SMS'e vir 25 Januarie 2021
SMS'e vir 25 Januarie 2021

SMS'e vir 25 Januarie 2021

"...geen kwitansie..."
Mandy Rittmann
Vakbonde eis indien Shoprite nie gehoor gee nie, dan moet hulle Namibië verlaat. Nou wil ek weet, wat van die Chinese, want hulle betaal nie belasting nie, want jy kry geen kwitansie nie? Hoeveel belasting verloor Namibië? Moet hulle dan nie ook uit nie? Vra maar net.

Oom Dave Viljoen. Ek soek raad asseblief. City Police het my voertuig se lisensieskyf verwyder oor ’n LED bar (lig) wat op die voertuig is. Hulle wil nie boetes gee nie maar aangesien daar nog ’n saak hangend is moet hulle mos alles los tot na die uitspraak. Dit lyk meer na magsmisbruik soos ek dit sien.

Ons moet eie kommunikasiesatelliet in die lug kry noudat SpaceX hul vuurpyle kan laat land en die koste van toegang tot die ruimte so verlaag het.

Die Kapana-pizza op Elisenheim is soos ‘n stukkie hemel op aarde. Ek sal dit elke dag eet.

Kan die mense wat met hulle honde gaan loop asseblief hulle hondebollie optel. Sies man!

Dankie Halle Shaanika vir jou waardevolle navorsing oor die Setzer-haarpootnagmuis. Dit is baie interessant.

Henriette Lamprecht, jy skei beslis die kaf van die koring in jou interessante fokusartikel oor die Covid-19-entstowwe. Dit was baie insiggewend. Ek wens die slaafse navolgers van samesweringsteorieë lees dit en leer iets.

Kommentaar

Republikein 2024-11-22

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!