SMS'e vir 25 Januarie 2019
SMS'e vir 25 Januarie 2019

SMS'e vir 25 Januarie 2019

". . . derde van pensioen . . ."
Mandy Rittmann
Dit is nou die derde maand wat bloeddrukmedikasie nie by die hospitaalapteek beskikbaar is nie. Wat moet pensioenarisse maak wat net staatspensioen kry? Gaan koop dit ten duurste by 'n apteek en een derde van pensioen daarmee heen. Waarheen is die land van ons op pad? Pateties!

Solank voorafgeprogrammeerde stemmasjiene ons lot bepaal, sal almal - ek en u en u kind - altyd die onderspit delf. Stem help dus niks! Doen nou iets.

Ek lees die daaglikse nuusblad elke oggend. My werk is te veel. Lees: “Mediese raad moet publiek beskerm”. Ons is nie met ’n silwer lepel gevoer nie, so almal het nie matriek nie. So daar is ongeskooldes, halfgeskooldes en so meer. So Engels was nooit sekerlik die sterkpunt in ons lewe nie. My lewe was Afrikaans. Was, is en sal my voertaal bly. Die verskillende praktyke moet weet om twee- of drietalig te wees. Dit is tot voordeel van die praktyk. Ek kry skaam om te sien en luister hoe dat die kinders ons grootmense met tale beledig, omdat hulle kwansuis nie ’n ander taal magtig is nie. So kom ons kyk of ons die lot van ons medeburgers kan verlig. Aaaaamen.

Kan verkeersbeamptes ons soggens help op die kruising van Kornalyn- en Visarendstraat? Groot asseblief!

Inspector-General of NAMPOL. Police vehicles are abused in Karasburg. The blue light is used during night time to transport drunk members and friends. The police mini bus plays loud music with drunk passengers in it, and is driven up and down the streets throughout the night.

As ’n ongelukkige regeringskoshuiswerker voel ek om so te praat. Education gaan nou terug na die tye van die koloniale regering. Twee persone op voordagskof en alles is ingekort, ook oortyd. Dit is nou “forced labour” voel ons.

Year of reckoning? There is no accountability in Namibia. Has not been for the last 28 years and Government is in shambles, bankrupt because of this! Where has the 35 billion for education gone or the 17 billion for health. When there are too few schools and classrooms and no medicine and food in hospitals? For God's sake Mr. President, when are you going to clean up? Lock up perpetrators and get corruption money back, with which billions our country could have flourished. Inequality and destituteness are results of 28 years' massive, blatant corruption and population explosion. Fix it!

NamPost koeriër. Sedert 22 November 2018 is ek nou al sprakeloos van woede. 'n Pakkie word gestuur aan ’n Namibiër wat ’n groot eer in Israel verwerf het as toppresteerder. Pakkie verdwaal êrens in Frankfurt. Na aan ’n honderd oproepe aan van klerke tot departementshoofde val alles op dowe ore. Die pakkie word teruggestuur na Namibië (hoekom sal net hulle weet), dan weer terug Israel toe en dwaal alweer in Duitsland rond. Ons bel nou al self Duitsland. Daar word nie ’n vinger gelig om die probleem op te los nie. Dankie vir geen hulp om die probleem op te los nie. - Hugo Zahrt

Op Rehoboth is darem ’n paar grootmense met goeie range wat bitter onbeskof is. Wonder nou of ons jeug moet opkyk na hulle? Tragies!

Kruisman groet met finale 187 km vanaf Kalkrand na Windhoek en begin Vrydag. Water en energiedrankies sal op pad waardeer word. - 081 392 3629

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!