SMS'e vir 25 Januarie 2022
SMS'e vir 25 Januarie 2022

SMS'e vir 25 Januarie 2022

"...net 15 studente..."
Mandy Rittmann
Die vleisproduksie in Namibië sal nie kan herstel nie, totdat naspeurbaarheid geïmplementeer word op kapana-vleis. Vleisraad word wakker!



Hoe is dit moontlik, dat Unam nét 15 studente inneem om radiologie en fisioterapie te studeer? Wat word van studente wat kwalifiseer vir daardie studierigtings maar nie by buitelandse universiteite kan studeer nie en nie die fondse het om vir een jaar iets anders te studeer nie? Dan hoop ek ook nie dat buitelandse studente deel uitmaak van daardie 15 studente wat Unam aanvaar nie. Dis 'n groot verleentheid vir ons land. Onder­wysers sit hulle hele energie in om graad 12-leerders aan te moedig om goed te presteer en dan die groot teleurstelling!



Hoekom kan die gesondheidsinspekteurs, natuurbewaarders en polisie nie saam elke 20ste van die maand die kapanavleis inspekteer nie? Kapana­vleis is meestal van gesteelde, in die veld versmoorde wildediere en beeste. Vol adrenalienstres en onhigiënies – kan lei tot 'n listeriose-dood.



Vaksine-mandaat privaat bedryf, laat lees jou kop man. Klomp blerrende skape.



President Hage, ek lees in die Namibian Sun van 18 en 20 Januarie in twee artikels van professor Joseph Diescho onder die opskrif “Opinion” ontstellende aantygings teenoor u maak. Ons president, gaan u hierop reageer, of is dit stilbly is 'n goeie antwoord? Indien u gaan stil bly, wees verseker u het my kruisie verloor.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!