beweer dis net lui mense wat van wintertyd hou. 'n Ander een sê hy/sy kan nie so lank slaap nie. Liewe hemel mense, wintertyd beteken nie daar is nou skielik 28 ure in 'n dag nie. Daar is steeds net 24 ure in 'n dag! Al wat beter is, is dat mens genadiglik nie meer in die stikdonker nag hoef op te staan nie!



Geraaspunte is bekend en moet elke aand tussen 22:00 en 23:00 deur City Police stilgemaak word. Die vraag is hoeveel het finale waarskuwings ontvang en hoeveel het al boetes betaal?



Asseblief Rattex, praat tog met Rehoboth se mense oor die plastiekblomme wat so teen die bosse vas sit, dis vuil en ontsier die dorp. Sê ook ons amptenare moet die rooi skoene uittrek en begin werk.



Baie geluk aan Unam se rugbyspan. Ek het lanklaas sulke lekker hard­looprugby gesien. Elke speler het puik gespeel en goed verdedig. Meneer die afrigter en jou bestuur en veral elke speler, geluk. Hou so aan.

Ek hoop daar word meer van Unam se spelers gekies vir die ­Welwitschias, dan sal daar 'n verskil kom in ons land se posisie. Goed gedaan oud-, oorlede speler se getrouste ondersteuner.



Is daar een man in Namibië van oom Angus se kaliber? Ons kan hier ook so 'n biddag reël vir ons regering, gesinne, onderwys, misdaad, gesondheid, goeie oeste en die heelmaak van onse volk. Met 90 % gelowiges in hierdie land is dit voorwaar die moeite werd om in gebed in te tree vir al die sukkel.



Lt. Genl. Sebastian Ndeitunga, jy is 'n man so na aan my hart. Ek wens jou alle voorspoed toe. Dankie vir die goeie voorbeeld wat u stel.



Ek Mario “Beastmaster” Guterres wil vir die Blou Bollie, Mr Peter Denk en die NBC TV-span, baie dankie sê. Ek waardeer alles wat julle doen. Baie dankie, Rehoboth gemeenskap. God seën julle.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!