SMS'e vir 25 Januarie 2018
“. . .allerhande dinge. . .”
Geagte waarnemende Kaptein Dentlinger en die Kapteinsraad van Rehoboth, kan julle asseblief vir die gemeenskap van Rehoboth verwittig wat die prosedures is om te registreer om vir die toekomstige Kaptein van Rehoboth te stem. Plaas asseblief die prosedures ook in die Republikein, sodat almal bewus is en ook voor die sluitingsdatum, sodat ons betyds kan registreer.
Die hiënas is seker nog nie vet genoeg nie, daarom die getalm oor die lot van die wilde perde van die Namib. Dit bly net by praat en toe word boonop besluit dat as die perde verskuif word van hulle moet agterbly vir die aaklige hiënas se voortbestaan. “They speak too high I can't” kom by!
Rust sentencing postponed again because magistrate Diergaardt's computer is defective and she could not access the document? Magistrate has loss of memory of the contents? Ever heard of a printer? The way this case has dragged on and on is really unprecedented and questionable.
As ek ook iets mag voorstel oor die wilde perde. Waarom kan die hiënas dan nie geskuif word nie? Dit sal mos baie makliker wees.
Lüderitz se woestynperde! Nee, los hulle net daar waaraan hulle gewoond is. Die perde is nie die probleem nie, maar wel die hiënas. As julle elke maand die leeus kan verskuif, kan julle dit met die hiënas ook doen. Skuif vyf panne toe, vyf Babwata toe en twee na Erindi! Dit sal die probleem oplos!
Dit word hoog tyd dat die boere by Omaruru opstaan en hierdie bewaringsgebied stop om leeus op ons af te dwing! Vir wat het ons Etosha? Maak Etosha groter en los ons uit.
As die habitat van leeus verdwyn, loop ons boere nou almal gevaar om geforseer te word om hulle te vat? Snert, man! Sit julle leeus agter elektriese heining. Die boer het ook 'n bestaansreg in die gemeenskap.
Daar is nie 'n verskoning vir swak eksamenuitslae nie. Met die slaagpunt wat alreeds so laag is, wil die kinders nie leer nie. Hul hou hul op met allerhande dinge behalwe skoolwerk. Daar is kinders in baie moeiliker omstandighede met nie alle geriewe nie, wat baie goed doen einde van die jaar. Geluk aan die wat goed presteer het, jul leerdery het vrugte afgewerp.
Graag wil ons Torra se personeel bedank vir hul vriendelike diens en veral die skoonmakers van die badkamers en toilette: Vronika Swartbooi, Anna Gawusesen, Marietjie Doeses. Baie dankie. Julle is sterre.
Sal graag wil weet waar die pa die drie onwettige vuurwapens gekry het, sodat die persone ook vervolg kan word.
Dis mos rêrig onmoontlik dat die regering bekommerd raak oor kinders wat nie wil skool gaan nie, want die onderwysers gee nie om vir hul klasse nie. Hulle moet die kinders moet opvoed en wanneer hulle druip, word die ouers onmiddellik beskuldig. Mens wonder net tot waar gaan die politiek en kyk maar die ander afdeling ook. Jong, jy word sommer beskuldig!
City of Windhoek officials. Why do you not attend to the filthy and stinking Gammams River in Khomasdal. The situation is left for too long now unattended. Let me tell you it is unbearable, unexeptable and most of all very unhygienic. So please do something before you would be instructed by a Court of Law. Also, we pay your salaries and as well for a clean living environment through very very high rates and taxes.
Olympia-poskantoor, doen asseblief iets aan die walglike urinereuk en papiergemors by julle posbusse in die deurloop waarvoor ten duurste betaal word.
Die X-straalmasjien is nou vir baie lank nie in gebruik by Lüderitz-staatshospitaal. Daar word tog 'n beroep op ons burgemeesteres, mev. Makupilieen, en mnr. Jan Scholtz, ons streeksraadslid, gedoen om asseblief in te tree om hierdie probleem op te los.
"Drugs" word ook daar by Auas Road gesmous. Bietjie verder af na Cimbebasia-indraai is 'n paar blyplekkies in die veld en daar word nie kos gekoop nie.
Op pas vir “Name Brand”. Ek wil daardie tipe kar of daardie soort kar ry. Ek gee my paneelwa in vir kwotasie op 'n part. N$6 500. Ek bel sewe ander agente vir dieselfde part. Hul het nie voorraad, maar op navraag vra ek prys op dieselfde N$6 500-part, N$2 500. Laat jou dink, né, wie jou kar diens. “Name Brands” kos jou ten duurste.
Ons in Bethanie moet net self erwe gaan vat, want die “Council” bou 15 huisies in die rivier by die dooie mense, lag. Skande vir die bestuur.
Mariental spoorweë kan nie ons goedere aflewer nie, want hul bakkie se lisensie het verval!
Die pot holes in Keetmanshoop kan nie nou herstel word nie. Die werkers is besig om "pavers" op die middelman in Hampie Plichtastraat te lê. Daar is nie geld nie.
Ek stem heelwat saam met die leser wat kla oor hoe vuil Grootfontein is. Op elke hoek van die strate is daar rommel en vuilis en net omdat dit so vuil is, staan die mense en pie net soos hulle wil. Laat NBC-televisie asseblief kom!
Middag, Namibië se vriendelike mense. Ek soek tog groot asseblief 2dehandse handboeke van Lingua College. Ek soek boeke van Travel and Tourism. My nommer is 081 811 8949.
Ek het plus-minus 200 VHS videokassette (outydse video's). Indien daar iemand is wat dit kan gebruik, ek skenk dit, dit kos niks. In Swakopmund beskikbaar. - 081 2936199

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie