SMS'e vir 25 Februarie 2021
". . .wat is ons regte. . ."
Wat ’n grap. Minister Kawana sê sy mandaat is om seker te maak dat Fisheries bydra tot shared prosperity vir alle Namibiërs, nadat hy klaar korrupsie gepleeg het met die uitdeel van die visregte. Nou van wie se prosperity praat hy?
Kan die Namibiese Lugvaartowerheid asseblief vir ons, die publiek, inlig wat is ons regte ten opsigte van hommeltuie? As ons voel ons privaatheid word geskend, waar kan ons sulke gedrag aanmeld en hoe kan ons die hommeltuig identifiseer, sodat oortreders vasgevat kan word. Ek het al meer male beleef, dat hulle oor my huis in Windhoek hang vir lang tye. Is dit wettig?
Ek wil weet, waar kan ’n mens die Katutura- en Staatshospitaal se kamstige dokters en nurses kla. Het die mense nie ’n eed afgelê toe hulle ingesweer is nie? Hulle bewerk ’n mens se mense dood, terwyl hulle jou inspuit en hulle fone lui, dan los hulle daardie spuit in die helfte en antwoord eers die foon. Is dit reg? Mense lê net daar om dood te gaan. Wat moet ’n mens met die mense maak?
Geen amptelike rekords by atletiek: Waarom word hierdie vrou se kommentaar gevra, of het sy vir julle gebel? Sy is nie op die Athletics Namibia se komitee nie en het volgens my geen reg om sulke kommentaar te lewer nie.
Kan iemand net vir my sê waarom word daar gedurig werkswinkels (sic. slypskole) vir die onderwysers gehou, veral in hierdie krisistyd waarin ons nie genoeg onderrigtyd het nie. Die kinders sit vir ’n week sonder onderwysers, party keer is daar twee tot drie onderwysers weg. Regtig mense. Ek het nog nooit die doel van ’n werkswinkel gesien nie.
Geagte Mr. Bernadus Swartbooi. Gedurende die begrafnisseremonie in Januarie 2012 (u was die goewerneur van die //Kharasstreek) van my oorlede Oom Albert Krohne, oud-onderwyser, gemeenskapaktivis en politikus, het u ’n versoek gerig dat die langste stofstraat in Krönlein hier in Keetmanshoop na hom vernoem moes word. Daarvan het dadels gekom. Ek glo u is nogsteeds instaat om toe te sien dat daar aan u versoek gehoor gegee sal word. Ons wag.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie